BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Kindskap van God - Wesens van die stralende hemelliggame - Engele 4026 In welke oorvloed die ewige Godheid Haar Liefdeskrag in die oneindigheid uitstraal, kan nie deur ‘n mens in sy volle omvang besef word, solank hy nog op aarde vertoef nie, want hy ken maar net die skeppings wat vir hom sigbaar is, wat slegs ‘n nietige deeltjie van die totale skepping uitmaak. God onderhou egter die hele skepping deur Sy Liefdeskrag. Ontelbare skeppingswerke is derhalwe draers van Sy Krag, ontelbare hemelliggame dra wesens wat daarop beliggaam is, wie se lewe deur die toestroming van Sy Krag verseker word. Aan al hierdie wesens laat Hy Homself sien as Skepper en Behoeder, sodra hulle ‘n bepaalde graad van rypheid besit, wat aan hulle die vermoë gee om dinge te begryp. Merendeels is hierdie wesens van hoër intelligensie en nie te vergelyk met die mense van hierdie aarde nie, wat weliswaar op ‘n laer trap van ontwikkeling staan, maar waar die hoogste doel wat moontlik is, egter bereik kan word, naamlik die kindskap van God, wat nie moontlik is om op ander skeppings te verwerf nie. Maar in kennis en insig is hulle egter vêrder gevorderd as die mense van hierdie aarde. Hulle word deur geestelike wesens vanuit die ligryk gelei en op ‘n gevorderde vlak van kennis gebring, hulle is ook in staat om die kennis te benut en is geestelik uitermatig aktief, omdat die opvatting van gelykheid en harmonie sterk in hulle ontwikkel is en hulle elke ongelykheid as ‘n gebrek aan volwassenheid en gebrek aan waarde van die skepsele sien. Hulle probeer hulle ook op te hef, deur kennis oor te dra wat na hulle gestuur word op ‘n manier wat deur hulle ook dan as van Goddelike oorsprong herken en erken word. Dus is die wesens ook met God verbonde, Wie hulle as die hoogste Gees van die Ewigheid erken, bemin en aan Wie se Wil hulle hul probeer aanpas. Hulle lewenswandel is ook in ooreenstemming met God se Wil, in soverre dat hulle nie in liefdeloosheid gelei word nie, eerder steeds in broederlike liefde met mekaar verbind, wat hulle as hoogste plig sien in die uitdeel van wat gelukkig maak aan diegene wat dit nie besit nie. Dus staan hulle, so gestel, ook in die lig. (20 April) Tog is dit wesens wat nog tot volle ontwikkeling moet kom, wat nog die weg na die hoogste voltooiing moet gaan, want wat hulle besit, is nie deur eie wilswerking verwerf nie, maar aan hulle as aanmoediging gegee om tot hierdie vrye wilstoets te kom, wanneer hulle ‘n ander ontwikkelingsgang sal gaan as die mense van hierdie aarde, wie se sielesubstansies hulself vanuit die diepte omhoog moes ontwikkel as gevolg van hulle vroeëre afvalligheid van God. Daar is ook oergeskape geestelike wesens wat God nie ontrou was nie, maar hulle is nog nie beproef in die opsig, dat hulle aan alle prikkels van die teenstander van God blootgestel was nie en hulle sal eers hierteen moet weerstand bied. Eers dan het ‘n wese die weg na die hoogste volmaaktheid betree, as hy hierdie toets op aarde deurstaan het. Daar bestaan ontelbare skeppings, ontelbare grade van volmaaktheid kan bereik word deur lewe op hierdie skeppings, ontelbare moontlikhede word vir die geestelike wesens ontsluit en almal is skole van die gees, maar verskillend in die werksaamheid en die omstandigheid daarvan. Die Wil van God om vorm te gee het geen grense nie en Sy gedagtes word ononderbroke omgesit in dade, in vorms en die krag van Sy liefde bring hierdie vorms, wat slegs deur Sy Wil duursaam gemaakte gedagtes is, ononderbroke tot lewe. Alle wesens van die geskape hemelliggame is gelukkig en tog is die toestand van geluk verskillend en begrens. Leed is egter slegs op die aarde die metgesel van die siel en in ‘n sterker mate in die gebiede in die hiernamaals, waar die siele vertoef wat nie hulle aardse lewenstoets deurstaan het nie, wat gefaal het in vrye wil, terwyl die wesens van die stralende hemelliggame God nooit ernstig weerstand gebied het nie en daarom word die leed ook van hulle af weggehou, totdat ook hulle die weg oor die aarde gegaan het om die wilstoets af te lê, om die hoogste graad van volmaaktheid te bereik. God se Liefde, Lig en Krag vul die hele oneindigheid, en vir die mens is die veelsydigheid van al die skeppings, die lewe van die bewoners en die ontwikkelingsmoontlikhede wat die gees gebied word om onuitspreeklik salig te word, ondenkbaar. Die hele universum is gevul met die Krag van God, die sigbare en die onsigbare heelal is ‘n produk van die Wil van Sy Liefde, dit is geskape vir die ryp wording van die nog onvolmaakte gees en vir die positiewe ontwikkeling van diegene wat in die diepte verdwaal is en na God moet terugkeer. Die aarde het egter ‘n besondere bestemming, slegs die aarde bied die moontlikheid aan die gees wat op haar beliggaam is, om kindskap van God te bereik, die hoogste graad van volmaaktheid en daarom moet ook die suiwerste engele hierdie weg gaan om kinders van God te word, wat die deurstaan van ‘n wilstoets vereis, wat maar slegs op aarde afgelê kan word. Dan sal die mees geluksalige wesens daar hulle egter verbly in God se nabyheid, wat volmaak is en sal in vrye wil kan skep en vorm gee, wat ook God se Wil is, deur gebruik te maak van die Krag uit God, soos wat dit in die allereerste begin voorbestem was. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205