BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Klein skare van stryders vir God - Tyd van ellende ‘n teken van die einde 4027 Dat die tyd nou vervul is, kan mens al daaraan sien, omdat My stryders slegs sporadies te vinde is. Mense wat so opgaan in hulle liefde vir My, in die liefde tot die waarheid en die goeie, dat hulle geen vaste verbinding met die wêreld meer het nie, maar in voortdurende kontak bly met My, in gedagtes, of deur werke van liefde. Mense wat hulle alles insit vir hulle geloof en die behoefte het om die siele van hul medemens te wen vir My Ryk en My leer, wie daarom stry met die swaard van die mond en voortdurend vervul is van My Gees en in wie Ek sodoende Self kan werk. Van hulle sal daar nie baie te vinde wees nie, en waar hulle vertoef, daar sal hulle onopgemerk op hulle weg gaan of selfs aangeval word. Dit is ‘n seker teken van die einde, naamlik dat Myne maar ‘n klein kuddetjie sal vorm, waarvoor Ek egter ‘n goeie Herder sal wees wat Sy skapies tesame sal hou, wat hulle sal behoed sodat geeneen van hulle sal verdwaal of verlore gaan nie. Van Myne laat Ek geeneen meer ontsnap nie, want hulle sal mekaar vind en ‘n klein gemeente vorm. Hulle sal hulle hoogste bevrediging daarin vind dat Ek hulle in My diens geneem het, dat Ek hulle met die taak vertrou, naamlik om My steun te wees in die laaste tyd voor die einde. Die wat goed en opreg is, hulle is My stryders, want die goeie wil en die verlange na die absolute waarheid kenmerk My stryders, wat ook die laaste stryd sal deurstaan, omdat Ek hulle nimmermeer sal verlaat nie, en wie My ook nie sal verlaat nie, maar in My die liefdevolle Vader sal sien wat Sy kinders geen verliese laat ly nie, ook al beland hulle in aardse nood as gevolg van hulle standvastigheid. Die wat My as hulle Vader van die Ewigheid beskou, sal ook Vaderlik versorg word wanneer hierdie tyd vervul is. Hulle sal as My ware kinders die paradys ingaan en hulle sal die salige en vredevolle tyd op die nuwe aarde belewe. Dit sal volg na die laaste stryd op die ou aarde, soos wat voorsien is sedert die Ewigheid. Ek sal Myne vergader op die laaste dag, die weinige mense wat My trou gebly het in die tyd van die stryd wat dit voorafgegaan het. Die wat My erken het en My daarom nimmermeer kan opgee nie. Ek sal hulle vir My gaan haal soos wat Ek dit verkondig het, en julle kan sodoende met sekerheid die komende einde verwag wanneer julle om julle heen sal kyk en daar maar weiniges te vinde sal wees wat My so diep in hulle harte dra dat hulle oor My en oor geestelike dinge sal praat waarvoor ander egter weinig begrip het. Ek vertoef egter waar daar in gesprekke van My melding gemaak word en Ek ding mee om die siele van hulle wat nog vêr van My verwyderd is, omdat die getal van Myne nog ‘n bietjie sal vermeerder voordat die tyd vervul is, want dit sal die laaste einde bring, d.w.s. die ondergang van die ou aarde en ten slotte die oordeel, soos wat verkondig is in Woord en Geskrif. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205