BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Kerk van Christus - Wêreldse organisasies 4028 Hulle wat aan My Kerk behoort, sal mekaar vind en hulle dig aaneensluit en hulle wil sal steeds wees om in die Waarheid te wandel, in liefde te lewe en My te dien vir tyd en ewigheid, want hulle dra My Gees in hulle. Hulle het die geesvonk, wat ‘n deel van My is, in hul tot lewe gewek en so het hulle lede van My Kerk geword wat Ek gegrondves het, en Ek sal hulle vir ewig seën. Wie in die waarheid leef, d.w.s. wie deur My Gees in hom onderrig word, die weet ook dat liefde en geloof die fondament van My Kerk is. Hy weet ook hoe Ek My Woorde: “Jy is Petrus die rots, op jou wil Ek My Kerk bou” bedoel het. Hy weet vêrder dat geen organisasie deur mense opgerig daaronder te verstaan is nie, dat My Kerk inteendeel alle mense insluit wat die regte verstandhouding met My tot stand gebring het, deur hulle wil en hul liefde tot My en hul naaste. Ek vra van die mense alleen die onderhouding van My gebod van die liefde en ‘n sterk geloof en aan hom wat in My glo, het Ek die ewige saligheid beloof, die ewige lewe. In My glo beteken egter om My leer aan te neem as Goddelik en in ooreenstemming daarmee te lewe. Hulle almal beloof Ek die ewige lewe en dus moet hulle ook tot My Kerk behoort, tot die gemeenskap van gelowiges wat Ek My Kerk noem. Is dit egter nodig dat hulle hul daartoe wêrelds aansluit, wat tot stand gebring word deur die lidmaatskap van ‘n organisasie wat van wêreldse kant uitgaan? Die vraag is van so groot belang dat dit diepgaande oorweeg moet word. Daar bestaan geen organisasie wat hom daarop sou kan beroem om deur My gestig te wees nie. Tog kan elke organisasie hom geheel en al by die deur My gestigte Kerk aansluit, en as hulle lede word in die rots van die geloof, kan hulle hul dus voel as deel van My Kerk. In die eerste plek moet die karakter van My Kerk in ‘n organisasie oorheers. Die aanhangers moet van die diepste geloof in My vervul wees. Dan omvat dus ook die wêreldse gestigte kerk My gelowiges en hulle kan andersyds hul in elke gemeenskap as kandidaat van My ryk beskou, want op die manier behoort hulle tot My Kerk wat Ek op aarde gestig het. My Woorde is suiwer geestelik bedoel, d.w.s. dit behels alleen ‘n aanmaning om onwrikbaar te glo en hiervan afhanklik is dus alleen weer die werksaam wees van die Gees, wat die sekerste kenteken van My Kerk is, want wie die ware geloof het, die het ook die liefde, omdat die ware geloof slegs lewend raak deur werke van liefde. Die teken van lewe is die uiting van My Gees in die mens. Wie dus deur die Gees onderrig word, wie vervul is van My Waarheid, die kan hulle met reg reken tot My Kerk. Hulle behoort tot Myne en hulle sal ook met volle oortuiging vir My leer opkom, want hulle het dit met hart en verstand aangeneem, hulle het hul geloof versterk en hul vry en gelukkig gemaak en die liefde dring hom nou daartoe om aan sy medemens dieselfde te wil gee. Dit is egter geensins ‘n voorwaarde dat ‘n wêreldse kerklike organisasie die mense eers tot kandidate vir die geesteryk maak nie, want Ek kyk slegs na die hart, die wil van die mens en sy gedagte. Rig hy hom verlangend na My, dan het die mens My ook reeds gevind. Dwaal hy egter van die ware geestelike af, dan sal ook ‘n kerklike organisasie geen verandering teweegbring nie, want wat onder dwang geskied, het in My Oë geen waarde nie. Die verlange na My kan slegs in die mens opgewek word deur die aanneem van My Woord, en dit is die rede waarom Ek die wêreldse kerkorganisasies nie veroordeel nie, as hulle tenminste nog My Woord preek, inteendeel, hul selfs nog ondersteun, maar alleen in soverre die lewenswandel van die leerkragte ooreenstem met My gebooie. Behoort daar een van hulle tot die deur My gestigte kerk, dat hy dus vas en onwankelbaar aan My, aan My Liefde, Mag en Wysheid glo, dan vul Ek hom ook met My Gees, omdat hy met sukses kan inwerk op die klein groepie van sy gemeente. Omdat hulle My Woord begeer, sal hulle dit ook ontvang, want slegs daardeur kan hulle tot geestelike rypheid kom. Dit is egter baie verdiensteliker as die mens vanuit homself vir My worstel en My soek, indien hy op sy innerlike stem let, wat hom altyd die goeie bekend sal maak en dit hom ook sal aanspoor om in die liefde werksaam te wees. Volg hy die innerlike stem, dan sal hy beduidend vinniger nader aan My kom, want hy sal dit in sy hart opneem en ook daarvolgens leef en die mens sal dan waarlik tot die Kerk van Jesus behoort, wat onoorwinlik is. Hy sal selfs die sterkste stormaanval wat die helse kragte nog op die einde sal onderneem, weerstaan, want ook hierdie belofte het Ek die mense gegee, dat die poorte van die hel dit nie sal oorweldig nie, omdat My Kerk onveranderlik is en sal bly bestaan tot die einde. Dit sal ook die fondament wees van al die geestelike strewe op die nuwe aarde. Daar sal elkeen aan My Kerk behoort, omdat slegs die diep gelowige mense wat My bo alles liefhet, die nuwe aarde sal bewoon, terwyl al die ander sal afval, omdat hulle slegs lede is van wêreldse kerklike organisasies, aan wie die innerlike lewe ontbreek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205