BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Antichris gekamoefleer as ‘n verlosser - Maatreëls teen al wat geestelik is 4029 Dit is die gees van die Antichris, wat onder die dekmantel van ‘n verlosser na die mense toe sal kom, maar wie se wil tog heeltemal van God afgekeer is in soverre dat hy ‘n God van liefde nie sal aanvaar nie, net soos wat hy trouens die geestelike sal verwerp as bonatuurlik en dit daardeur nie bewysbaar is en dus nie bestaan nie. Die Wese van Jesus sal vir hom ook so vreemd wees, dat hy nie aan Sy verlossingswerk en Sy taak op aarde sal glo nie en hy Hom daarom sal probeer voorstel as ‘n fantasie figuur en alle voorsorgmaatreëls sal tref om hierdie Persoon uit die harte van die mense te verdring. Sy eie wese sal nie ooreenstem met die Wese van Jesus nie, daarom is dit begryplik dat hy Hom as vyand sal beskou en dus ook sal bestry. Die te verwagte Antichris is ‘n persoonlikheid wat uit die kader van die natuurlike na vore sal tree. Hy is ‘n buitengewone begaafde mens en sy besondere krag lê in sy plan van wêreldorde, in sy buitengewone optrede teenoor hulle wat die verantwoordelikheid dra vir die welsyn van hul volk. Daarom sal hy groot sukses behaal, want mense wil aan hom die opperheerskappy waarna hy streef, toeken. Mense verwag dat ingrypende veranderinge van hom sal kom ten gunste van die algemene, daarom sal alle wêreldsgesinde mense hom aanneem en hy sal die bevoorregte posisie uitbuit vir allerlei maatreëls. In die besonder sal hy optree teen die gees van die bonatuurlike, teen alle godsdienstige organisasies ook teen die kerke of geestelike strominge wat Jesus Christus en Sy leer as grondslag het, want hy sal die naasteliefde dan as ‘n toestand van swakte voorstel wat onder alle omstandighede bestry moet word. Wie met sy strewes saamstem, geld self as Antichris en is dus ‘n teenstander van God, hy sal homself ook liefdeloos gedra teenoor sy naaste en daarom ook in geestelike blindheid voortgaan, want hy behoort tot die ryk van Satan. As heerser oor vele, sal die Antichris groot oproer verwek deur sy maatreëls, wat alle menslikheid sal misken en slegs probeer om haat en ontevredenheid onder die mense te stig, om die liefde te verstik en die mense in groot geestelike nood te dompel. Dan is die reaksie van God egter dringend nodig en dit verklaar die aktiwiteit van God deur Sy dienaars op aarde, want ook Hy moet op aarde herkenbaar wees aan hulle wat aan Sy kamp behoort. Hy moet dus net so op buitengewone wyse te werk gaan, sodat Hy nie verwerp word nie, maar erken kan word, as die mense maar gewillig was om die regte weg te gaan, indien hulle, wie in geestelike nood verkeer, hulself slegs bewustelik of onbewustelik tot die Skepper van hemel en aarde wend, om van Hom hulp te vra. Dan word die worsteling van die goeie teen die kwade ook besonder heftig, want die uur van die einde kom steeds nader en die skeiding van die geeste moet hulself volbring tot op die laaste dag. Hierdie skeiding kan slegs plaasvind as die mense ernstig voor die keuse gestel word om God te erken of Hom te verloën. Die vraag sal hulle tot ‘n beslissing dwing en om dit te bekragtig, sal die teenstander van God openlik na vore tree, deurdat hy sy gesante op aarde sal beïnvloed om maatreëls, wat ‘n Gods vyandige denke verraai, te tref en deur te voer. So sal die laaste geveg op hierdie aarde begin, naamlik die geloofstryd, die stryd teen Christus, met die gevolg dat die mens homself nou definitief sal moet uitspreek: vir of teen Hom. En dan sal die laaste oordeel kom, want in vrye wil wend hulle hulself nou na God, of weg van Hom af, en vir die vrye wil moet hulle hulself ook verantwoord. Hierdie stryd is onafwendbaar en sal duidelik die wese van die Antichris aan die lig bring. Daardeur sal die hele mensdom duidelik deur sy denke en handelinge kan sien, hy wat onder die masker van ‘n verlosser optree om sy afskuwelike planne ten uitvoer te bring; wat openlik veg teen God en daarom weer vir ‘n lang tyd in die aarde gebind sal word, vanwaar hy homself nie vroeër sal kan vrymaak nie, alvorens die mense hom weer behulpsaam sal wees en deur hulle valse liefde vir die materie, die kettings van Satan weer losser maak. Maar Jesus Christus sal nooit verdring kan word nie, Hy sal oorwinnaar bly op die laaste dag en Sy leer sal alle liefhebbende harte vervul. Sy getroues sal Sy liefdesleer met hul saamneem wanneer hulle weggeneem word en sodoende sal ook Sy leer op die nuwe aarde as geestelike kennis hoog gehou word. Hulle sal hulself ten volle ontplooi en daardeur sal die mense die hoogste kennis besit en in die innigste liefde tot God ontbrand. En hulle sal nooit meer deur die teenstander van God verdring kan word nie, omdat hy vir ‘n lang tyd van alle mag ontneem sal word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205