BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Satan se vermomming - Engel van lig 4037 God se teenstander vermom homself waar hy van voornemens is om mense te laat val en hulle te oorreed om weg te draai van God af. Hy sal as 'n ligwese verskyn en die mense verblind, sodat hulle nie meer in staat sal wees om dit wat reg is te herken nie, en hulle sal ook nie deur sy bedrieglike spel kan sien nie. Hy sal altyd te vinde wees te midde van goedgelowige mense, dit wil sê diegene wat onnadenkend aanvaar wat hulle aangebied word as die waarheid, en wat dus nie nadink wanneer donker magte hulself uitdruk deur die bedrieglike lig van vroomheid nie. Selfs hierdie spel van bedrog kan egter duidelik gesien word deur iemand wat ernstig soek na die waarheid en dit begeer. Slegs 'n paar heg so baie waarde aan die waarheid dat hulle alles bestudeer en net dit aanvaar wat vir hulle geloofwaardig lyk. Hierdie donker magte sal in die laaste dae gretig poog om mense se denke te verwar, deur kragte saam te snoer en in harmonie te werk om die verskyning van engele van lig na te boots, terwyl hulle magte van die duisternis is. Hulle sal probeer om goedgelowige mense te beïnvloed, deur die oordra van valsheid aan hulle en hulle op die verkeerde paaie te lei en sal ook oor die algemeen suksesvol wees daarmee, want die mense probeer nie om duidelikheid oor belangrike sake te kry nie, want hulle laat toe dat hulle deur misleide onderwysers onderrig word, en aanvaar dus verkeerde leringe, wat weglei van God af, Wie die ewige Waarheid Self is. Mense het 'n groot gebrek aan die vermoë om korrek te oordeel, hulle is nie in staat om valsheid te onderskei van die waarheid nie, daarom aanvaar hulle alles onvoorwaardelik, sonder om met ‘n goeie wil vir die waarheid na te dink en die valsheid te ontdek. Hierdie valse wesens van die lig kan egter blootgestel word deur diep gelowige mense met 'n wakker gees, wat 'n persoon in staat sal stel om helder te sien en te hoor. Die kennis van die waarheid wat aan hom oorgedra is deur die stem van die Heilige Gees, sal hom in staat stel om alle valsheid as sodanig te herken, en dus sal hy beide die valse, sowel as die gewer daarvan verwerp, wie hy onmiskenbaar sal herken as 'n donker mag, ten spyte van die feit dat hy homself onder die masker van 'n draer van lig verberg, want die gees van God leer anders en iets wat nie saamstem met hierdie geestelike kennis nie, kan veilig verwerp word en gemerk word as 'n leuen. Hierdie oënskynlike wesens van lig sal nie in staat wees om hulself te bewys voor diegene wat deur die Gees van God vervul is nie, want hulle sal baie vinnig deursien word, aangesien hulle sonder liefde praat; in plaas daarvan is hulle doel om mense wat reeds op die geestelike pad is, na die wêreld te draai, en om die ander te verhoed om die regte pad te herken, wat 'n lewe van liefde noodsaak. Gee daarom aandag aan hoe sulke wesens van lig hulself uitdruk, gee aandag of hulle na God self verwys en of hulle verdere direkte kommunikasie met God aanbeveel en of hulle God uitsluit, of hulle wil hê dat wêreldse optrede bereik moet word wat nie bydra tot die volwassewording van die siel nie. Gee aandag hieraan en julle sal alle geestelike wesens wat nie uit die koninkryk van lig kom nie, herken en verwerp, want enigiemand met die wil vir die waarheid, sal ook alles onfeilbaar herken wat teen die waarheid is en hy sal 'n helder en skerp visie kry, sodat hy weerstand kan bied en hy sal ook sy medemens kan inlei in die suiwer waarheid, indien hy daartoe bereid sal wees. Tog sal God se teenstander groot mag oor die liggelowige mense hê, en die mense wat die waarheid ken en die donker magte herken, sal baie moeite hê om die voormalige van die misleiding te oortuig. Dit verduidelik ook waarom verskynsels wat nie van God afkomstig is nie, maar wat baie mense as Goddelike openbaringe beskou, sal toeneem in die laaste dae, waar die teenstander sal probeer, as ’n engel van lig, om mense te wen en hulle daardeur in diepe duisternis te plaas. Sy volgelinge sal nie die valsheid wil los nie, hulle sal die waarheid weerstaan wanneer dit aan hulle verduidelik word, en hoewel dit nie direk hulle siele sal beskadig nie, sal hulle nogtans nie vatbaar wees vir die suiwer waarheid nie. Dit is so uiters belangrik, want slegs die waarheid alleen lei na God, en omdat elke manifestasie van die geesteryk deur God se teenstander geïnterpreteer sal word, presies soos wat dit bedoel is, want sy gedagtes is gebaseer op mense se houding, sal hy altyd die valsheid onder dekking van vroomheid versprei en nooit die aandag vestig op die einde nie, sodat mense verhoed sal word om hulself voor te berei vir die einde volgens God se wil. Dus moet daar ywerig gewerk word om daarteen te veg, want dit is belangrik om die talle mense, wat nog in die duisternis lewe, uit Satan se kloue te red. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205