BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Brood uit die hemel - Geestelike son - Stem van die goeie Herder 4038 Versuim nie om jou siel die voedsel aan te bied wat haar die ewige lewe waarborg nie, versorg haar ryklik met voeding, verslap nie in jou strewe na volmaaktheid nie, dan sal jy ook My welgevalle verwerf en My Liefde sal jou met sorg omring en bewaar. Dit sal jou aan niks ontbreek nie, daar sal liggaamlik en geestelik in jou behoeftes voorsien word en jy sal in die volle waarheid staan. Jy sal kennis verkry en geen ander leermeester nodig hê as vir My nie. Jy sal met elke vraag na My kan kom en Ek sal jou nooit sonder antwoord laat nie. Verlang dus na My Woord, want dit stel Ek as voorwaarde, as jy versadig wil word met die brood uit die hemel, met die kos vir jou siel wat steeds tot jou beskikking is. Begeer dit, verlang daarna, en as dit jou aangebied word, verkwik jou daaraan en put onophoudelik uit die bron van die lewe, en jy sal krag en lig ontvang. Elke swakheid sal vêr van jou bly en jy sal vol wysheid wees en daaraan sal jy kan sien dat My gawe goddelik is. Jy sal die waarde van My gawe insien en jy sal gelukkig wees, dat Ek My oor jou bekommer in geestelike nood en ook in elke aardse benoudheid. Wat Ek vir jou gee is niks nuuts nie, maar die ewige waarheid. Dit wil sê: dit moet onveranderd die waarheid bly, soos dit vanaf My uitgegaan het. Die menslike verstand verander egter baie, dit probeer voortdurend om te verbeter, en omdat My gawe elke wil om te verbeter onnodig maak, is dit begryplik dat waar daar 'n verandering gemaak word aan dit wat as ewige waarheid van My afkomstig is, My Woord nie so behoue sal bly nie en steeds weer 'n suiwering nodig het, indien My Woord op aarde versprei wil word. Daarom bied Ek Self My Woord aan diegene wat honger en dors na voedsel vir hulle siele, en hulle sal in die waarheid vasstaan. Hulle sal nie bang hoef te wees om 'n gebrekkige kennis in ontvangs te neem of dit verkeerd te verstaan nie, omdat die oordrag van die suiwer waarheid My wil en My doel is, solank daar mense op aarde woon, want slegs die waarheid kan na die ewige lewe lei en die siel help om volmaak te word. Daarom sal Ek vir My dienaars op aarde steeds 'n getroue metgesel wees. Ek sal hulle op paaie lei waar mense diegene ontmoet wie sterk behoefte aan My hemelse brood het, wie 'n begeerte na kos vir hul siele het, en wie se lewe bestaan uit die doen van liefdesdade, om welke rede hulle dan ook na My sal verlang. Ek sal hulle nader deur My dienaars, Ek sal hulle uitsluitsel gee oor vrae van die hart, Ek sal gedagtes in hulle hart lê, sodat hulle My dienaars om lering sal vra en dan spreek Ek Self deur hierdie dienaars. Dus ontvang die honger mense die brood uit die hemel, die volle waarheid, wat geestelike voedsel sal wees vir hul siele, van My. Die siel sal haarself dan positief kan ontwikkel. Sy sal nie kan agterbly in haar ontwikkeling as sy die voedsel kry wat Ek met My Krag geseën het en wat dus nooit sonder uitwerking kan bly, indien sy dit van My in ontvangs neem nie. Waar My dienaars ywerig werksaam kan wees, daar sal helder lig spoedig die geestelike nag verlig. Die mense sal geen vrees meer hê vir die duisternis nie, want vir hulle het die môre aangebreek, waarop die helder dag spoedig sal volg, waar die lig van die son deurbreek en die duisternis verjaag. As die geestelike son eenmaal opgegaan het vir die mense, dan sal daar geen nag meer wees nie. Dan sal die lig vir ewig straal en vir die siel 'n oneindige weldaad beteken, want haar oertoestand was die helderste lig. Die duisternis was 'n gevolg van die sonde teen My, 'n gevolg van aanmatiging en 'n wegdraai van My. Nou is, sal sy egter vir ewig in liefde met My verbonde wees en sy sal daarom ook onuitspreeklik gelukkig wees. Laat die siel daarom op aarde geen gebrek ly nie. Gee haar wat sy dringend nodig het: Geestelike voedsel, voedsel en drank uit die hemele. Gee haar My Woord, deurdat jy die wil in jou laat opkom om dit direk of indirek te ontvang. Die siel moet belangstelling toon vir My, vir My Woord, as jou wil op My gerig is. Laat die mees kosbare nie by haar verbygaan nie. Laat die lewende water nie wegstroom, sonder dat jy jou daarmee gelaaf het nie. Put en drink uit die bron van die lewe en versadig jou met die Woord wat My Liefde jou aanbied. As jy heel besonders bedeel wil word, oefen dan sodat jy in staat kan wees om My stem te hoor. Luister binne-in jou en let op jou gedagtes en Ek sal tot jou spreek, fyntjies en sag, maar jy sal My stem herken, die stem van die goeie Herder wat sy skape roep, omdat Hy geen een daarvan wil verloor nie. Jy sal, as My kind, die stem van die Vader herken, want wie in die diepste liefde kontak met My soek, na hom buig Ek My oor met My Vaderliefde. Die kind sal My Liefde voel en gelukkig wees, in besit van die waarheid wat hy van My ontvang. Hy sal steeds nader aan My kom deur die waarheid en hom uiteindelik verbind met die ewige Waarheid. Hy het dan sy doel bereik en sal vir ewig gelukkig wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205