BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

’n Liefdevolle persoon gaan nooit verlore nie 4042 Mense wat liefde die vernaamste wegwyser van hul lewe gemaak het, sal nooit verlore gaan nie, selfs as hulle in hul denke nog op die verkeerde spoor is en die suiwer waarheid verwerp. Hulle word beïnvloed deur magte wat veral hard veg vir sulke siele en omdat hul wil nog nie ‘n duidelike besluit geneem het nie, omdat die persoon nog nie bewustelik na God strewe nie, probeer die magte om sy denke te beïnvloed. Hulle slaag tot die mate dat die person se intellektuele aktiwiteit nou minder aktief is wat die ontdekking van die waarheid betref. Nietemin beskerm die liefde hom om teen misleiding. As gevolg van sy dade van onselfsugtige naasteliefde, het hy homself reeds tot eiendom van God gemaak, Wie hom nooit weer sal laat val nie. Die liefde is die grootste krag en alle ander kragte beveg haar tevergeefs. As ‘n mens dus in liefde leef, kom die stryd om die siel deur ander magte tot niks, omdat God die siel vashou, aangesien Hy ‘n groot aanspraak op haar het. Sy sal verseker die waarheid herken sodra sy die advies aanvaar om ’n verstandelike opinie te vorm oor die geestelike inligting wat haar aangebied is. Wanneer ‘n liefdevolle persoon daaroor nadink, sal hy tot die regte gevolgtrekking kom, en in staat wees om fout van waarheid te skei en sal bewustelik na laasgenoemde strewe. Daarom gaan ‘n liefdevolle persoon nooit verlore nie, omdat die liefde hom beskerm, omdat hy deur liefde met God verenig is en Hom nie sal ontken nie. So openbaar God Hom ook aan hom, deur Hom waarneembaar te maak op ’n wyse wat die person se denke sal stimuleer en hy ontwaak uit sy geestelike traagheid. Die gees in ‘n liefdevolle mens wil aktief wees, dit is tot lewe gewek deur liefde, maar word nie tot aksie toegelaat solank die wil van die mens besluiteloos is nie, solank die mens hom verset teen oorweging van vrae betreffende die geesteryk. Met die kleinste verandering van wil sal die mens se gees egter begin om te funksioneer en die menslike wese se denkproses aan die gang sit en hom dan verklaring van binne gee. Dit gee die mens waarnemingskrag en trek so eers die siel en dan die liggaam na sy kant toe, en sy invloed sal waarlik nie gering wees nie. ‘n Liefdevolle persoon is nooit verlore nie, want God hou hom vas en los hom nie vir Sy teenstander nie. Die mens moet egter die wil hê om die weg na God te gaan, en hierdie weg sal dan aan hom getoon word. God lei waarlik die lot van elke individu, sodat hy altyd die geleentheid sal hê om die ware weg te vind. God sal hom so duidelik ontmoet, want deur ‘n lewe van liefde is God so naby die mens, dat Hy altyd herken kan word en elkeen wie Hom opreg soek, sal Hom vind. Hy sal die waarheid as sodanig herken en ernstig daarna hunker, en sy siel sal gered word vir ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205