BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ligverskynsel aan die hemel – Kruis van Jesus 4073 Julle moet let op die verskynsels van die eindtyd, en so sal julle spoedig veranderinge in die natuur raaksien, julle sal ‘n sonderlinge kragspel kan waarneem, ‘n verskynsel wat julle sal laat dink wanneer julle dit beskou met die regte houding teenoor My, die Skepper, Wie hierdie verskynsels ook laat plaasvind om die aandag van alle mense op Hom te vestig. Julle sal merk dat min mense die korrekte houding teenoor My het, dat meeste probeer om alles wêrelds te verklaar en ook nie sterk deur buitengewone verskynsels beïndruk word nie. Die ligverskynsel sal homself oordag laat sien en sonder voorafgaande aankondiging aan die hemel sigbaar wees en geen ander uitleg toelaat as ’n verwysing na die verlossingswerk van Jesus nie, want die verskynsel sal die vorm van ‘n kruis hê met die onmiskenbare gelaat van die Verlosser. En die ligverskynsel sal aanleiding gee tot vele debatte en dan moet My dienaars hulle voorberei, want die verskynsel is die inleiding, dit is min of meer vir alle mense bedoel, want dit sal deur alle mense gesien kan word. Hoe verskillend sal daarna gekyk word, hoe weinig begrip sal mense toon daarvoor! Ek laat ‘n sigbare teken aan die hemel ontstaan en vind nogtans te min aandag. Ek maak die verlossingswerk vir hulle sigbaar, sodat hulle kan glo in Jesus Christus en geseënd kan wees, maar die geloof in Hom is al so goed as verlore en sal ook nie meer gevind of versterk word nie, ten spyte van hierdie ligverskynsel, want die mense is heeltemal te wêreldsgesind en wil nie glo nie, omdat hulle alle verantwoordelikheid wil ontduik, maar dit nie sou kon doen as hulle vertroue in Jesus gehad het nie nie. So sal ook hierdie ligverskynsel weer ’n teken uit die hemel wees, ’n teken vir die laaste dae, slegs vir ’n paar mense. Alhoewel baie deur ’n innerlike onrus oormeester sal word, sal dit gou verander in gespanne aandag, wat egter slegs toegeskryf kan word aan die voorkoms van die verskynsel. Hulle sal nie glo dat die verskynsel verwant is aan die komende einde nie, en sal maar net die gelowiges bespot, wat die voorspellings aan hulle medemense sal verkondig, sodat hulle hulself kan voorberei op die einde. Hulle sal weinig geloof vind, maar sal nie mag verslap in hulle arbeid vir My ryk nie, want sulke geleenthede is ‘n besondere genade vir die mense op aarde om te besin en oorweging te skenk aan die gedagte van moontlike voorbereiding deur bonatuurlike magte d.m.v. buitengewone natuurlike verskynsels, en dat die verskynsel deur My beplan is, om die mense te herinner aan die einde. Die wetenskap sal ‘n verklaring daarvoor gee en dit sal ook aangeneem word, maar enigeen met ’n strewe na die gees, sal My daarin herken en sal jubel en juig weens die dreigende einde, want die wêreld het niks meer om hom te bied nie, maar sy hart is vol hoop vir die lewe na die dood en hy sal verlang na die laaste uur, wat hom sal verlos van aardse nood, soos Ek beloof het, dat Ek sal kom in die wolke om Myne huis toe te neem na My koninkryk. Hy sal weet dat die uur gekom het wanneer aardse verskrikkinge vermeerder en geen aardse hulp meer verwag kan word nie. Dan sal Ek die dae verkort sodat Myne trou kan bly en die einde verduur. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205