BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

God se Liefde en Erbarming in die laaste tyd voor die einde 4080 God se groot Liefde en Erbarming sal duidelik aan die lig kom in die laaste tyd voor die einde, waarin die gelowiges in die mees benarde toestand sal lewe. Dit sal 'n tyd van bitterste nood wees vir die mense wat Hom trou wil bly, want die teenstander sal met alle mag optree teen enigiemand wat vir sy geloof en vir Jesus Christus en Sy leer opkom. Die maatreëls wat toegepas sal word om die ongeloof te vestig, sal so oortuigend wees dat die mense min weerstand sal bied en byna uitsluitlik bereid sal wees om te verklaar dat hulle teen God is. Hulle wat egter bekend is met die waarheid, wat in liefde lewe en daarom ook in die regte Godsbesef is, wat Jesus Christus as Verlosser aanroep en Sy bystand verlang, hulle sal ook die een herken wat as die Antichris aangekondig sal word voor die laaste tyd voor die einde. Hulle sal daarom des te standvastiger wees en in volle vertroue wag op God se hulp en Sy koms. En hulle sal ook nie teleurgestel word nie. God se groot Liefde sal vir hulle duidelik word want Hy sal te alle tye naby hulle almal wees, sodat ook die ongelowiges Hom kan herken, as hulle nie van slegte wil en daarom heeltemal in die mag van satan sou wees nie. Wie egter nog swak is maar nie heeltemal van God afvallig nie, word deur God se Erbarming vasgehou en sal daar vir hom baie bewyse gegee word van God se werksaamheid, sodat dit vir hom maklik sal wees om te glo en stand te hou teen alle bedreiginge van die wêreld. As hy van goeie wil is, sal God Sy Hand in die laaste uur nog na hom uitsteek. Wat daar alles in hierdie tyd sal gebeur, sal vir die mense moeilik voorspelbaar wees, want die satan bly nuwe planne uitdink en sal hy homself oortref in gruweldade, in onmenslike maatreëls en skandalige handelinge teen die gelowiges. Die lot van die gelowiges sal skynbaar ondraaglik wees, maar hulle sal soveel Krag van God ontvang, dat hulle die moeilike sal kan verdra en die nood nie so erg sal voel nie, omdat hulle blik op die hemel gerig sal wees en die wêreldse en die aardse dinge hulle nie meer lok nie. Hulle sal God se Stem hoor en weet dat Hy die dae sal verkort, want Sy belofte het hulle die troos gegee en dus reken hulle elke dag daarop dat verlossing uit die aardse nood hul ten deel sal val. En tog kom die laaste dag ook vir hulle nog as ‘n verrassing. Dit sal kom wanneer daar geen moontlikheid meer bestaan om siele te wen nie en dit sal baie gou die geval wees, want die skeiding sal spoedig voltrek wees. Die moed om te getuig sal gering wees en die besluit vir of teen God word binne ‘n kort tydjie geëis. Daarom sal dit ook die inleiding van die einde wees, want die kwelling, waaraan die gelowiges nou blootgestel sal word, vereis die hulp van God, anders sou 'n gevoel van swakheid hom ook van die klein skare van Syne meester maak, en God sal dit nooit toelaat nie. En so sal Hy kom as Redder in die hoogste nood en Hy sal Syne na Hom toe bring en dan sal die oordeel kom, soos wat verkondig is in Woord en geskrif. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205