BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

God se wil - Die stem van die hart - Innerlike aandrang 4104 Ek sal die gevoel van wat julle moet doen en wat nie, in die harte plaas van die van julle wat Ek liefhet, omdat julle na My strewe. As julle julself in gebed aan My toevertrou en jul bekommernisse en gedagtes aan My voorlê, sal julle dit in die hart voel en as julle dan die begeerte ontwikkel, of gedring voel om iets te doen, doen dit en dit sal reg wees in My oë. Wanneer julle julself in gebed aan My opdra, sal julle nie meer kan sondig nie, want dan laat Ek nie meer sonde toe nie. Vra My om My beskerming, dan verleen Ek dit aan julle. Julle kan jul dan gerus aan die stem van jul harte oorgee, dit wil sê: doen waarna jou hart verlang. Ek is jou Vader en Ek wil dat jy vol vertroue na My kom. Ek wil jou behandel soos 'n liefdevolle Vader dit doen. Ek wil jou gee wat jou gelukkig maak, solank dit jou nie skade doen nie. Omdat jy self nie weet wat vir jou goed is, of wat skadelik is vir die siel nie, kom na My, gee jou geheel aan My oor, lê jou behoeftes aan My voor, geestelik en aards, en Ek sal jou antwoord. Dit wil sê: Ek sal My Wil in jou hart lê, sodat jy die goeie sal wil hê, wat jy dan ook kan verwesenlik. So sal jy met alle versoeke na My kan kom en jy sal nooit sonder ’n antwoord bly nie, want dit lê Ek in jou hart. Jy sal egter aandag moet skenk aan die stem van jou hart. Jy sal moet weet dat elke innerlike aandrang altyd die invloed is van kragte wat jou wil oorhaal om iets te doen of uit te los. Kragte van die duisternis sal jou wil verlei tot sonde, kragte van die lig tot 'n handeling wat My welgevallig is. Laat die magte van die lig invloed kry oor jou, dan sal jy nooit kan sondig nie. Vertrou jou aan hierdie kragte toe, telkens wanneer jy met My wil kontak maak in gebed, wanneer jy met My wil kommunikeer en My in al jou behoeftes om raad vra. Ek het My skepsels lief en het slegs hul sieleheil ten doel, en waar dit nie in gevaar is nie, verleen Ek hom alles, ook aardse vreugdes, indien dit die geestelike strewe nie sal benadeel nie. Ek wil egter altyd jou Leidsman wees. Jy moet altyd die beslissing aan My oorlaat en na innige gebed jou hart raadpleeg, en dit sal jou waarlik reg lei. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205