BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Verdeling van aardse goedere - Voorsorgmaatreëls is nie God se wil nie 4106 Solank julle mense nie dieselfde mening toegedaan sal wees nie, sal julle ook nie van gelyke gees wees nie. Want die Stem van die Gees sal steeds net die Waarheid verkondig. Sy sal Haarself nooit weerspreek nie en Haar dus by alle mense eenders uiter. Wie dus na die Stem van die Gees luister, kan ook daarvan oortuig wees om die Waarheid te verneem as antwoord op vrae wat aan hulle gestel word. Maar Ek sal geen antwoord van julle weerhou as julle My self daarom vra nie. Ek gee dit vir julle deur My Gees indien Sy in julle werksaam kan wees. Ek gee dit vir julle in die vorm van helder gedagtes, indien julle die stem van die Gees nie self kan verneem nie, of ook deur My dienare op aarde wie se onderrigting julle met 'n geruste hart mag aanneem as suiwer, onvervalste waarheid. Wat in die vorm van gedagtes na julle toe kom, moet dus ooreenstem met dit wat My boodskappers aan julle oordra, aangesien julle andersins nog nie verlig is nie en julle dus My antwoord nie verlang het nie, maar julle gedagtes was slegs die resultaat van verstandelike denke. Hierdie onderskeid sal julle moet maak, sodat julle heel goed 'n antwoord sal kan bedink op geestelike vrae wat geen aanspraak kan maak op absolute waarheid, indien Ek daarby uitgeskakel word, in soverre julle My nie gevra het, alvorens julle 'n eie mening daaroor gevorm het nie. En daarom sal daar by die mense steeds verskillende menings aangetref word en nou ontstaan die vraag: Wie is deur My gees verlig? Watter resultaat is suiwer waarheid? En in twyfelgevalle is daar maar weer net hierdie een antwoord: Lê die vrae aan My voor, want Ek wil dit vir julle beantwoord, sodat dit vir julle duidelik kan word. Ek deel My gawes onbeperk uit, maar dink altyd daaraan hoe dit deur die ontvanger gebruik sal word. Ek kan gee, Ek kan weerhou. Die eersgenoemde daar waar My wil in ooreenstemming met die gawe benut gaan word, die laasgenoemde daar waar mense My Liefde en My werksaamheid misken en daarom ook nie My gawe sal waardeer nie. Ek kan weinig uitdeel, maar ook baie. En beide hang weer af van die ontvanger en sy onvoorwaardelike geloof in My. Dus sal 'n gelowige mens voortdurend van My kan ontvang en geen nood hoef te ly nie, want Ek self gee nooit alles weg nie en het dus steeds gawes gereed wat Ek kan uitdeel, ook wanneer dit aards onmoontlik lyk. Want Ek is tog die Heer van alle skeppings en dit staan My vry om ook die vrugte van My skeppings te verdeel volgens My goeddunke. En die één kan ontvang, terwyl die ander met leë hande sal weggaan, en dit beide ten tye van aardse noodtoestande, asook aardse welstand, want die verdeling van aardse goedere berus slegs by My. En daarom hoef 'n gelowige mens geen voorsorgmaatreëls te tref nie, omdat dit slegs My sorg is waaroor 'n mens sal beskik. En as julle die uiteenlopende verdeling van aardse goedere by julle medemense in oënskou neem, sal julle self moet erken dat dit nie net van die mense afhang nie, maar in sekere opsig deur die lot bepaal word, dat die mens nie altyd self in die hand het wat hy begeer om vir sy lewensomstandighede te verskaf nie. En uiteindelik sal julle, indien julle gelowig is, hierdie verdeling moet beskou as uitgaande van My, dat Ek vir die mense beide goeie, asook swak lewensomstandighede berei, na gelang van die behoefte vir die volwassewording van die siel. Op dieselfde manier is die versorging van die liggaam dus My werk en gebeur dit in ooreenstemming met die sterkte van die geloof. En die swak gelowige mens sal nie so rotsvas op My hulp bou nie en daarom ook kleingeestig sorg vir sy liggaam, terwyl hy My maar net vol vertroue kon gevra het om van alle besorgdheid oor sy liggaamlike welsyn vry te wees. Voorsorgmaatreëls vir die langtermyn stem nie ooreen met My wil nie, want My doel is om julle te omvorm tot baie groot geloofskrag. En selde besef julle mense dat Ek julle ter syde staan, dat Ek vir julle sorg en in al julle behoeftes voorsien, dikwels op 'n manier wat heeltemal buite die raamwerk van die vanselfsprekende gaan om juis daardeur julle geloof te versterk en om dit so sterk te maak, dat daar geen twyfel aan die vervulling van elke vraag meer sal wees nie en dat die mens geen enkele sorg meer hoef te hê oor die instandhouding van sy liggaam solank hy op aarde leef nie. Hierdie geloofskrag waarborg ook totale versorging, wel in ooreenstemming met die geestelike toestand van die gemeenskap, egter ook aangepas by die behoeftes van die enkeling. Ek weet waarlik wat die mense nodig het. En oor Myne, dus diegene wat in vrye wil op My afstuur en My as hul Vader van ewigheid erken, bekommer Ek My in die besonder en Ek sal verhoed dat hul geloof beskaam word. En daarom ontneem Ek die mense dikwels van dit wat hulle vergaar het, met die bedoeling om hulle later daarmee te versorg, omdat hulle andersins ’n lang tyd nodig sal hê om hulleself, in diep geloof en vol vertroue teenoor My, van alles ontslae te raak en My hulp af te smeek en te verwag. Want Ek wil deur die mense erken word. Ek wil vir hulle 'n sorgsame Vader wees en My kinders moet My met elke aangeleentheid kenbaar maak, hulleself aan My toevertrou en gelowig op My hulp wag. En hulle sal nooit as te nimmer nood ly nie, want Ek het aan hulle die belofte gegee: "Soek eers die ryk van God en al die ander sal julle ten deel val". Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205