BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wie My gebooie onderhou, na hom toe wil Ek kom en Myself aan hom openbaar 4107 Laat Ek tot julle spreek op alle plekke, te alle tye en in alle lewensomstandighede, in vreugde en leed, in nood en sorge van liggaam en siel, deurdat julle jul gedagtes tot My sal rig en sal verlang om My Stem te hoor. Ek wil tot julle spreek en elkeen wat My Woorde verwag, sal My verneem, want Ek het julle die belofte gegee dat Ek My Wil sal openbaar aan hom wat My liefhet en My gebod onderhou, wie My dus tegemoet snel en in die liefde leef. Wie My gebod nakom, sal ook My taal herken, hy sal My openbaringe aanneem en gelukkig wees in die besef dat Ek tot hom spreek. Om die kennis en die woorde van liefde van My te verneem, sal hom gelukkig maak en des te inniger sal hy na My toe kom en in stilte, met steeds meer verlange, na My Woord luister. Hy sal sy hart vir My open en Ek sal by hom ingaan, My intrek neem in sy hart en Myself met hom verbind en voortdurend omgang met hom hê. En dit is die toestand waarna al julle mense op aarde behoort te strewe, deur die Woord in blywende verbinding met My te staan, om met die gedagtes so ’n verbinding tot stand te bring en in salige vereniging met My, My vlees en bloed te geniet, dus om My Woord met sy krag in te neem. En wanneer julle dan hierdie stadium bereik het, kan julle met ‘n geruste hart soos My kinders voel en julle kan met elke versoek soos ‘n kind na die Vader kom. Julle mag julle bemind voel en julle hoef julle oor geen aardse nood ongerus te maak of verlate te voel nie, want Ek sal nou altyd by julle wees. Ek waak oor elke tree wat julle gee, Ek lei en behoed julle en Ek vervul elke versoek wat julle in gees en in waarheid tot My rig. Ek hoor julle roep, al word dit nog so stilletjies na My opgestuur, want Ek het julle lief, julle wat na My toe wil kom. Omdat oorgrote Liefde My steeds met julle verbind, sal Ek dit ook nie toelaat dat julle verdwaal as julle voor ‘n kruispad kom en nie weet waarheen julle julleself moet wend nie. Ek sal julle saggies lei na die goeie weg, Ek neem julle by die hand sodat julle nie struikel nie, Ek verlig vir julle die weg wat donker geword het as julle nie meer in staat is om dit te herken nie. Julle sal steeds weer My stem mag verneem en dit sal julle die sekerheid gee dat Ek by julle is. Julle moet die aarde slegs as ‘n oorgangstasie beskou om op haar die graad te bereik wat My nabyheid toelaat. As julle hierdie graad bereik het, hoef julle aards nie meer die geringste te vrees nie, want dan sal julle as begenadigdes van die geesteryk aangeteken wees en sal julle jul doel onherroeplik bereik het. Wat julle dus nog aards opgelê word, dit moet julle nie laat skrik nie, want dit is maar ‘n verbygaande periode van baie korte duur, wat julle nie meer net aflê nie, maar in voortdurende geselskap met My, waardeur julle ook teen alle onheil gevrywaar bly. Harte waarin Ek vertoef, is onherroeplik Myne, en wat in My besit oorgegaan het, laat Ek vir ewig nie meer los nie. Hierdie versekering moet vir julle die lewe ligter maak, julle moet daaraan glo en julle steeds soos My kinders voel, wat onder My leiding sekerlik na julle Vaderhuis sal terugkeer. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205