BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gebeurtenisse wat spoedig kom - voleinding 4108 Verwag My koms spoedig, want daar is nie meer veel tyd oor tot die einde nie. Julle sal binnekort dinge belewe wat dit bevestig wat My Liefde julle reeds lankal bekend gemaak het, naamlik dat die laaste fase voor die einde reeds begin het. Julle sal julleself afvra waarom Ek nog sulke onheil toelaat, waarom Ek so ‘n groot nood oor die mense laat kom? Ek kan julle steeds net as antwoord gee dat dit nodig is vir die mensdom wat My nog nie herken het nie, wat alle gebeure slegs met aardse oë beskou en egter nooit die geestelike ontwikkeling van die mens in verband daarmee bring nie. Dit is onherroeplik die laaste smarte en aan onherroeplik kom ook spoedig ’n einde. Steeds wys Ek julle daarop dat julle nie wêreldsgesind deur die aardse lewe mag gaan nie. Dit sal in elk geval slegs nog ‘n kort tydjie duur, maar kan vir julle van die grootste betekenis wees, indien julle nog in hierdie laaste tyd oor julle bestemming sal besin, en julle hiermee ooreenstemmend nog die lewe ten volle wil benut. Julle is ewenwel nog lou en onverskillig teenoor My vermanings en waarskuwings, want julle glo nie in My woord nie. Ek kan julle egter geen vêrdere bewys gee van die waarheid van My Woord nie, want julle moet sonder beïnvloeding die ware weg gaan. Julle moet julle self gedrewe voel om dit te doen wat My Wil is, anders kan julle jul siel nie tot volmaaktheid bring nie. ‘n Duidelike bewys kan julle egter uit die komende gebeurtenisse aanneem, want Ek kom daardeur ongewoon nader aan julle. Ek openbaar My aan hulle wat die kennis het van My barmhartigheidsgawes en bevestig dit sodoende aan hulle sodat hulle My kan herken, en dit sê Ek met sekerheid aan julle wat My wil dien, dat julle geen lang lewensduur meer het nie, dat ‘n taak op julle rus wat geen uitstel meer duld nie, en dat julle terwille van hierdie taak julleself vooraf moet oortuig van die waarheid van My Woord, sodat julle dit sonder enige belemmering kan versprei. Sodoende sal julle alles in vervulling sien gaan wat Ek aan julle verkondig het in woord en geskrif. Julle sal leer om die wêreld te verag en julle uitvoeriger met die geesteryk besighou tot julle voordeel, tot omvorming van julle siele. Tallose ligwesens staan My ter beskikking en deur hulle werk Ek steeds weer op julle in deurdat Ek julle gedagtes blywend op die komende gebeure rig, deurdat Ek julle so lank deur nood en ellende sal laat gaan totdat julle na die ondergang van die aarde verlang om die sware verdrukking deur julle medemens te ontgaan. Dan sal julle julleself langsaam op die einde voorberei, dan sal julle daaraan glo en moeite doen om welgevallig teenoor My op aarde te lewe. ‘n Onbeskryflike chaos sal na hierdie tyd volg. Verwag dan vol vertroue My hulp in die grootste nood, want Ek het dit aan julle verkondig en Ek sal julle geloof nie beskaam nie. Sodoende het julle, deur My woorde, die grootste sekerheid dat julle geen leed aangedoen sal word nie, terwyl dit van alle kante op julle sal afstorm. Julle hoef My egter maar net julle liefde te gee en wanneer julle My liefhet, sal julle ook na My verlang. Daarom sal Ek kom om julle weg te neem van die plek van verderf en sal julle bring na My ryk waar julle nimmermeer vervolg sal word nie, waar Ek alleen sal heers en die bose nie toegelaat sal word nie. Alle nood sal dan vir die gelowiges ten einde wees, vir die ander egter sal die nood dan eers begin soos wat Ek dit verkondig het. Hulle sal verdoem word in die duisternis, hulle sal gekluister word op die nuwe aarde in skeppings wat julle nie vir julleself kan voorstel nie, totdat julle die nuwe aarde self sal bewoon. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205