BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ondergang van die ou aarde - Liggaamlike belewenis - Waarskuwing 4116 Ek het aan julle verkondig dat julle die ondergang van die ou aarde nog liggaamlik sal belewe en Ek herhaal dit sodat julle sal glo. Julle geloof is swak en julle verset julleself innerlik daarteen dat julle in die laaste van die dae leef. My Gees spreek egter aanhoudend tot julle en verkondig dat die tyd van die einde nader. Waarom wil julle dit nie glo nie, terwyl julle andersyds die waarheid van My boodskappe nie kan ontken nie? Waarom hoop en reken julle op vooruitgang, op ‘n verbetering van aardse verhoudinge? Waarom lyk die gedagte aan ‘n einde, verbonde aan ‘n totale vernietiging van die ou aarde, vir julle ongeloofwaardig en onaanvaarbaar? Omdat julle nog graag sal wil lewe en nie voorbereid is nie, nie genoegsame oorweging skenk aan My Woord, wat baie duidelik die noodsaaklikheid van die algehele omvorming van die ou aarde verduidelik en julle sal lei tot diepgaande geloof as julle, met julle wil na My gekeer, elke Woord inneem en aanvaar as vanuit die Hemel, en daarvolgens lewe. Selfs julle wat My Woord wil versprei, twyfel nog en julle kom daarom nog nie oortuigend genoeg op vir My Woord nie en julle laat julle deur teenkanting swak word. Julle geloof is nie sterk genoeg nie, ondanks julle goeie wil om My te dien. Die werklikheid van die lewe beïnvloed julle en julle vind dit onmoontlik om julle te versoen met die menslike wese se geestelike bestemming, gevolglik ondersteun julle nie My openbarings aangaande die komende tyd ywerig genoeg nie. Julle neem selfs My Woord nie ernstig genoeg op nie, sodat Ek julle altyd weer dieselfde dringende waarskuwings aangaande die naderende einde moet gee. Julle sal dit nog liggaamlik belewe, - sê dit nie genoeg nie? Weet julle hoe oud julle nog sal word? Is dit moontlik dat julle dalk net ’n kort tydjie sal lewe? Slegs Ek weet watter dag die laaste sal wees en Ek hou dit geheim, maar Ek sal julle sê dat dit nie meer vêr is nie en dat julle My sal dien tot die einde. Julle sal dus die dag nog beleef en julle kan dit maar glo! Julle sal goeie arbeiders vir My wees, want ’n oortuigde geloof sal julle met oortuiging laat praat. En Ek het sulke boodskappers soos julle op aarde nodig, wat die mense ernstig sal aanmoedig en intens sal verduidelik oor die nodigheid om vir My werksaam te wees op aarde, asook die geestelike swaarkry indien daar nie hulp vir hulle gebring sal word nie,. Julle ontvang reeds My Woord en is dus alreeds gevorderd wat kennis betref, en tog wil julle nie glo nie, alhoewel julle dit nie sal verwerp of vyandig daarteenoor sal staan nie. Daarom spreek Ek steeds nadruklik met julle, want ‘n diep geloof is noodsaaklik as julle met julle woorde sukses by julle medemens wil behaal. As julleself oortuig is dat wat julle hoor deur die stem van die Gees die volle waarheid is, dan is julle ware verteenwoordigers van My woord op aarde. Dan leen julle My julle mond, sodat Ek My daardeur kan uiter, en dit sal julle opdrag in die komende tyd wees naamlik dat julle die spraakorgaan sal wees vir My, waar Ek Myself andersins nie aan die mense sal kan openbaar nie. Dit is egter beslis nodig dat julle My hoor, ofskoon julle nie altyd My stem kan herken nie. Die nood gedurende die laaste van die dae sal so swaar druk op die mense, dat hulle sonder My hulp en sonder My Woord sou twyfel. As Ek egter tot hulle spreek, dan sal hulle sterk wees en die grootste nood kan weerstaan, omdat My Woorde hulle krag sal gee. Daarom moet julle julle dienste vir My aanbied, sodat daar sonder dwang op die mense ingewerk kan word. Ek kan steeds aanwesig wees waar julle as bemiddelaar die mense in geestelike gesprekke betrek en op die manier sal die kontak herstel word tussen My en die mense. Hulle het dringend My woord nodig en sal op hierdie manier onderrig word, as hulle wil standhou tot aan die einde. En die einde sal spoedig kom, dit roep Ek julle steeds weer toe. Julle moet My woorde glo en in volle vertroue die toekoms tegemoet gaan, wat homself sal onthul net soos wat Ek lank tevore aangekondig het in woord en geskrif. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205