BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

God se Woord weerspieël die gees van die liefde 3698 Herken die Gees van Liefde wat deur My Woord met jou praat. Oorweeg dat jy geestelik swak is, dat jy My sekerlik in jou dra as 'n baie klein vonkie, maar dat hierdie geestelike vonk sal voortgaan om dormant in jou te rus totdat dit deur dade van liefde ontwaak. Die Vader-Gees praat met jou met Woorde van Liefde, om liefde in jou wakker te maak, sodat jy jou inwonende geestesvonk kan aktiveer en lewe daaraan gee deur die liefde. Sodra jy dit besef het, sal jy ook verstaan waarom Ek jou voortdurend daaraan herinner om lief te hê, maar die van julle wat nog geestelik blind is, moet eers aandag gee aan die feit dat elke woord wat jy van My dienaars op aarde hoor, met liefde deur My gegee is, en jou sal motiveer om lief te hê. As jy in staat was om te kon sê dat selfs een van My Woorde aan liefde ontbreek, kan jy vergewe word dat jy dit nie aanvaar nie, maar elke Woord moet aan jou die liefde van die Gewer bewys, elke Woord moet van My getuig as die Ewige Liefde wat net wil terugkry wat deur harteloosheid verloor is. Ek wil jou net terugwen, want My Liefde wil jou salig gelukkig maak vir ewig. Keer op keer wys Ek jou op jou ellendigheid, jou onvolmaakte toestand, wat jou nie gelukkig kan maak nie, en wat Ek Wil oplos. Aangesien slegs liefde in staat is om dit te doen, preek Ek onophoudelik liefde aan julle en herinner julle met elkeen van My Woorde, dat julle slegs deur liefde kan omvorm tot sielsgelukkige wesens wat onbeskryflik gelukkig sal wees wanneer hulle naby aan die Vader, die Ewige Liefde sal kom. Sodra jy oortuig is dat al My Woorde in liefde gegee is, dat hulle slegs die aandag vestig op liefde, sal jy ook hul oorsprong moet herken, sal jy My Woord moet beskou as ‘n uitstorting van Myself, as 'n taak van liefde vir die sondige mensdom, om dit van hulp te voorsien. As jy die Gees in My Woord herken, sal jy My ook gou herken, dit sal nie meer vir jou onbegryplik wees dat Ek Self met julle praat nie, want Liefde bring Wysheid. As jy die Woorde van Liefde toelaat om ‘n uitwerking op jou te hê, dan sal jy spoedig daaraan voldoen, jy sal ook korrek dink, jy sal ingelig wees, die groot inherente waarheid in My Woord herken en dus ook leer om My te herken en dieper as ooit lief te hê. Hierdie ernstige ondersoek moet egter uit eie vrye wil deur jou gedoen word. Jy moet jouself afvra of die Gees van Liefde spreek deur My Woord wat jou aangebied word. Jy kan nie gedwing word om hierdie vraag te vra nie, dit moet uit eie vrye wil ontstaan, want dit bewys jou begeerte vir die waarheid, vir die regte begrip. Jy sal 'n antwoord ontvang, die Gees van Liefde sal self in jou praat en ten doel hê om jou hart te beïnvloed, sodat indien jy gewillig sal wees, dit nie sonder sukses sal wees nie. Waarheid bestaan waar jy liefde kan herken, want die liefde is Goddelik en kan slegs ontstaan vanuit die Ewige Liefde. Diegene van julle wat die waarheid van My Woord betwyfel, moet dit in gedagte hou. Jy kan sonder twyfel dit aanvaar wat inherent is in die Gees van Liefde, en jy hoef nooit te vrees om op 'n dwaalspoor gelei te word deur hierdie Gees nie, want God is die bron van die liefde, en die doel van die liefde is God. en julle sal My altyd bereik wanneer julle toelaat dat julle deur My Liefde getrek word, Wie julle keer op keer benader deur My Woord, wat herken kan word in elkeen van My woorde deur enigiemand wat dit wil herken. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205