BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Taak van die dienaars vir die ryk van God - Chaos 4129 Dit sal 'n onbeskryflike chaos wees wat die mense nog te wagte staan deur My ingryping - die woede van die elemente van die natuur – en dit sal oorleef. En niemand sal die krag hê om weer konstruktief te begin werk nie, behalwe Myne, wat uit hul verbondenheid met My onophoudelik krag kan put. Hulle sal ook die moeilikste lewensomstandighede baasraak. Hulle sal baie presteer, omdat hulle klaarblyklik gehelp sal word deur buitengewone werksaamheid van My kant af, want hulle diep geloof in My laat die werksaamheid toe. En hulle sal 'n baie groot werkterrein aantref. Oral in die wêreld sal daar mense wees wat radeloos is en nie teen die moeilike toestande opgewasse sal wees nie en hulle moet tot geloof in My en My Liefde gebring word, deur hulle 'n geringe insig in die waarheid te gee, hulle tot werkende naasteliefde aan te spoor en om aan hulle dus My Woord bekend te maak. Dit sal in die komende tyd van lyding julle taak wees, wat julle goed sal kan vervul as julle vir My bekwame arbeiders wil wees en wil werk vir My en My ryk. Dan sal julle egter self ook deur die tyd van leed moet gaan. Ek kan nie nood en ellende op 'n afstand van julle hou, terwyl die hele mensdom daardeur geraak word nie, maar Ek moet My daartoe verbind om julle te vul met krag, sodat julle die tyd van nood kan deurkom. Maar dit vra wel voortdurende verbondenheid met My, die diepste geloof en liefde vir die naaste. Dan sal julle kan optree as leraars vir My en julle sal self gelei word, soos wat My Wil en My Wysheid dit bepaal het sedert ewigheid. Daarom sal julle oral waar dit maar moontlik is moet praat, want wat Ek eenmaal gespreek het, sal in vervulling gaan, tot leedwese van ontelbare siele wat nog ver van My af staan en tot vreugde van diegene wat die weg na My gevind het. Aan hulle sal julle die evangelie moet bring. Tot aan die einde moet julle hulle in kennis stel van die tyd van genade, van My werksaamheid op ongewone wyse en van die groot geestelike resultaat van die nakoming van My Wil, wat Ek deur julle aan die mense sal bekendmaak. Julle moet hulle inlig oor die uitwerking van 'n lewe in liefde, oor die gevolge van reg dink en handel. En as julle slaag om hulle tot geloof te bring en hulle te wen vir My Leer, het julle met sukses vir My gewerk. En julle sal geseënd wees, geestelik sowel as aards, en julle sal reeds op aarde beloon word deur die skenking van buitengewone barmhartigheid gedurende die uiters swaar lewensituasie van die laaste dae. Julle sal geen gebrek hê nie, nóg aards nóg geestelik. Vervul van krag sal julle kan werk vir My ryk. Julle sal alle aanvegtinge oorwin en julle ook teenoor die wêreld handhaaf. Julle sal moedig en vol vertroue wees en julle nooit onderwerp aan die maatreëls van diegene wat vyandig teenoor My staan nie. Julle sal voortdurend My Woord ontvang en dit sal die grootste gawe van genade wees, wat vir julle die dae tot aan die einde draaglik sal maak, want julle sal My voel. Julle sal van My teenwoordigheid bewus wees en julle sal daardeur bomatig gelukkig wees, omdat Ek My ook aan julle sal sien indien julle meer krag nodig sal hê. En daarom sal julle, wat van My is, ook die laaste en moeilikste dae verdra en sal geduldig volhou totdat Ek kom om julle te bring na My ryk. Maar bitterlik swaar sal dit druk op diegene wat geen geloof in My het nie en wat derhalwe reddeloos ten prooi geval het aan My teenstander, want op hulle wag 'n verskriklike einde. Hulle sal in sy mag bly en sal opnuut gekluister word, sodat hulle eens van sy heerskappy vry kan word, al is dit ook na ’n ondenkbare lang tyd. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205