BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike voedsel – "Kom na My, Ek sal julle verkwik" 4163 Neem geestelike voedsel in, so dikwels as wat dit vir julle moontlik is. Julle staan aan die begin van 'n tyd wat so moeilik is, dat julle daarop sal moet let om weerstand te kan bied teen behoeftes en leed van allerlei aard. Julle sal baie krag nodig hê, as julle beide jul aardse asook jul geestelike taak wil nakom. Hierdie krag verskaf My Woord julle. Daarom maan Ek julle altyd weer om My gawes van genade ten volle te benut. Ek maak julle opmerksaam op die behoeftes van die komende tyd en waarsku julle mense daarteen om dag na dag gedagteloos voort te lewe en alle wense van die liggaam te vervul maar die siel gebrek te laat ly. Want dit gaan enkel en alleen om die welsyn van die siel, om julle lewe in die ewigheid. Ek wil julle graag help om salig te word, maar julle wil moet aktief word. Julle sal nie kan glo dat die ewige geluksaligheid sonder moeite bekom kan word nie, dat dit julle ten deel val teen julle wil, sonder eie toedoen. Julle sal bewus moet wees dat met die dood van die liggaam die geleentheid verby is om uit eie krag werksaam te wees, dat julle elke onbenutte geleentheid bitter sal berou, as julle tot die besef kom wat die aardse lewe vir julle was. Daar bly vir julle nog net 'n kort tydjie oor, maar dit is voldoende as julle die ernstige wil het om julle siele volmaak te laat word. Ek maak seker dat daar talle geleenthede is om julle eintlike taak in die lewe - die werksaam wees in onbaatsugtige naasteliefde - te vervul. Maar een ding sal julle nie mag nalaat nie: om My Woord jul eie te maak, krag en troos daaruit te put, omdat julle, wat My Woord tot julle hart laat praat, julle met My verbind en julle daardeur groot seën vir julle siele ontvang. Neem geen genoeë daaraan dat My Woord julle so nou en dan aangebied word nie. Soek eerder self met 'n hunkerende hart die geleentheid om julle onder die seën van My Woord te plaas. "Kom na My, Ek sal julle verkwik." Laat My herhaaldelik tot julle spreek. Wees nie lou en onverskillig nie, maar haas julle en verwerf vir julle 'n voorraad van krag, sodat julle sterk in die geloof kan word en geduldig en rustig ook die swaarste pad in die lewe sal kan gaan, sodat julle voortdurend bewus kan bly van My teenwoordigheid en dus met My die doel tegemoet gaan: om in die ligryk heeltemal met My verenig te wees. Neem elke word wat deur My dienaars op aarde aan julle gebring word, ernstig op. Dink daaroor, hoe dringend julle My aanmanings nodig het, in watter gevaar julle verkeer as julle in julle strewe verswak, as julle te min betekenis aan My Woord heg, wat julle in diepe liefde en met die oog op die groot nood aangebied word. Julle bevind julle in 'n buitengewone groot genade, dat julle My Woord ontvang. Benut hierdie skenking van genade. Voed julle siele met die brood uit die hemel. Laat haar geen gebrek ly nie, want sy het geestelike voedsel nodig. Let daarom meer op julle siele as op julle liggaam. Skenk meer aandag aan die geestelike as aan die aardse lewe, want die laaste sal diegene wat daar te veel waarde aan heg, baie teleurstel. Julle wie se strewe egter geestelik is, sal ook nie hoef bang te wees vir 'n swaar lewe nie. Julle sal dit saam met My aflê, as julle voortdurend My in die Woord tot julle laat spreek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205