BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Waarheid - die onsterflikheid van die siel 3699 Die liggaamlike dood is nie die einde van die siel nie. Mense besef en glo dit nie en heg dus nie behoorlike waarde aan die aardse lewe ooreenkomstig My Wil nie. Hulle sien merendeels net om na die behoefte van die liggaam en nie na die van die siel nie, hulle is onverantwoordelik teenoor die siel, omdat hulle onseker is van die bestaan en onsterflikheid daarvan en daarom moet hulle ingelig word aangaande hierdie onsterflikheid indien julle sukses wil hê in jul pogings om hul lewenswyse te verander. Die geloof daaraan vereis ook ‘n eie nadenke en hiervoor word ‘n vrye wil vereis en dit kan nie deur dwang bereik word nie. Die onsterflikheid van die siel sal ook die betekenis en die doel van die lewe op aarde begryplik maak, en dan eers bestaan die moontlikheid vir die mens om te verander, om die lewe van die siel as belangriker te sien as die van die liggaam. Daar is twee groot gevare waarin die mensdom verkeer, nl. die ongeloof aan die siel en haar onsterflikheid, en die dwaalleer, wat geestelike vooruitgang belemmer, omdat dit aan hom ‘n vals beeld van die Ewige Godheid gee en omdat die mense dan meestal versuim om ‘n innige verbinding met My tot stand te bring, of in gedagtes, of deur ware gebed. Slegs dit is ‘n waarborg vir geestelike vooruitgang, omdat Ek dan sal kan betrokke raak. Daarom is die belangrikste werk van My diensknegte op aarde die uitroei van dwaalleer en die opwek van ‘n geloof in ‘n lewe na die dood. Die mense sal na My diensknegte moet luister, indien hulle suksesvol wil wees gedurende die kort tydjie wat nog op aarde oorbly tot die einde. Hulle sal slegs in staat wees om volkome eerlike verduidelikinge te bekom waar dit vanuit die hemel gestuur word; hulle kan slegs oor die lewe van die siel na die dood, en oor die leer van Christus, direk of indirek, deur My onderrig word. Dan kan hul geloof ‘n oortuigde een word wat teen alle teenkanting sal standhou, wat geestelike vooruitgang sal verseker en die siel ‘n ewige lewe in salige geluk laat verkry. Andersins is die lot van die siel ongelukkigheid, omdat sy nooit ophou bestaan nie, maar ewiglik in ‘n toestand is wat sy vir haarself geskep het deur haar eie wil, deur haar ongeloof en ‘n lewenswandel wat teenoorgesteld was aan My Wil. Elkeen wat waarlik aan die onsterflikheid van die siel glo, sal ook eerder met die arbeid aan sy siel begin. Maar die mens wat glo dat sy lewe met die dood van die liggaam eindig, sal lou en traag bly, of total onmagtig en onverskillig. Julle as My diensknegte kan nie die voortsetting van lewe van die siel ernstig genoeg aan hulle oordra nie, selfs al kan julle dit nie bewys nie, alhoewel die mens, as hy ernstig daaroor sal dink, innerlik oortuig kan word dat julle die waarheid praat, omdat Ek hulle sal help om die waarheid te herken, op voorwaarde dat hulle daarna sal soek en nie weier om na julle te luister nie. Die aardse lewe sal dan ‘n totaal ander betekenis vir die gelowige kry, want hy sien dit nie meer as die doel nie, maar slegs as middel tot die doel en sal hom verwyt oor sy manier van lewe wat hy gevolglik sal prober verbeter, afhangende van sy wilskrag. Sy geloof sal versterk raak sodra hy die suiwer waarheid ontvang, terwyl die dwaalleer hom sal vernietig en laat terugval in duisternis. Die waarheid moet gevolglik versprei word om die siele lewe toe te bring, omdat dwaling en leuens lei tot die siel se geestelike dood, maar nie die einde van die siel beteken ie, maar slegs totale swakheid en dus ‘n toestand van ernstige nood wat Ek graag sal wil voorkom vir die siel, deur My boodskappers te stuur om te help voordat dit te laat is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205