BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Innerlike stem 4313 Johannes 14:21: “Wie My gebooie ken en dit onderhou, dit is hy wat My liefhet. Wie My egter liefhet, hom sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar”. Die mees verhewe oomblik vir die mens in die aardse lewe is om die Woord hoorbaar te verneem, wanneer hy die uiting van My Liefde in sy hart hoor as ‘n gesproke woord. Want dan is My nabyheid as ‘n stroom van lig merkbaar, wat die hart vervul en ook deur die mens se bewussyn verneem kan word. In welke rypheid van siel die mens homself dan bevind, beïnvloed die aard van die klank van die innerlike stem. Hy kan homself onbesorg aan die salige gevoel oorgee wanneer sy siel reeds vêr gevorderd is, soos wat hy egter ook nog met innerlike hindernisse te kampe kan hê as hy homself nog in ‘n laer graad van volmaaktheid bevind. Tog moes hy reeds ‘n bepaalde geestelike volmaaktheid verkry het, anders sou hy nimmer die genade van die hoorbare Woord kon ontvang het nie. Dit is dus ‘n proses van oordrag van lig en krag in direkte vorm. Die mens staan so innig met My in verbinding, dat Ek My teenoor hom kan uiter en deur hom verstaan word, wat by onvolmaakte siele nooit die geval sal wees nie. Ek moet egter steeds die krag van My Liefde inhou, indien die mens geskik wil bly vir die aardse lewe en nie deur ‘n oorweldigende saligheid alle aardse verbinding verloor nie. Daarom sal Ek My steeds maar vir kort oomblikke hoorbaar uiter, totdat die aardse bestaan beëindig is van hom met wie Ek so digby in verbinding gestaan het, dat Ek hom waardig geag het om My stem te hoor. In die eindtyd egter, het Ek dienaars op die aarde nodig wat baie ywerig vir My sal werk, en hulle ywer sal Ek beloon deurdat Ek My op so ‘n wyse aan hulle sal openbaar, dat hulle geen twyfel meer in hulle hart sal kan koester nie, omdat hulle getrou aan My sal wees, omdat hulle sal glo sonder om te sien en in die geloof arbei vir My. Ek wil hulle aanspoor tot steeds yweriger aktiwiteite, maar kan My egter dan eers hoorbaar uiter as hulle geloof reeds so ‘n standvastigheid bereik het, dat hulle onvoorwaardelik aan My werksaamheid sal glo, dat hulle die stem van die Gees reeds tevore verneem het en as My stem herken, want nooit mag die innerlike stem ‘n geloofsdwang vir hulle beteken nie. Dit is die bekroning van ‘n sterk geloof en vir die aardse lewe die begeerlikste, omdat dit die mens onuitspreeklik gelukkig maak en die gedagte daaraan hom ongevoelig kan maak vir aardse lyding en nood. Sy geluksaligheid, sy oortuigde geloof, versterk ook die krag van die geloof van sy medemens, sodat sy arbeid onder die mense dus buitengewoon geseënd sal wees en hy elke taak wat hy begin, ook sal volbring. Wel kan sy medemens hom met vertwyfeling konfronteer. Wie egter My Woord hoorbaar in homself verneem, kan nie meer twyfel nie. Sodoende beloon Ek die liefde en trou van My dienaar, wat homself vir My beskikbaar sal stel en Ek gee hom op aarde reeds die geluk wat die wêreld hom nie kan bied nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205