BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Betekenis van die stem van die Gees - Naby aan die doel 4325 Julle hoor die stem van die Gees. Weet julle wat dit beteken? Dit beteken dat julle ontruk is van die las van die aardse bestaan as julle My Woord in ontvangs neem, hetsy direk of deur tussengangers, dat julle in kontak is met die geestelike wêreld wat buite alle materie staan. Weet julle dat julle al naby die doel is, dat julle die materie al byna oorwin het as My Woord julle hart binnedring en nie net maar by julle ore verbygaan nie? Weet julle dat My Woord 'n straal is vanuit die ligryk, wat julle sal mag binnegaan na die dood van julle liggame? Dat julle dus waardig bevind is om in die geesteryk te vertoef, terwyl julle liggame nog aan die aarde verbind is? Weet julle dat as julle My Woord ontvang, julle in verbinding met My staan, julle God en Vader van ewigheid, julle Skepper en Behouer? Dat die verbinding die einddoel is van elke mens en dat julle dus die einddoel al bereik het, as julle My Woord nie net met die verstand opneem nie, maar dit op julle hart laat inwerk? En julle mag julleself al op aarde onuitspreeklik gelukkig ag, want julle neem My uitstraling van Liefde tasbaar en sigbaar in ontvangs. Ek gee My Self aan julle, Ek gee julle My Vlees en My Bloed, soos wat Ek beloof het, Ek hou met julle Avondmaal, omdat julle My toegang verleen het, toe Ek aan die deur van julle harte geklop het. En so is julle dus My gaste wie Ek uitermate liefhet en wie vir My dierbaar is en aan wie Ek alles sal aanbied wat julle vreugde gee. Ek sal julle met geestelike goedere oorlaai, met skatte wat onverganklik is en wat julle sal mag saamneem na die ewigheid. Ek wil julle alles gee wat julle begeer, maar julle moet slegs begeer wat julle geestelik diensbaar is en julle gelukkig maak. Al My engele en ligwesens sal julle ter beskikking staan. Hulle sal julle opheldering gee indien julle dit verlang, julle kennis sal vermeerder en julle vrees sal verdwyn. Julle sal die bewustheid van 'n baie innige verbinding met My hê wanneer julle My Woord sal opneem, want My Woord bewys My Liefde vir julle. My Woord is die grootste genadegeskenk, want EK IS die Woord Wie onder julle vertoef. Julle neem dus nie net in ontvangs wat Ek Self tot uitdrukking bring nie, maar julle neem Myself op in julle harte, wanneer Ek tot julle spreek. Dan het Ek My intrek in julle geneem, soos wat Ek dit beloof het. Sal julle dan nog eensaam en verlate wees? Kan iemand op aarde My nabyheid vir julle vervang? En sal julle dan nog angstig en bedroef wees, of huiwerig en kleingelowig? Sorg slegs daarvoor dat elke Woord van My wortel in julle skiet, sodat dit kan lewe, dat julle dit nie net lees of hoor nie, maar dit diep in julle hart laat binnedring. Leef so dat Ek in julle werksaam kan wees, dat julle spoedig ook die klinkende Woord sal verneem, wat alle twyfel, alle bangheid laat verdwyn en julle gelukkig sal maak. Dan sal julle bereid wees om alles op te gee, dan sal julle geloof vas en onwrikbaar wees, dan kan alles op julle afkom, sonder om julle te laat wankel, want julle sal My voel, julle sal weet dat julle geborge is in My nabyheid en julle sal vol liefde vir My wees. My Woord is 'n geskenk van genade, waarvoor julle nie dankbaar genoeg kan wees nie. En julle moet julle dank aan My bewys deurdat julle dit sal uitdra in die wêreld, deurdat julle onvermoeid besig sal wees om dit te versprei. Deurdat julle jul medemens in kennis sal stel van My werke van Liefde in julle en deur julle in alle mense. Spreek, oral waar die geleentheid hom sal voordoen, want die mense het troos en hulp nodig in hul geestelike nood. Hulle het op hul weg ervare leiers nodig, wat julle vir hulle sal moet wees. Julle wat My Woord ontvang, regstreeks of deur tussenpersone, wees nie lui en onverskillig in die arbeid vir My en My ryk nie. Leef volgens My Woord, sodat julle werksaam kan wees in liefde en geestelik en aardse hulp verleen waar dit nodig is. Wees My medewerker en betuig My so julle dank vir My Liefde vir julle, wat in My Woord tot uitdrukking kom. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205