BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gemeenskap van die heiliges – Voorspraak 4328 Julle mense het buitengewoon baie hulp van die kant van die geestelike wêreld nodig, indien julle die laaste stryd op aarde wil oorleef. En hierdie hulp is altyd in oorvloed beskikbaar as julle maar net daarvoor sal vra. Om die rede behoort dit aan julle verduidelik te word watter sort hulp julle gegee sal word en hoe om daarvoor te vra. Daar bestaan, soos julle mense dit noem, “’n gemeenskap van heiliges”, wat julle help. Maar dit is nodig dat die begrip “heiliges” aan julle verduidelik word, indien julle in waarheid onderrig wil word en vry wil kom van verkeerde idees. Die ligwesens is die mense se mees getroue gidse en helpers wat altyd gereed is sodra hulle geroep word, maar hulle toewysing aan mense word deur God in Sy Wysheid bepaal, soos wat Hy, ooreenkomstig hul graad van volmaaktheid, ook die geestelike wesens met lig en krag vervul. Mense is egter nie in staat om ’n ander persoon se graad van volwassenheid te bepaal nie en het dus nie die reg of die bekwaamheid om hom tot heilige te verhef nie, want slegs God ken die aard van die siel wanneer sy, bevry deur die dood, die geestelike koninkryk betree. Slegs God ken die verhouding wat die persoon met Hom op aarde gehad het en tot watter mate hy in liefde opgetree het. Liefdeswerke is die beslissende factor en kon hom lig en krag in oorvloed gegee het terwyl hy nog op aarde was, wat hom in staat sou stel om buitengewone dinge op aarde te doen as hy sou wou, maar in die hiernamaals behou God die reg om volwasse siele te lei na die gebied van aktiwiteit wat ooreenkom met hul graad van volwassenheid. Hy ken aan hulle die werke in die geestelike koninkryk toe, net soos Hy bepaal watter soort hulp aan mense op aarde verleen moet word. Die ligwesens het ’n oorvloed van krag, vir hulle is alles moontlik, omdat hulle saam met God en Sy Wil werk en ook word hulle voortdurend deurstroom deur Sy Krag. Elke ligwese bevind hom egter ook geheel en al binne God se Wil, dus kan hy niks anders wil as God se Wil nie, aangesien hy reeds ’n eenheid met God tot stand gebring het en dus heeltemal opgeneem word in God se Wil. Aangesien hulle egter groot wysheid besit, besef hulle egter ook die dwaasheid van vele versoeke van die kant van die mense af en daarom moet hulle ook weier wanneer dit skadelik sou wees wees vir die siel van die vragende. Vir die ligwesens is die hulp wat hulle aan die mense verleen 'n toestand van diepe vreugde, om welke rede dit ook deur GOD toegelaat word dat die mense die ligwesens om bystand aanroep. Dit is egter nooit Sy Wil om bepaalde "heiliges" aan te roep nie, omdat hul werksaamheid en bestemming heeltemal anders kan wees as wat verwag is. En vanuit hierdie onkunde kan die mense ook wel `n wese aanroep wat nog ver weg van volmaaktheid is, aan wie hulle hulleself egter nou, deur die aanroep, uitlewer en kan nou ook met baie ongunstige gevolge beïnvloed word. Want die geroepenes verskyn en verdring mekaar dadelik in die nabyheid van die roepende en probeer om hul gedagtes op hom te dring, wat egter nie noodwendig ooreenkomstig die waarheid sal wees nie. Bowendien is die "heiligverklaring" vanaf die kant van die mense in die eerste plek afhanklik van 'n lewenswandel wat ooreenstem met 'n "kerklike gemeenskap". Daar word dus iets tot voorwaarde gemaak wat nooit deur GOD nie, maar slegs deur die kerk verlang word - en daaraan beantwoordend volg die heiligverklaring - wat egter nooit God se Wil kan wees nie. Dus hoef nie elkeen wat op so 'n manier heilig verklaar is, 'n ligwese te wees nie, terwyl daar andersyds vele ligwesens in die geestelike ryk is wie se lewenswandel wel voldoen aan die Wil van GOD - maar nie aan die vereistes wat deur die kerklike gemeenskap gestel word nie. In alle ligwesens is die Krag uit God teenwoordig wat hulle graag sal wil gebruik en daarom is hulle aan mense ter versorging toevertrou wie se volmaaktheid hulle wil en ook kan bevorder, indien die menslike wil egter nie daarteen gerig is nie. Die aanroep van hierdie wesens - deur God aangestel as hulp vir die mense - sal nooit sonder sukses bly nie. Terwyl die roeping van sekere wesens netsogoed ook skadelik kan wees, as daar hulp van hulle verwag word, wat hulle egter nie kan gee as hulle nog nie met God verbonde is nie. Verkeerd is egter ook die gedagte om van die ligwesens voorspraak te kan verkry, want die gebed is 'n smeekbede tot God - waardeur die verbinding met Hom tot stand gebring word en God verlang dat hierdie bede direk tot Hom gerig sal word - omdat hierdie smeekbede blyke gee dat die wil van die mens op God gerig is. Volgens menslike opvatting moet die ligwesens wat hulle al ten seerste met GOD verenig het, hierdie verbinding met Hom tot stand bring. In daardie geval sou die mens homself nie met GOD hoef te verbind nie, terwyl dit tog die doel en die betekenis van die aardse lewe is. Want die toevoer van krag raak eers moontlik deur die verbinding met God, waarsonder 'n rypwording van die siel nie kan plaasvind nie. Die krag kan egter nie sonder God se Wil deur die ligwesens aan die mense oorgedra word nie, omdat daar ook in die geestelike ryk wette bestaan waaraan haar bewoners hulle moet onderwerp in die besef dat dit deur die Liefde en Wysheid van God gegee is. Die ligwesens is in elk geval tot hulp bereid, maar hulle voeg hulle egter volgens die Wil van GOD. Dus moet die mens homself eers oopstel vir God se Wil om dan deur Hom voorsien te word, of direk, of deur die ligwesens, wat waarlik geen mens sonder hulp sal laat as die Wil van GOD dit goedkeur nie. Dus sal ’n aanroeping van die ligwesens om hulp nooit tevergeefs wees nie. Maar die vra vir voorspraak is nutteloos, omdat die kind in vol vertroue self na die Vader moet gaan, sodat die Liefde van die Vader Haarself heeltemal vir hom kan oopstel. Maar hierdie vertroulike verhouding word nooit tot stand gebring nie, indien die mens glo dat doel eweso bereik kan word deur voorbedes. GOD is 'n GOD van Liefde en HY wil nie dat die mense vrees het om na Hom toe te kom nie. Hy wil die VADER van Sy kinders wees, maar nie 'n streng regter en maghebber nie, wat mense nodig het om Hom goedgunstig te maak deur voorspraak nie. Maar 'n VADER gaan ’n mens vertroulik tegemoet. En hierdie vertroulikheid verlang GOD van Sy skepsels, omdat Hy hulle oneindig liefhet en Hy daarom ook elke bede van hulle sal vervul. AMEN.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205