BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Satan se versoekinge – God se beskerming 4344 Julle mag julle nie in die vangnette van satan laat vang, wat julle uit die hoogte probeer aftrek in die diepste afgrond nie. Hy verkry mag oor julle as julle hom nie weerstand bied deur 'n sterk wil, of deur 'n innige gebed tot My wanneer julle swak is nie. Hy kan niks teen julle vermag as julle dit nie toelaat nie, want Ek het hom die krag ontneem. Streef dus na ’n sterk wil deur Jesus Christus aan te roep, wat altyd julle wil, sal versterk indien julle daarna streef. Die doel van My teenstander is julle afval van My en 'n lewenswyse sonder liefde. Hy sal beide bereik as My Krag, My ondersteuning en My genade julle ontbreek. Julle het ’n reg op dit alles, maar nie teen julle wil nie. As julle wil dat Ek julle help en My Krag en genade oor julle uitgiet, dan sal julle in gebed moet vra wat julle ontbreek, en steeds wil Ek weer sê hoe julle moet bid: Vol deemoed en oorgawe aan My moet julle as kinders tot die Vader bid en gelowig vertrou dat Hy julle versoek sal toestaan. Dan sal die satan heeltemal uit julle gesigsveld verdwyn, dit wil sê: hy sal julle nie meer so in die noute bring nie, omdat julle deur beskermgeeste omring is, wie se ligsterkte vir hom ondraaglik is, en sy versoekings sal afneem. Maar julle sal egter tog op julle hoede moet wees, want hy sal weer kom en probeer om julle tot val te bring. Bied hom daarom geen swak plek nie, maak julle van hom los en vlug na My en Ek sal julle beskerm, want sy mag is gering as Ek as sy Teenstander optree en van My beskerming moet julle verseker wees. Die tyd van die einde bring vergrote gevaar, omdat hy nog eenmaal alle mag en krag ten volle sal gebruik om sy ryk te probeer vergroot. Versoekinge van allerlei aard sal op julle afkom, die wêreld sal vir julle bekoorlik wees. Julle liggame sal julle in versoeking bring en begeertes koester, waarvan die vervulling vir julle 'n gevaar sal wees, maar julle sal teen dit alles kan weerstand bied as julle by My bly, as die verlange van julle hart na My uitgaan en julle ernstig sal streef na die rypwording van julle siele. Dan sal julle altyd weer met My verbind. Julle sal My hoor wanneer Ek tot julle spreek en teenoor My woorde sal die satan waarlik nie kan standhou nie. Hy sal vlug as julle hom konfronteer met My Woord, as julle julself in tye van benoudheid en beproewing in My Woord verdiep en vir My werk, want My Woord is krag uit My wat hy verwerp en dit is julle krag. Met My hulp sal julle die satan altyd oorwin. Met My sal julle elke versoeking weerstaan en met My sal julle beslis julle bestemming bereik. Die tyd vlieg en elke dag is kosbaar. Benut dit daarom en werk vir My en My ryk. Slaan geen ag op aardse begeertes nie. Stel julle tevrede met wat Ek julle wil gee en Ek sal julle waarlik nie sleg beloon nie. Laat My teenstander egter geen mag oor julle kry nie, weerstaan hom en kom na My en Ek sal julle beloon vir julle trou en julle gee wat goed is vir liggaam en siel. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205