BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Eenwording met God - Skool van lyding 4352 Julle kan nie begryp hoe baie Ek verlang na eenwording met My skepsels nie, wat My dus motiveer om julle voortdurend ‘n skool te laat deurloop, wat volkomenheid van julle siele tot gevolg sal hê, want sonder ‘n bepaalde graad van volwassenheid, kan vereniging nie plaasvind nie. My Liefde is waarlik slegs bekommerd oor julle welstand, maar die feit dat Ek middele gebruik wat julle laat twyfel aan My Liefde, is weens julle eie wil, hoewel onbewustelik, want julle houding teenoor My ontlok hierdie gebruik, omdat julle julself nie skik volgens die wette van orde nie, wat die volwassenheid van jul siele sonder lyding sal bevorder, omdat julle nie die wette van liefde wil nakom nie, wat nie vermy sal kan word, as julle nie volledig wil ontwikkel nie. En dus sal My onderrigmetodes steeds verskerp, hoe verder julle julself van die liefde distansieer. Die tyd om te leer sal spoedig tot ’n einde kom en elke mens sal die eksamen moet aflê. Elkeen wat slaag, sal salig word in die eenwording met My, wie egter faal, sal ’n tweede skooltermyn onder veel erger voorwaardes moet deurloop, indien hy eendag die doel wil bereik. Ek sal nie My skepsels laat val nie en die uiteindelike vereniging moet en sal plaasvind, alhoewel dit nog ewige lang tye kan neem, weens die feit dat die mens self die tyd van sy verlossing bepaal, want hy moet vrywillig die eenwording met My aanvaar. Ek kan hom slegs bystaan, maar sal hom nooit dwing nie. Laat Ek julle vertel dat Ek al My skepsels liefhet en dat My Liefde nooit sal ophou nie, maar nogtans sal Ek My plan van ewigheid uitvoer, selfs al sal julle mense nie die liefde daarin kan ontdek nie. Dit is egter van belang vir jou, vir jou geestelike vooruitgang, dis van belang vir jou ewige lewe. Op die oomblik is julle, wat op aarde lewe, steeds geestelik dood, met uitsondering van ’n paar wat geestelik wedergebore is. Julle bespeur nog niks van enige lewe in julle nie en as julle aardse lewe nou in dieselfde toestand eindig, sal julle in ’n kragteloosheid verval wat vir julle die dood sal beteken. Julle sal julleself dan in uiterste duisternis bevind, totaal magteloos en sonder krag, maar bewus van die feit dat julle bestaan. Hierdie toestand is so kwellend dat My Liefde julle dit wil spaar en daarom probeer Ek om julle reeds op aarde tot lewe aan te spoor. Ek probeer om aan julle lig te gee, sodat julle uit vrye wil sal strewe na hierdie toestand van lewe. Alle hindernisse in julle lewe sal daartoe bydra, omdat julle werksaam sal word, en werksaamheid is lewe. Aardse aktiwiteit kom tot 'n einde die oomblik van liggaamlike dood, maar julle sal in die geesteryk aktief moet wees en daarom moes julle die skool van die gees geslaag het, wat ook ‘n skool van lyding vir meeste van julle moet wees, anders sal julle nie volledig volwasse kan word nie. Julle het egter My versekering dat Ek julle liefhet en dat elke gebeurtenis wat vir julle lyding veroorsaak, slegs op My Liefde gebaseer is. Ek wil julle opvoed om My kinders te word, omdat My Vaderlike liefde julle nie wil verloor nie en omdat dit My Wil is dat julle, as My skepsels, nie vêr van My af sal lewe nie, maar dat julle met My sal verenig en salig word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205