BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 219

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Leiding van God - Duiwels in die eindtyd 4354 Al julle wandelinge sal tevergeefs wees, indien julle My nie langs julle laat gaan nie, omdat Ek julle korrek sal lei en julle julleself dan nie op verkeerde weë sal begeef nie. Daar vind ‘n onafgebroke stryd vanaf die duiwels plaas vir julle siele en gevolglik staan hulle uitlokkend langs die weg, verleidelik probeer hulle om julle in ‘n ander rigting te laat gaan, sodat julle nie meer sal ag slaan op die ware weg nie en onbewustelik ‘n verkeerde weg sal gaan, wat julle vêr van die doel sal voer. Laat Ek langs julle gaan, dan durf die demone nie in julle omgewing kom nie, want die volheid van lig wat van My uitgaan, sal hulle verblind, hulle sal dan wyk en julle ongehinderd laat voortgaan. Onthou goed dat julle voortdurend deur kragte omgewe is, wat niks goeds met julle beplan nie, wat julle egter onder My beskerming nie hoef te vrees nie, want dan is hulle magteloos en is julle sterker as hulle. Gedurende die eindtyd woed hulle besonder heftig en hulle deins ook nie terug vir diegene wat na die geestelike strewe nie, want die lig wat van julle uitstraal, as julle die waarheid soek of versprei, prikkel hulle en maak hulle woedend, sodat hulle sal probeer om dit uit te doof en julle daarom erg in benoudheid sal bring. Met My is julle egter veilig, want Ek lei julle, sodat julle julle doel vry en vinnig sal bereik. Maar die weg is meer vermoeiend; dit is nie vlak en deur mooi gebiede omsoom wat julle oë streel nie, die aardse weg is ‘n moeisame pelgrimsweg en as hy lieflik is om te sien, loer die gevaar agter die skoonheid uit. Met My sal julle egter geen aandag skenk aan die moeite en ongemak nie, julle sal nie om julle heen kyk nie, veeleer alleen na bo, julle sal na vore kyk waar julle oog iets pragtig waarneem wat julle probeer bereik. En daarom mag julle julleself nie alleen op hierdie weg begewe nie, maar julle moet My voortdurend aanroep vir My leiding, julle moet steeds in My geselskap bly, dan sal die aardse weg maklik vir julle wees, die vyandige magte sal julle nie so in die benoudheid kan bring nie, ofskoon hulle steeds weer sal probeer om julle daartoe oor te haal om My agter te laat en alleen op die weg vêrder te gaan. Julle wil moet sterk wees en so bly, dan sal julle die oorwinnaar wees; julle wil moet uitgaan na My, dan sal Ek julle versterk en laat julle nie los wanneer julle in gevaar beland nie. Die stryd van die bose geeste vir julle siele sal toeneem, hoe meer dit na die einde gaan, maar julle sal ook vaster staan in die geloof in My en met weerstand teen elke versoeking optree. En die mag wat die vyand teenoor julle sal gebruik, sal steeds geringer wees, want steeds helderder sal die lig van My teenwoordigheid straal en steeds duideliker sal die duister magte bemerk dat die Heer van die skepping hulle tegemoet tree, Wie hulle nie kan dwing nie. Hulle sal julle vermy, hoe nader die einde kom, dan sal die krag van julle geloof so groot wees, dat niks julle meer in die war sal kan bring of ontrou laat nie, want dan sal julle weet dat Ek Self na julle toe sal kom, sigbaar en julle omhoog bring, soos wat Ek dit beloof het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205