BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 223

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gelykenis van die Goeie Herder 4630 Ek wil julle 'n gelykenis gee en julle moet daaruit leer hoe Ek My woord begryp wil hê: My kinders op aarde lyk soos 'n kudde verstrooide skape, wat deur die bose wil van 'n vyand uit die gesigsveld van die herder gejaag en in alle rigtings verstrooi is. En nou gaan die herder, omdat Hy sy eie skape liefhet, na hulle op soek. Hy soek hulle in die mees verborge uithoeke en klim op die berge, daal af in bergklowe. Hy roep en lok en rus nie voordat hy sy kudde weer bymekaar het nie. Hy help die skapies wat te hoog geklim het en net nie meer kan terugkom nie. Hy gaan op ver paaie waar hulle al te ver weg gegaan het. Hy neem die moeë skapies op sy skouers en dra hulle terug. Hy laat geeneen aan sy lot oor, aan sy vyand, sodat hy die skape nie van hom sal wegskeur en by sy eie kudde voeg nie, want hy ken sy skape en sy skape ken hom en volg sy stem. Die hart van die goeie herder jubel as hy al sy skape weer gevind het, as sy stal sy voltallige kudde bevat, dus elke skapie wat verlore was, die pad weer na huis gevind het. Julle almal is My skape. Julle behoort tot My kudde. My skape het egter bewegingsvryheid en kan daarom ook verdwaal as hulle op 'n ander doel afstuur as op My. Die vyandige herder is My teenstander, wat probeer om julle van My af te rokkel, en hy sal ook dikwels slaag. My skape dwaal van die pad af waar Ek met My kudde wandel. Hulle poog om die hoogtes te klim. Julle mense soek eer en rykdom en om dit te vind, wyk julle van die pad af. Julle val in klowe en afgronde. Die sondes en begeertes van die wêreld vang julle vas. Julle sink stap vir stap in die diepte en kan dankbaar wees wanneer julle aan heinings en kreupelhout bly hang; wanneer daar nog bedenkinge in julle opkom wat julle nie van julle kan afskud nie en so nog van ‘n diepe val bewaar bly, totdat jul Redder sal kom. Ander wei weer op vreemde bodem. Hulle verdwaal en vind nie weer die pad terug na hul stal nie. Hulle is die mense wat gedagteloos deur die aardse lewe gaan, wat wins maak uit dade wat nie ooreenstem met My Wil nie, maar wat vir hulle groot aardse voordeel lewer. Hulle glo nie dat hulle sleg is nie, hulle is besluiteloos, nie vír of téén My nie. Hulle gaan deur die aardse dal sonder om te dink aan hul taak op aarde. Hulle moet skrikgemaak en teruggejaag word, sodat hulle weer in My arms kan vlug, na My, wat as goeie Herder te alle tye bereid is om hulle terug te neem. Ek moet oral na My skape soek wat verlore was. My roep moet oral gehoor word en daarom moet My Stem telkens weerklink. Ek moet steeds weer in die Woord tot die mense kom en hulle roep na die Vaderhuis. My Woord is die roep van die goeie Herder. My Woord word in liefde na die mense gestuur. My Woord dring deur tot in alle hoeke, waar dit maar ingang kan vind in die harte van mense. Wie nie aan My roep gehoor gee nie, sal al meer verdwaal of steeds dieper wegsink. En tog sal die Arm van die goeie Herder hom eens bereik, al mag daar nog lang tye verloop. Eens sal die mens wat My lank weerstaan het, ook eendag na My terugkeer. Eens sal hy moeg word van sy dwaalweë en toelaat dat Ek hom op My skouers sal tel. Eens sal hy ook gewillig die goeie Herder volg. Die klank van Sy Stem sal hom lok. Hy sal dit herken as die Stem van die Vader en My volg. En Ek sal hom lei na die Vaderhuis en vir hom 'n maaltyd berei uit vreugde, omdat Ek weer gevind wat verlore was. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205