BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Nuwe aarde - Skeppings - Die paradys 4369 Die nuwe aarde sal weer gevorm word in ooreenstemming met die oneindige liefde van God en Sy onoortrefbare Wysheid. Alle skeppings sal weer draers wees van die gees wat hul onderbreekte ontwikkelingsgang nou kan voortsit en dit ook tot die vinnigste beëindiging kan bring, want die materie sal 'n korter bestaansduur hê. D.w.s.: sy is ook in voortdurende verandering. Die ontstaan en vergaan wissel in ’n korter tyd en gevolglik kan die gees baie vinnig die vorm verlaat en die volgende vorm betrek. Weereens is dit die taak van elke afsonderlike skeppingswerk om die instandhouding van ander skeppings te dien. Die mense van die nuwe aarde sal, met ‘n oorgrote wil om lief te hê, onophoudelik besig wees en gevolglik ook alle skeppingswerke nodig hê, sodat dié hulle dienende taak geheel en al kan vervul. Verder sal die materie as sodanig ook geen groot weerstandsvermoë besit nie, uitgesonder die harde materie van die basisskepping wat - omdat dit die God-weerspannige gees bevat wat veroordeel is tot die hernude kluistering - 'n byna onvernietigbare massa is wat weer eindelose tyd nodig sal hê om op te los, indien God nie in sy groot barmhartigheid, die proses om vry te word, versnel volgens 'n wyse opset om hierdie geestelike te verlos nie. Op die nuwe aarde kan die gees se verandering van vorm vinniger gebeur, omdat die mense al 'n graad van volwassenheid sal hê, waarby ook die nog gebonde gees in die diere- en plantewêreld hulself vrywillig aan die mens sal onderwerp. Dit sal die liefde van die mense voel en sal daarom baie makliker hul weerstand opgee. Dit sal hulle vrywillig dien - al is dit ook onder die wet van verpligting - en gaan daarom ook vinniger opwaarts, en so raak die materie op die nuwe aarde ook vinniger verganklik. Dit wil sê: die ontstaan en vergaan van steeds nuwe skeppings volg mekaar vinnig op, maar daarom is alle skeppings ook besonder bekoorlik om te aanskou en hulle sal die mense gelukkig maak in hul veelsydigheid en vorms wat die oog sal verbly. Wie die ou aarde bewoon het en op die dag van die oordeel by hulle was wat opgeneem is, sal hom nie genoeg kan verbaas oor die afwisseling en die heerlikhede van die nuwe aarde nie. Dit sal vir hulle 'n ware paradys wees, omdat slegs goeie kragte aan die werk sal wees en alle beïnvloeding deur kragte wat van God afgewend is, onmoontlik sal wees. Hierdie mense sal die wonders van God in hul volle omvang die beste kan besef en waardeer, want hulle sal die ou aarde met al die goeie en slegte nog in hul geheue hê. Die volgende geslagte sal maar net hoor van die ou aarde en hoe verder die tyd vorder, des te meer vanselfsprekend sal hulle die skeppings van die nuwe aarde beskou. En dus sal die liefde vir God ook verflou, alhoewel daar 'n lang tyd sal verbygaan waarin die nuwe aarde nog 'n paradys genoem kan word, waar liefde onder die mense sal heers en God Self onder Syne sal vertoef. Om hierdie tyd mee te maak sal ook waarlik die moeilikste lewe op aarde werd wees, want God het Self vir die mense grense gestel. Hy sal sy stam op Homself gerig hou en tot aan die einde van hierdie aarde getrou lei deur leed en nood heen. En Hy sal die tyd verkort, sodat Syne geluksalig kan word. Alles sal egter vergeet word deur die bewoners van die nuwe aarde, want die geluksaligheid weeg duisendvoudig op teen die tyd van rampspoed. En steeds weer moet die aanmaning aan die mense gebring word: Hou vol en bly God getrou, Hy sal julle ewig beloon en Sy Liefde sal julle krag gee wanneer julle dit nodig sal hê. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205