BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Aankondiging van die katastrofe (die onrus van mens en dier) 4371 'n Groot onrus sal homself van die mense meester maak, kort voordat Ek Myself deur die natuur sal openbaar, want die gebeure sal homself aankondig op 'n manier wat mense en diere senuweeagtig sal maak en hulle innerlik laat voel dat daar iets in die natuur gaan gebeur. Die gedrag van die diere sal veral opvallend wees, hulle sal poog om te vlug in 'n sekere rigting en skielik weer terugkeer, asof deur `n onsigbare mag gedryf. Hierdie gedrag sal ook 'n angswekkende uitwerking op die mense hê, wat daardeur sal besef dat daar iets aan’t kom is wat hulle nie sal kan teëhou nie. En so sal alles dan in bange afwagting wees vir dit wat aan’t kom is, en hierdie tyd moet julle, My dienaars op aarde, ywerig benut. Daar sal nog maar 'n kort tyd van genade oor wees waarin julle woorde nog gehoor sal word, omdat die mense vir hulself 'n verklaring sal soek vir die ongewone gevoel van mens en dier. Vestig dan hulle aandag op My Woord, berei hulle voor op My verskyning en verwys hulle na My, dat hulle hul toevlug kan neem na My as die uur gekom het waarin Ek My sal openbaar. Verbind julle dan ook in gedagtes met My, sodat julle sterk kan wees en 'n steun kan wees vir hulle wat ongelowig of swak van geloof is. Julle sal julleself moet bewys, en julle sal dit ook kan doen as julle al vooraf tot My geroep het in die ure van die grootste nood. Ek vestig vooraf jul aandag op die voortekens, Ek sal julle geleentheid gee om jul omgewing gade te slaan en julle sal sien dat alles so sal gebeur soos wat Ek dit vir julle voorspel het, dat daar 'n beklemming en onrus op die mense sal wees, waarvan julle die oorsaak ken, en dus ook met sukses sal kan praat waar dit nodig is. Julle sal weer ondervind dat die mense wat in liefde leef, julle sal glo, terwyl die liefdelose mense wel na julle sal luister, maar dit nie nuttig gebruik nie. Totdat die oomblik sal aanbreek wanneer Ek My Stem van bo sal laat weerklink. En dit sal rasend en bruisend wees, waarby niemand meer aandag sal gee aan ander nie, maar slegs oor sy eie lewe bekommerd sal wees. Almal sal probeer om te vlug en uit alle rigtings dieselfde donderslae en dawering hoor en afhangende van hul houding teenoor My, sal hulle beïnvloed word deur die gebeurtenis. Hulle sal bly lewe of deur die natuurkatastrofe weggeruk word, soos wat My Wysheid dit voorsien en bepaal het sedert ewigheid. En ofskoon dit skynbaar rustig is en daar nog geen herkenbare voortekens is nie, moet julle nie dink dat julle veilig is nie, want die dag van die natuurgebeure sal onherroeplik aanbreek en die twyfelaars sal in staat wees om dit self te sien, as hulle nog tyd sal hê om daaroor na te dink. Ek het deur My Gees gespreek en dit bekendgemaak, en Ek sal spreek deur die natuur met 'n Stem wat deur almal gehoor sal kan word. Enigeen wat nie die eerste stem geglo het nie, sal My Stem van bo moet hoor. Selfs dan staan dit hom vry om dit as net 'n spel van die natuur te sien, of aan My voorspellings te dink en te glo dat Ek Myself aan julle wil openbaar sodat julle, wat die Stem van die Gees nie wil erken nie, My sal moet hoor. Salig is hy wie sy lewe nog sal behou, want hy sal nog ‘n kort tydjie van genade tot sy beskikking hê, wat hy sal kan benut om op te maak vir wat hy tot dusvêr versuim het, naamlik om hom ernstig voor te berei op die einde, wat kort na die natuurgebeure sal volg. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205