BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Om God aan te roep om hulp, is in die eindtyd noodsaaklik 3703 Julle sal My voortaan altyd om hulp moet vra in aardse sowel as geestelike nood, indien julle nie wil swig in julle stryd tot oorlewing nie. Julle kan wel oorwin sonder om My om hulp te vra, maar in daardie geval is julle reeds onder die invloed van My teenstander wat aan julle krag sal gee om te oorwin, maar julle siele as betaling sal opeis. Om met daardie krag versterk te wees, sal julle in die toekoms geweldige skade berokken deurdat julle julself sal verloor in die koninkryk van duisternis, vir ‘n ewigheid. Julle ruil ‘n kort tydjie van krag in vir ‘n ewigheid van kragteloosheid, waartydens julle geweldig sal ly a.g.v. julle nalatigheid om My nie om hulp te gevra het nie. Die komende tyd sal slegs met My hulp verduur kan word, met krag van My af, en dus sonder gevaar vir jul siele, maar dit is julle besluit of julle My om hulp wil vra. Die ernstige ontbering behoort julle aan te spoor, maar Ek sal julle nie verplig nie, deur ontbering wil Ek julle slegs aanmoedig om met My in kontak te kom, anders kan Ek julle nie van krag voorsien nie. Die lewe sal moeilik en pynlik wees vir elkeen wat My nie in die hart dra nie. Julle sal egter verligting vind wanneer julle na My draai vir hulp, My Liefde sal julle help om uit te hou, dit sal elkeen help wat getrou op My vertrou, want die ernstige nood is veronderstel om die mensdom tot hul eie voordeel te affekteer, as laaste uitweg om hulle vir My en My Koninkryk te wen. Ek wil hul harte ontvanklik maak vir My Woord, en so sal Ek d.m.v. ernstige nood My doel bereik nl. dat hulle honger sal wees vir ‘n Woord van troos, vir ‘n verduideliking van hul teenspoed en dat hulle dan My Woord ernstig in hul harte sal oorweeg en My met goeie wil, sal kan herken, want daar is baie misleide siele wat van die regte weg afgedwaal het, wat teruggelei sal word deur My Woord, wat die volle Waarheid aan hulle sal openbaar. Alhoewel die lyding ook baie harte vir My Woord sal sluit, wat nie weer deur dwang geopen sal kan word nie, sal die een geseënd wees wat uithou, sonder om hulp te soek by My teenstander deur liefdeloosheid teenoor ander, bose gedagtes en spraak, omdat hy so iemand oënskynlik help en op alle maniere ondersteuning bied met die doel om hom geheel en al vir homself te wen. Moenie probeer om jou aardse lewe te verbeter met hernude liefdeloosheid nie, aanvaar jou lot geduldig en met nederigheid, en kom na My toe, want Ek sal altyd help indien jy maar net My hulp sal vra, indien jy maar net die weg na My kan vind, jou nederig voor My neerbuig en jouself op My genade beroep. Ek sal nooit iemand wat opreg daarna vra, sonder hulp wegstuur nie, julle sal almal hierdie vertroue moet bekom indien die ernstige nood vir julle houdbaar moet wees. Julle kan altyd van My Liefdevolle versorging verseker wees indien julle julself aan My oorgee, wanneer julle My sal erken en My nie uit jul gedagtes uitsluit nie. Enigiemand wat My egter misken, sal in ernstige sielkundige moeilikheid wees wat net deur sy eie wil verlig sal kan word. Die tyd is min, en dit sal al meer herkenbaar word as die eindtyd, omdat Satan sigbaar werk, hy dryf mense tot aksies van die mees blatante wreedheid, wat altyd aardse nood en pyn tot gevolg het, en hy vergiftig mense se gedagtes waar hy nie teenstand ondervind van ‘n wil wat na My gekeer is nie. Mense behoort versigtig te wees, want die laaste toets van die aardse lewe moet nou gewen word; hulle oë behoort oop te wees vir die tekens van die tye, vir die gedrag van mense wat herkenbaar vanuit die koninkryk van die duister regeer word, en ook bedagsaam wees vir die werk van Bo, hulle behoort te luister na die boodskappers van My Woord wat omvattende verduideliking kan gee oor die betekenis en doel van die finale ernstige ontberings en die ewige plan van Verlossing, wat sal moet plaasvind soos wat dit beplan is, en My Wysheid dit van ewigheid af gepas geag het. Hulle behoort aandag te skenk aan die waarskuwings en aanmanings. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205