BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 232

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Avondmaal- Geestelike betekenis – Vlees en Bloed 4379 Die voortdurende verlange na spyse aan die tafel van die Heer, verseker julle van Sy liefde. En so nooi Ek julle steeds weer uit om die Avondmaal saam met My te gebruik, so dikwels as wat julle dit maar wil. My tafel staan altyd gedek vir elkeen wat honger en dors is en verfris wil word met die brood van die lewe, met die manna wat uit hemel kom. En elke spysiging aan My tafel is gemeenskap, dit is die eenwording met My, waarsonder die aanbieding van My vlees en My bloed, - My Woord en sy krag-, nie kan plaasvind nie. Julle wat dus My Woord ontvang - regstreeks of deur My boodskappers aan julle gestuur, julle hou gemeenskap wanneer julle begeer om My Woord in julle harte op te neem. Dan sal My Gees verenig met die geesvonk in julle, dan sal die huwelik plaasvind, die eenwording, die geestelike gemeenskap. Dan deel Ek Self die brood van die hemel uit. Ek gee julle spys en drank, Ek hou Avondmaal met julle. Julle sal dieselfde gebeurtenis as My dissipels meemaak, vir wie Ek die brood gebreek en die wyn aangebied het met die Woorde: “Neem eet, dit is My liggaam, neem en drink hiervan, dit is My bloed.” Begryp julle nou welke betekenis Ek in hierdie Woorde geplaas het? Hoe onuitspreeklik belangrik dit is dat julle die Avondmaal aan My tafel tot julle sal neem. Want My vlees en My bloed gee jou die krag om die ewige lewe te bereik. Jy moet gespysig word met voedsel vir jou siel, sodat jou siel ryp kan word, sodat sy die ewige lewe verseker kan behaal. Sy moet aanhoudend krag ontvang, wat sy slegs regstreeks van My kan ontvang en wat Ek haar te alle tye sal verskaf, as sy haarself met My sal verenig. Dan breek Ek die brood en reik dit vir haar aan. En wanneer sy dus My vlees (My Woord) eet, word sy deurstroom met krag (die bloed), waarmee Ek My Woord geseën het. Niemand wat na voedsel vir sy siel verlang, wat My gas wil wees, sal ooit nodig hê om honger te wees of gebrek te ly nie. Ek sal Self na hom toe kom en hom uitnooi. Ek staan voor sy deur en klop, en as hy vir My oopmaak, sal Ek binnegaan en met hom Avondmaal hou. Ek sal hom aan My tafel spysig en hy sal waarlik versadig word en nooit nodig hê om gebrek te ly nie. En so moet alles wat Ek op aarde gespreek het, geestelik verstaan word. Ek het My dissipels onderrig en hulle het My begryp en My Woord die wêreld ingedra. En omdat die mense korrek onderrig was, het hulle My wil begryp. En hulle het geleef volgens My wil, volgens My Woord, vanuit die volste insig. En so was My kerk, die gemeente van gelowiges, in die begin heeltemal volgens My wil opgebou. Maar dit was nie meer toereikend vir die oorywerige aanhangers van My woord nie. Hulle wou teenoor die wêreld op die voorgrond tree. En so word gebeure toe, wat slegs die siel moes betref, sigbaar vir die medemens voorgestel. En daar word ’n uiterlike handelinge daaraan vasgeknoop, wat in die begin nie te veroordeel was nie, omdat hulle deur die gees gedra was, omdat die mense My wil en die vervulling daarvan ernstig opgeneem het. Maar die mense het verander en saam met hulle ook die wese van My kerk. Wat ten diepste 'n innerlike belewenis moes wees, het toe 'n uiterlikheid geword. Die uiterlike handelinge was op die voorgrond geplaas en die diep geestelike sin het verlore gegaan, totdat die eenvoudige gebeurtenis van die geestelike gemeenskap, die eenwording met My en die regstreekse ontvangs van My woord nie meer deur die mense verstaan was nie, sodat hulle nou 'n regstreekse oordrag van My woord nie meer as moontlik beskou het nie, alhoewel Ek hulle self duidelik en verstaanbaar My regstreekse werksaamheid deur die gees belowe het; ofskoon Ek Self - die vleesgeworde Woord - gewys het op die spysiging met die brood van die lewe, met die manna wat uit die hemel kom. Die mense verstaan nie meer die eenvoudige betekenis van My woord nie en wil ook in hul blindheid nie die eenvoudige verklaring aanneem nie. Maar wie wil hoor en verstaan, sal insien. En die waarheid sal hom oortuig. Hy sal daarna streef, selfs om die verbinding met My tot stand te bring. Hy sal My gas wees en Ek sal met hom die Avondmaal hou en hy met My. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205