BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Krag van gebed 4389 Die krag van gebed word te min benut, omdat julle mense nie vasstaan in die werklike geloof nie en julle dit daarom te min kan toets. Julle sal alles kan vra en ook alles bereik, as julle glo, as julle sonder twyfel julle versoeke aan My voorlê en julle vol vertroue sou wag op die vervulling daarvan. Gebed is die brug na My, wat Ek Self vir julle gebou het en wat julle altyd mag betree om by My uit te kom. ‘n Ware gebed, 'n gebed in Gees en in Waarheid, sal steeds ’n oor vind en nie sonder resultaat wees nie. Die sterkte van julle geloof waarborg julle ook gewisse vervulling. Gevolglik hang die vervulling van julle versoeke nie van My Wil af nie, maar slegs van die sterkte van julle geloof en dus bepaal julle self in watter mate julle gebed verhoor word. Ek sê weer vir julle, dat julle met alle versoeke na My toe moet kom en dan sal julle waarlik 'n heelwat makliker bestaan op aarde hê, as julle die krag van gebed beter benut. As julle egter bid sonder om na te dink, soos julle dikwels geleer is, dan sal julle bly bid en tevergeefs op die vervulling van julle versoeke wag. Dan bereik julle gebed nie My Oor nie want dit is nie ‘n ware gebed nie. Want die krag van geloof ontbreek. Dan kan Ek nie werk met My Mag nie, want Ek het julle die regte geloof geleer: Ek het dit tot voorwaarde gemaak, indien julle gebede verhoor moet word. Ek kan julle nie van hierdie voorwaarde onthef nie. Ek verlang geloof in My en My werksaamheid, anders sal Ek ontrou wees aan My Wet van ewigheid, omdat Ek dan nie van die krag van geloof kan gebruik maak nie. Julle sal alles kan bereik en hoef dit maar net te beproef, maar eers moet julle ‘n diepe geloof jul eie maak. Julle sal van binne af so oortuig daarvan moet wees, dat julle nooit 'n vergeefse versoek kan rig wat Ek nie kan en wil vervul nie. Ek sal vir julle elke aardse versoek vervul, as julle op die regte manier bid, naamlik in geloof wat Ek aan verleen, wat die siel nie tot skade strek nie en waarvan julle heeltemal oortuig is dat Ek julle slegs sal gee wat vir julle bruikbaar is, omdat Ek julle liefhet. Dus sal julle ook daarvan moet kan afsien indien My Liefde iets van julle sal weerhou. Hierdie gesindheid moet ook in ‘n ware gebed teenwoordig wees, dan is julle gebed reg en sal julle altyd op die beantwoording van julle versoeke kan reken, omdat Ek julle die belofte Self gegee het: “Vra en vir julle sal gegee word, klop en vir julle sal oopgemaak word”. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205