BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 239

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die Vaderliefde is onveranderlik - Volheid van genade 4399 Julle bevind julle in ’n oorvloed van genade, solank julle My Woord direk van My af ontvang. Julle sal hierdie genade nie na waarde kan skat nie, want as mens het julle nie die regte begrip van die oneindige liefde wat in hierdie gawe tot uitdrukking kom nie. Julle sal op aarde ook nie teen die mate van My Liefde kon staan nie, indien julle in staat sou wees om die diepte daarvan te meet. Ek spreek met julle. Ek voltrek 'n wonderwerk in julle, 'n openlike openbaring van My Liefde, Almag en Wysheid wat ook vir die medemens herkenbaar is. Julle mense wat deur aardse materie omgewe is, wat oor die algemeen maar net materiële dinge kan verstaan, julle sal tweespraak kan hou met die grootste Gees in die oneindigheid. Julle sal onderrig in ontvangs kan neem, wat in julle sal bly, ook wanneer julle weer heeltemal in die materiële wêreld is. Dit het dan julle eiendom geword. Dit is geestelike skatte, wat nooit vergaan nie. Wanneer julle My Woord ontvang, omvou die trouste Vaderliefde julle. Sy buig Haarself oor julle, Sy skenk Haarself aan julle en maak julle onuitspreeklik ryk. Om My Liefde te besit, is vir My skepsels die mees waardevolle om na te streef, ofskoon hulle dit as mens nie kan verstaan nie. Julle luister na My en dus is Ek by julle teenwoordig. En wanneer Ek by julle is, sal julle alles met My kan bereik. Ek hoor elke versoek, elke roep en Ek sal julle niks weier nie, omdat Ek julle liefhet en aan julle hierdie liefde bewys, deurdat Ek met julle spreek, deurdat Ek Self in die Woord by julle is. Waar is daar 'n vader wat sy kinders liefhet en nie hul versoeke vervul nie? Waar is daar 'n kind wat nie gelukkig is in die nabyheid van sy vader, wie se liefde hy besit? Die hele volheid van genade sal Ek oor My kinders uitstort, wanneer hulle My aanhoor en woorde van liefde van My wil ontvang. Ek wyk nie van julle nie. Ek bly voortdurend in julle nabyheid, want My kinders gee Ek nie op nie. Inteendeel, Ek streef na ’n steeds meer innige verbinding, totdat hulle vir ewig onafskeidbaar met My verenig sal wees. Die geluk van die Liefde is vreemd vir julle, want julle sou dit nie op aarde kon verdra nie. Maar een ding wil Ek vir julle sê, dat daar niks meer geluksalig bestaan as 'n beantwoorde liefde nie. 'n Liefde wat haarself weggee, wat iemand iets ontsê nie en wat na innige eenwording streef. Hierdie Liefde skenk Ek aan julle, en ofskoon julle Haar nog nie ervaar het nie, sal julle Haar tog besit wanneer julle My Woord ontvang, wanneer julle opmerksaam sal luister na wat Ek deur die Stem van die Gees tot julle spreek. Dan omhels die Liefde van die Vader julle en sal julle nooit verlaat nie, want julle het uit My Liefde voortgekom en My Liefde vir julle sal in ewigheid nie minder word nie. Sy sal nie omval nie, Sy sal onveranderlik bly, soos wat Sy in die allereerste begin was en Wie nou uitgaan na julle, tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205