BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 243

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Werk aan die siel - Ernstige aansporing 4419 ‘n Ryk skat staan julle ter beskikking, waaraan die mense egter onverskillig verbygaan. Elke verwysing daarna word wel aangehoor, maar maak geen indruk by julle nie. Van alle kante ontvang julle kennis oor ‘n toekomstige lewensverandering, maar julle glo dit nie en die tyd wat nog as ‘n laaste tyd van genade beskou kan word, gaan verby. Julle mense benut nie hierdie kennis nie, julle let nie op na My Stem wat julle oor op verskeie maniere bereik nie. En so word Ek genoodsaak om Haar so hard te laat weerklink, dat julle Haar wel sal moet hoor, ofskoon julle ook dan nog nie daardeur gedwonge word om daarop ag te slaan nie, want julle het ’n vrye wil. Die tyd van die einde het egter aangebreek omdat die mense nie meer gewillig is om te verander nie, in weerwil van hulle vermoë om te kan verander. Hulle lewe heeltemal sonder geloof, hulle staan so vêr van My af dat hulle sonder enige geestelike toevoer van krag is en dus geen geestelike vooruitgang kan bereik nie. Hul aardse lewe het volkome doelloos geword, want hulle gebruik dit nie vir die ewigheid nie, inteendeel, dit het slegs vir hulleself ‘n doel, dus in stryd met My ewige ordening. Daarom wil Ek ‘n einde hieraan maak, sodat die aarde weer nuut verrys, sodat die geestelike ontwikkeling van die mense wat hom dan sal bewoon, weer vêrder kan gaan en Ek weer onder My skepsele kan vertoef en op hulle die krag van My Liefde kan uitstraal, omdat hulle My sal liefhê en daarna sal strewe dat Ek by hulle teenwoordig moet wees. So het die laaste tyd vir hierdie aarde onherroeplik aangebreek, dit is ‘n uitermate ernstige tyd vir alle mense, want hulle dra ‘n enorme verantwoordelikheid, omdat dit lewe of dood bring, maar nie slegs vir die liggaam nie, veel eerder vir die siel wat ewig moet ly of ook geluksalig kan word. Julle mense moet na My Woord luister, neem dit ernstig op, berei julle voor, probeer om geloof te verwerf, deurdat julle met ernstige wil sal nadink oor dit wat julle deur My boodskappers verneem, bied geen weerstand wanneer julle gevra word om in die liefde werksaam te wees nie, want slegs dit bring julle redding, dit bring ‘n innerlike verandering tot stand en is die lewe van julle siele. Let op die nood om julle heen en gryp helpend in waar dit moontlik is, plaas die eieliefde opsy en gee die naaste, wat in dieselfde nood is as julle, meer aandag. Help hom en julle sal ook geholpe raak en daarin glo dat die einde naby is. Dan sal julle ook julle lewe beter benut, julle sal julle met gedagtes aan die dood en aan ‘n voortlewe van die siel besighou en julle lewenswandel sal vanself in goeie weë gelei word, omdat die verantwoordelikheidsgevoel dan in julle sal groei en julle sal streef na die verlossing van julle siele. Ek wil julle steeds maar net aanmaan, terwille van julleself, dat julle aan julle siele moet dink en aan haar welsyn meer aandag moet gee as aan die welsyn van die liggaam, waaraan Ek laat toekom wat nodig is, as julle maar sal reken op die lig, op die Waarheid en julle weg soek na My. Die tyd wat nog vir julle oorbly sal vinnig verbygaan, maar met ’n goeie wil sal julle nog onnoemlik baie kan bereik, omdat Ek elkeen help wat in My glo en probeer om My Wil te vervul. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205