BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Antichris - Brutale maatreëls 4429 ‘n Sigbare mag sal julle wat ‘n onsigbare Mag nie wil erken nie, regeer en sy sal julle uitlok tot ‘n laaste geloofstoets, want sy sal teen My stry en sal ook julle tot vyande van My wil maak. Daarom is al julle sterkte van geloof noodsaaklik om haar te weerstaan. Baie sal hulself buig onder die septer van die heerser wat aan hulle goue berge gaan beloof, maar hy sal egter daarvoor die prysgee van elke geloof en geestelike besit vereis. Hy sal die erkenning van sy mag en heerskappy eis en die ontkenning van Een God en Skepper van ewigheid, van ’n liefdevolle regverdige God wat die mens eens tot verantwoording sal roep vir hulle wil, denke en handeling. En so sal hy weer teenoor My staan en dit sal ‘n laaste geveg wees, wat van korte duur sal wees, maar moeilik vir die gelowiges, want hulle sal verdruk word op ‘n byna onmenslike wyse wat vir hulle die belydenis van Jesus Christus baie moeilik sal maak. Maar die kennis van die suiwer waarheid, My duidelike hulp en die hoop op My koms en die lewe in die paradys op die nuwe aarde, sal julle die krag gee om te volhard en elke stormloop vanaf die kant van ‘n wêreldlike mag te trotseer. Julle het My Woord dat Ek julle nie in nood sal verlaat nie en daarop kan julle rotsvas bou. Ek ken Myne en staan elkeen persoonlik by wanneer hy in My glo en homself slegs op My verlaat. Hy wat egter gaan kom, sal die mense verblind deur sy skerp verstand, deur sy omvangryke kennis en sy welwillendheid teenoor ander heersers. Almal sal aan hom die reg toeken om organisatories besig te raak, met as einddoel, om elke geloof en geestelike rigting te verdring. Hy sal poog om elke geestelike strewe voor te stel as ‘n verkeerde gebruik van lewenskrag, wat vir die opbou en verbetering van liggaamlike behoeftes aangewend moet word. Hy sal oral aanhangers vind wat hom sal erken en nou eweneens teen elke geestelike werksaamheid sal optree. Sodoende sal My dienaars op aarde moeilike tye verduur en eerstens sal die mense alle middele wat julle geestelike werk moontlik maak, van julle wil afneem. Vêrder sal julle ook persoonlik vervolg word en voor die wêreldse mag rekenskap moet gee van julle denke en handelinge. Vêrder sal julle ook in aardse nood gedompel word deur maatreëls wat vir die gelowiges bomate wreed en hardvogtig sal lyk en ook is, as Ek julle nie sigbaar sou bystaan en julle op geestelike wyse sou ondersteun nie. Julle sal My hulp duidelik bemerk. Julle sal ondervind dat Ek by julle sal wees en elke nood ken en julle ook daaruit sal help wanneer die regte tyd aangebreek het. Die Antichris sal kom en saam met hom alle tekens van die naderende einde, want sodra die geloofstryd begin, kan julle ook met sekerheid op die einde reken, wat ook nie lank op homself sal laat wag nie, omdat die geloofstryd op so ‘n harde en brutale wyse gevoer sal word, dat Ek Self sal moet kom om Myne te red uit die diepste verdrukking, om hulle uit te haal en te bring na die ryk van vrede. Dan sal die laaste oordeel egter ook aanbreek en die mag van My teenstander sal vir ‘n lang tyd gebreek word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205