BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die dissipel se bediening voor die einde 3705 As jy lering wil gee, moet jy My in jou hart dra, sodat Ek deur jou kan werk, sodat Ek die woorde in jou mond kan plaas en op hierdie manier sal jy altyd in My Naam spreek wat reg is. Daarom behoort jy nooit My Woord ter wille van aardse sukses te verkondig nie, in plaas daarvan moet die liefde in jou hart jou aanspoor om dit te doen, want Ek is Liefde, en as jy liefde het vir jou medemens en hulle graag sal wil help om te ontsnap van hulle geestelike nood, sal jy My ook in jou hê. Dan sal jou onderrig aktiwiteit geseënd wees en jy sal min of meer suksesvol wees, afhangende van jou medemens se bereidwilligheid om lief te hê. Weereens stuur Ek julle na die wêreld as My dissipels, ten einde die onderrig van liefde te versprei, want die mense se geestelike, sowel as aardse, geluk is afhanklik van die waarneming van en voldoening daaraan. Die gebod van die liefde moet dus uitdruklik verkondig word, daarom word daar vir My vasbeslote, getroue en heeltemal toegewyde dienaars op aarde benodig, wat voel dat hulle My dissipels is, wat wysheid van My aanvaar het, wat liefdevol aktief is en dus as My gereedskap op aarde kan werk. wat My Wil kan verkondig waar hulle voete hulle ookal neem. Hulle moet ander leer, m.a.w. die suiwer waarheid versprei, ander die seën en krag van liefde en geloof wys, die gevolge van die aardse lewe in die hiernamaals beskryf sodat hulle sal ontwaak en hulle geloof versterk in My daad van Verlossing en die nabye einde wat hul dringende aandag verg, verkondig. Hulle sal wys op die tekens en wonderwerke waardeur God in Sy liefde Hom voor die einde sal openbaar, ten einde mense se geloof te versterk en hulle ontvanklik te maak vir die krag vanuit My. Ek wil deur My dissipels werk en moet dus in staat wees om in hulle harte woning te neem. Gevolglik moet 'n kragtige liefde vir My en hul medemens hulle harte beweeg, hulle moet die geestelike nood voel en wil help, dan sal die harte deur liefde omvorm tot ontvanklike houers vir My gees. Ek sal dan in staat wees om in My dissipel se hart te woon en sonder enige hindernis te werk. Dan sal hy ander leer, wat Ek in sy hart en mond plaas, dus hoef jy nie te vrees dat jy nie in staat sal wees om jou taak korrek uit te voer nie, want as jy jou aan My oorgee, en aanbied om ‘n taak vir My op aarde te vervul wat uiters betekenisvol en dringend is, sal jy nie meer alleen werk nie, in plaas daarvan sal jy slegs vir My help om op aarde invloed uit te oefen deur jou wil. Jy sal die krag ontvang om altyd liefdevol aktief te wees en My sodoende toenemend meer opreg na jou toe trek. Dan kan Ek lering gee deur julle, My dissipels, wat Ek opgedra het aan hierdie onderrig bediening in verwesenliking van julle wil, net soos My lering op aarde. Ek sal julle beslis vooraf oplei vir hierdie onderrig bediening, omdat dit My Wil is dat julle heeltemal deurdronge moet wees van die kennis wat julle sal moet aanbied. Maar as jy onderrig gee, is Ek die Een wat sal spreek, Wie elke gedagte, elke Woord in jou tot lewe bring, Wie jou dus laat dink en praat volgens My wil, en ter wille van die ander mense, altyd in 'n natuurlike raamwerk, sodat hulle julle sal hoor as hulle My nie wil hoor nie, as hulle nie wil glo dat Ek My deur jou tot uitdrukking bring nie. In daardie geval sal hulle die woorde as jou verstandskennis aanvaar, en hulle sal nie oorreed word om dit te glo nie. Nogtans sal jy niks anders sê as wat My Wil jou toelaat nie, jy sal nie in staat wees om foute te versprei nie, omdat Ek, die Ewige Waarheid, jou daarteen sal beskerm, en so sal jy altyd en ewig aktief wees in My Naam, want daar is min tyd tot die einde, wat in alle opsigte gebruik moet word vir die geestelike welstand van diegene wat ly onder groot nood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205