BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 256

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Avondmaal 4465 En julle sal My gaste wees wat Ek nooi vir die Avondmaal. Ék sal julle versadig en julle dors les met heerlike voedsel vir die siel, Ek sal julle liggame vergeestelik sodat sy stowwe ook kan deelneem wanneer die siel verfris word, sodat dit vinniger volwasse word, want dit is moontlik met mense wat doelbewus strewe na My en My Woord wil hoor. Wees My gaste en kom gerus na My om saam met My aan My tafel Avondmaal te neem. Ek sal vir julle 'n ete van hemelse kos voorberei met heerlike manna wat julle van krag sal voorsien, en wat geestelike voedsel vir julle siele is. Ek sal julle niks weier wat julle begeer nie, Ek is altyd gereed vir julle en dek die tafel met heerlike kos, want Ek is lief vir julle, en as My gaste wil Ek julle voorsien van alles wat julle gelukkig maak. Julle moet egter graag wil kom en na My smag, julle moet My uitnodiging met ’n dankbare hart aanvaar en julle gereedhou vir 'n waardige ontvangs. Julle moet julself tot My eer as Gasheer versier, moenie buite staan nie, maar kom in My huis in en bely daardeur dat julle genooide gaste is met die reg om gevoed te word aan die tafel van die Heer, wat aan Hom behoort, wie Sy vriende is en wat Hy daarom behandel soos 'n goeie gasheer, deur sy vriende te onthaal en aan hulle die heerlikste geskenke gee, so dikwels as wat hulle dit wil ontvang. Enigiemand wat hom aan My tafel vul, sal nooit weer honger en dors ly nie en sal altyd na My terugkom, vol verlange en begeerte na My teenwoordigheid en die aanvaarding uit My hand wat My Liefde hom sal bied. Hy sal voortdurend verfrissing daaruit kry, in sy konstante gevoel van vervulde begeerte sal hy salig gelukkig wees en My onophoudelik begeer. So sal My Woord aanhoudend na hom vloei, die brood van die hemel, wat die ewige lewe vir hom sal waarborg. Kom na die tafel van die Heer, heerlike voedsel wag vir julle, neem die Avondmaal saam met My, laat Ek aan julle vlees en bloed gee, sodat julle gevul kan word met krag. Aanvaar My Woord en luister na My wanneer Ek met julle praat, herken My as die mees liefdevolle God en Vader van die ewigheid, as julle Vriend en Broer, en ontvang uit My hand wat My groter as groot Liefde julle bied. Almal van julle, kom na My tafel toe sodat Ek julle kan voorsien met die voedsel wat julle nodig het vir julle siele, sodat Ek al dié kan voed en verfris wat honger en dors na My Woord, vir My vlees en My bloed. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205