BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 257

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Krag van die Goddelike woord Teenmiddel vir leed 4468 My Liefde vir julle is onbegrens, daarom vervul Ek ook julle elke gebed, dog somtyds slegs op ’n manier wat julle nie direk as vervulling besef nie; julle word egter later bewus met welke sorg Ek aan julle gedink het. Die eindtyd bring nood en lyding van allerlei aard, want julle moet binne ‘n kort tydjie ryp word, omdat julle andersins nie die laaste moeilike beproewing sal kan deurstaan nie. Julle bly daarom in voortdurende bekommernis, maar julle moet steeds daaraan dink dat dit Ek is wat julle alles stuur of toelaat, dat Ek elke nood en droefenis ken, maar dat dit ook vir julle tot seën is. Daarom, vrees en kla nie, maar bly My in liefde toegedaan, soos ook My ewigdurende Liefde aan julle behoort en julle salig wil maak. Maar julle moet die mag van My Woord beproef en julle sal dan insien dat julle daarin ‘n werkende teenmiddel het vir alle leed, vir vrees en verdriet, want Ek het My Woord met My Krag geseën. Waarom maak julle nie gebruik daarvan nie? Waarom doen julle geen beroep op My Krag wanneer julle in die aardse stryd dreig om swak te word en moedeloos raak nie? Waarom gee julle jul nie oor aan Sy opwekkende uitwerking nie? Onafgebroke ontvang julle van My die bewys van My Liefde vir julle, julle bevind julleself te midde van ‘n groot genade en tog is julle so kleingelowig en wankelmoedig, so angstig en swak. Sou Ek iets beter vir julle kan aanbied wanneer julle in nood is, as My Woord, wat julle tot ewige saligheid lei? As julle egter geen aardse nood en sorge het nie, sou julle nie in staat gewees het om My Woord te hoor nie, want die wêreld sou julle gevange gehou het en julle ‘n innige verbintenis met My belet. Daarom, neem die probleme berustend op julle, sodat julle dan vergoeding uit My Woord kan ontvang, want in My Woord besit julle ‘n groot skat wat julle egter nog nie weet hoe om daarvoor te delf nie. Laat My voortdurend in die Woord tot julle spreek, neem julle toevlug tot My Woord. Verdiep julle in die uitdrukking van My Liefde vir julle, julle sal dan ‘n merkbare kragtoevoer bespeur sodat julle geen swakte, geen angs of moedeloosheid en geen twyfel meer sal voel nie. Julle sal dan in volle krag die aardse lewe bemeester en My loof en prys vanweë My Liefde en genade en julle sal dan energieke arbeiders vir My wees gedurende die laaste stryd op hierdie aarde. Ek sal julle begeertes seën indien julle bereid is om My te dien, laat julle wil egter ook werksaam word deurdat julle ook sal doen wat Ek van julle verlang. Steeds weer vermaan Ek julle om My Woord in julle op te neem, omdat Ek aan julle die krag van My Woord wil gee, omdat Ek julle wil help, maar daarby julle wil nodig het indien julle die ware seën van My hulp wil hê. Julle moet egter self worstel, omdat julle slegs daardeur tot geloof sal kom, tot die diepe geloof wat julle nodig sal hê om vir My getroue dienaars op aarde te wees. Julle moet dus wat julle van My ontvang en wat julle neerskryf, self in die hart oorweeg. Dit moet in julle lewend word, sodat julle dan ook My Woord met oortuiging kan uitdra, sodat dit nie sy werking op julle medemens sal mis nie, sodat ook hulle die krag van My Woord kan voel. Julle sal altyd in alle nood gehelp word en dit des te vroeër hoe meer julle My Wil vervul. Dit is egter My Wil dat julle julself dikwels in My Woord sal verdiep, sodat julle van My teenwoordigheid bewus word en vas in My kan glo. Sodra julle ‘n diepe geloof sal hê, sal julle ook seker wees van die vervulling van elke begeerte. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205