BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 258

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Opheffing van die natuurwette - Die mag van Satan aan die einde 4472 Julle sal julleself deur My moet laat onderrig indien julle in die Waarheid wil vasstaan, en so sal julle ook aandagtig na My moet luister wanneer Ek met julle praat. Ek wil met julle praat om aan julle opheldering te gee, omdat julle almal nog baie dwaal en baie opheldering nodig het. Vir die Wetgewer van Ewigheid staan dit waarlik vry om ook die wette ongedaan te maak, as dit gunstig sou wees vir Sy ewige heilsplan, as siele daardeur gewen kon word vir die ewigheid. Ek maak egter net selde van hierdie reg gebruik, omdat My Wysheid van ewigheid insien hoe buitengewoon gunstig die uitwerking van My wette op die wen van siele vir My Ryk is en Ek daarom geen rede het om dit op te hef nie. Maar in die laaste tyd voor die einde hef Ek egter menige wette op, soos wat Ek dit aangekondig het deur sieners en profete, dat die kragte van die hemele geskud sal word, sodat die mense die tyd van die einde sal herken aan die aankondigings. In daardie tyd sal julle dinge meemaak, wat volgens die natuur onmoontlik is en wat aan die navorsers en geleerdes 'n bewys sal gee dat Ek die natuur lei en na My goeddunke ook onnatuurlike gebeure kan laat plaasvind. My teenstander sal hierdie tyd ook benut, deurdat hy sy krag sal uiter en ook wonders sal verrig, van ‘n heeltemal ander aard egter, omdat hy die mense se afval van My ten doel het en daarom homself as gelyke, sterk en magtig, wil voorstel. Julle mense sal nou hieraan oorgelewer wees as julle nie op hoogte is van My en My ewige heilsplan nie. Die Satan sal altyd so op julle gedagtes probeer inwerk, dat julle julself van My sal afkeer. Hy wil julle van alle kennis ontneem. Hy wil oor julle heers, egter nie tot seën vir julle nie, maar om julle te vernietig. As Ek dit egter sou toelaat, sou julle almal verlore gaan. Maar Ek beperk geensins sy mag nie, maar laat dit aan julle mense self oor of julle julself aan hom wil gee, of dat julle hom weier en julle by My aansluit. Ek veg dus ook om julle siele en wel met die Waarheid. Ek bring vir julle lig en laat julle dan self die weg kies wat julle wil gaan, maar Ek verlig hierdie weg vir julle. Ek wil nie dat julle in die donker gaan en die goeie weg nie vind nie. My teenstander sal egter ook ’n lig laat skyn, maar dit sal ‘n vals lig wees, wat julle sal verblind en in des te groter duisternis laat inbeweeg, sodat julle in groot gevaar sal verkeer om nie die regte weg te vind en in die afgrond te stort nie. Die Waarheid skyn egter helder en duidelik en haar bring Ek julle. Ek wil daarom tot julle spreek en julle moet My aanhoor. As julle onderrig is in die Waarheid, sal julle nooit meer My teenstander mag oor julle gee nie, want dan sal julle hom kan deursien en sal julle op hoogte wees van sy wese, van sy slegte planne en van julle lot in die ewigheid, indien julle sy prooi sou word. Julle moet hom vermy en in My Arms invlug, want die Waarheid sal julle ook My Wese toon, Wie net Liefde is vir al My skepsels. Ek sal dit nooit meer toelaat dat julle mense heeltemal weerhou word van die kennis oor julle bestemming nie. Ek sal julle nooit meer aan My teenstander oorlaat sonder stryd nie en hy sal hom nooit weer op die troon mag verhef, sodat hy julle, My skepsels, heeltemal kan oorheers en julle met geweld van My kan wegdring nie. Ek sal egter nie met dwang op julle mense inwerk nie. Dit sal julle altyd vrystaan om julle deur My te laat onderrig, My Leer aan te neem en so ook in die Waarheid ingelei word. As julle egter na My luister, sal julle julself ook van sy mag ontworstel, want hy kan julle nie dwing nie, maar hy kan julle wel van hom afhanklik maak, as julle hom nie weerstand gaan bied nie. Ek wil julle help om weerstand te bied teen hom, deur die stuur van die suiwer Waarheid, want dit gee julle krag en ’n versterkte wil om julle tot My te wend en hom te ontvlug. Die mag van satan is groot en julle sal aan die einde van die tye dinge meemaak wat sy krag aan julle sal bewys, maar nie oor skeppings wat nog draers van die gekluisterde gees is nie. Hy kan dus wel op die mens inwerk, deurdat hy probeer om hulle met sy wil te beïnvloed en hierdie mense sal met sy steun buitengewone dinge kan vermag, maar sy krag reik nie bo die van die mense nie. Daarom tree Ek ook op die einde in die besonder op die voorgrond om teen sy gesag in te gaan, dit wil sê, die mense 'n bewys te gee van My bestaan, vir sovêr dit sonder geloofsdwang moontlik is. Ek sal duidelik ingryp in die wette van die natuur. Ek sal wette ophef, maar sal dit vooraf aankondig, soos wat Ek altyd gedoen het om die mense die Waarheid van My Woord te bewys en My as Skepper en Bestuurder, as almagtige God te openbaar, sodat hulle kan glo en weet dat die tyd van die einde aangebreek het. Ek sal Myself aankondig en openbaar wanneer My die tyd aangebreek het. Wat voorheen nog nooit gesien is nie, sal deur My Wil moontlik word en die wetenskap sal voor raaisels staan wat vir hulle onoplosbaar is. Ek sal die wette van die natuur ophef. Wat dit beteken, kan geen mens vir hom voorstel nie, omdat hulle dit nog nooit tevore ervaar het nie. Maar ook dit behoort egter ook tot My plan van ewigheid, dat die mag van Satan aan die eindtyd teenoor My Mag en Krag gestel sal word en dat die mense vry sal kan besluit aan watter mag hulle onderdanig wil wees, want nou staan menslike kragte teenoor 'n onverklaarbare bonatuurlike krag. Deur eersgenoemde sal verwoesting plaasvind, wat die werk van satan sal wees, omdat haat, liefdeloosheid, gierigheid en alle slegte luste die oorsaak daarvan sal wees, terwyl My aktiwiteit aan geen enkele menslike invloed toegeskryf kan word nie. Wie in die Waarheid onderrig is, sal dit maklik vind om te glo, en daarom moet julle na My toe kom. Julle moet die Waarheid van My afsmeek en dit aanneem as Ek dit vir julle direk of deur My bodes laat toekom. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205