BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 259

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Eenwording met God – Werksame naasteliefde 4474 Werksame naasteliefde verbind julle met My. Daarom moet julle dit beoefen, anders kan Ek nie in julle nabyheid vertoef nie, omdat Ek dan nie by julle teenwoordig is nie. Hoe lyk dit egter in die wêreld? Hoe ver is die mense van My verwyder, omdat hulle sonder liefde voortleef, omdat hulle net hul eie welsyn voor oë het en geen ag slaan op die nood van hul medemens nie. Hulle is ver van My. Julle mense weet nie wat dit beteken wanneer Ek nie by julle teenwoordig kan wees nie. Julle weet nie hoe kragteloos julle is, hoe weinig julle sal kan doen vir julle geestelike ontwikkeling nie, wat tog die doel en die sin van julle lewe op aarde is. Julle is sonder lig en sonder krag, ofskoon julle op aarde magtig is en aards groot dinge tot stand kan bring. As julle nie die liefde het nie, is al julle strewe op aarde onbelangrik, want die dood van die liggaam maak aan alles 'n einde. Julle sal alles moet agterlaat wat julle op aarde vir julself tot stand gebring het, want slegs die werke van liefde sal julle volg na die ewigheid, en Ek wil julle wen vir die ewigheid. Ek wil dat julle julself verwarm in die strale van My son van Liefde, dat julle sal leef in lig en geluksaligheid, dat julle na My sal verlang en Ek sal julle verlange altyd kan stil. Ek wil julle tot bruid van My ryk maak en julle vir ewig besit. En dit alles sal julle deel wees wanneer julle in liefde werksaam is, sodra julle aktiewe naasteliefde beoefen en My, Wie Liefde Self is, so na julle toe trek. Probeer dit, wek die wil op om naasteliefde dienste te verrig. Dink aan My en deel gawes uit wat julle van My ontvang het en wat julle gelukkig maak. Laat julle naaste nooit gebrek ly as hy julle om liefdegawes vra nie. Skuif julle eieliefde opsy en julle sal die resultaat sien, omdat julle jul in gedagtes met My besighou en na die waarheid soek. Julle sal dit ook vind, want dan sal julle vanself in liefde lewe, omdat My nabyheid julle daartoe dring. Met My nabyheid maak Ek iedereen gelukkig wat ter wille van My Woord in naasteliefde werksaam is. Hou julle by hierdie gebod en as julle dit as die enigste nakom, sal dit waarlik voldoende wees om julle van My nabyheid te verseker. As julle jul so met My verbind, dan is julle ook gewen vir die geesteryk. Julle sal die gebod moet onderhou as julle gelukkig wil word. Julle sal mekaar moet help, in geestelike, asook in aardse nood, sodat Ek julle dan ook in dieselfde mate kan help. Ek kan eers nader aan julle kom wanneer julle My julle liefde bewys, deurdat julle julself teenoor jul medemens uiter. Julle is almal My skepsels. Julle is My kinders en Ek is julle Vader van ewigheid. Dus moet julle mekaar ook onderling so behandel sodat julle goed kan wees vir mekaar, sodat julle nood kan lenig en hulp kan verleen waar dit nodig is. Dan sal Ek voortdurend by julle teenwoordig wees. Julle sal bewus wees van My teenwoordigheid en op aarde al die vrede vind wat Ek julle beloof het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205