BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 260

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Drie-Eenheid van God 4484 Julle het die gawe om julle verstand te kan gebruik en julle moet hierdie gawe ook benut. In aardse opsig dwing die lewe julle daartoe en julle gee gehoor aan die dwang sonder teenstribbeling. Dit is vir julle vanselfsprekend dat julle oor alles sal nadink waarmee julle in aanraking kom, dat julle dit sal ondersoek en daaroor peins, dus julle verstandelik verryk met aardse kennis. Julle gebruik egter julle verstand weinig of glad nie om uit innerlike aandrang geestelike kennis julle eie te maak nie. Julle laat julle wel van buite af vertel en neem dit ook dikwels aan, maar meestal sonder om julle verstand aan die werk te sit, sonder om dit te beproef of daaroor na te dink. Julle verwerk dit nie met julle verstand nie, dus gebruik julle dit nie, of julle misbruik dit deurdat julle dit gebruik en tot totaal verkeerde gevolgtrekkinge te kom, omdat julle alreeds geestelike kennis aangeneem het, sonder om dit te beproef. Hy wat julle verstand gegee het, verlang van julle om eendag rekenskap te gee oor hoe julle dit benut het. Tallose mense lewe in dwaling, omdat hulle nie nadink oor leerstellings wat vir hulle aanleiding moet gee tot ondersoek nie, want dit is eenvoudig nie aanvaarbaar in die vorm wat dit vir die mense aangebied word nie. Julle wys weliswaar alle ondersoeke af met die opmerking dat julle as mens nie in staat is om ‘n ware oordeel te vel nie, omdat julle dink dat julle verstand alleen nie toereikend is nie. Julle moet egter steeds weer gesê word dat julle altyd om verligting van Gees kan en moet vra, om die moeilikste probleme ooreenkomstig die waarheid op te los en dat God alle mense wat ernstig wil, nooit Sy bystand sal weerhou nie. Dus is dit ook vir die mens moontlik om opheldering te kry oor vrae wat die verstand alleen nie kan beantwoord nie. Dit is dus noodsaaklik om God om steun te vra as die mens hom nie in staat voel om reg te oordeel nie. Dit is raadsamer as om leerstellings aan te neem wat vir die mens moeilik aanneembaar voorkom. Waar ‘n mens vir Waarheid moet opstaan, moet dit hom ook eers geheel en al duidelik gemaak word, en om hierdie rede word daar ook aanhoudend onderrigting van Bo na die aarde gestuur, wat lig in die duisternis van gees moet bring. Duisternis is oral waar die Waarheid verdring of versluier word, waar dwaallere versprei en deur die mense as Waarheid verdedig word. Hierdie duisternis moet deur die lig deurbreek word, leuen en dwaling moet deur die Waarheid verdring word en die mense moet gewys word waar hulle verkeerd onderrig is. Slegs die Waarheid lei tot die ewige lewe, slegs die Waarheid is Goddelik, terwyl dwaallere teen God gerig is. Daarom is dit noodsaaklik om ‘n leerstelling te belig wat deur die vyand van die siele verwar en geheel misvorm word, maar ingang gevind het by die mense, omdat hulle die gawe van die verstand nie gebruik nie en sonder ondersoek aanneem wat hul aangebied word, nl. die “leer van die Drie-Eenheid van God”. Hierdie leer is tog heeltemal onverstaanbaar, d.w.s. dit kan nie met die verstand opgeneem en begryp word nie. Dit is ‘n uitleg van die ewige Godheid wat onaanneembaar is, omdat dit absurd is; en dan moet die mens, as hy daarby wil aansluit, dit aanneem sonder nadenke, want as hy daaroor nadink, kan hy hom nie daarmee vereenselwig nie. Om die ewige Godheid in ‘n eng begrensde vorm te wil bring, is ‘n teken van die onvolmaaktheid van die mense wat hierdie leer aanneem. God se Wese is onbegrens, omdat dit Iets bomate volmaak is. So is ook Iets hoogs volmaak nie deelbaar nie, want volmaaktheid is ‘n toestand van die Gees, - nooit kan iets geestelik egter ‘n driedeling ondergaan nie. Daar kan dus nooit gepraat word van ‘n “drie persoonlikhede God” nie, want dit is ‘n ondenkbare begrip wat tot heeltemal verkeerde opvattinge kan lei oor die Wese van die Godheid. God die Vader, God die Seun en God die heilige Gees, hierdie begrippe is die rede om aan te neem dat drie persone as die ewige Godheid aaneensluit, dat hierdie drie dus een God vorm. Maar hierdie voorstelling is verkeerd. God se Wese deur hierdie drie begrippe moet egter vir die mense begryplik gemaak word, dan kan dit alleen geskied deurdat die “Vader as Liefde”, die “Seun as Wysheid” en “Gees as Krag” uitgelê word. Dit is ook die enigste ware uitleg wat aan die leer van die Drie-Eenheid van God ten grondslag lê. Die onbegrip hieroor, deur ‘n verkeerde uitleg, het egter die dwaalleer laat ontstaan asof daar drie persone te begryp sou wees in die Godheid. Die Gees van God, die eintlike Wese van God, kan nooit as ‘n persoon voorgestel word nie. Hy kan volgens menslike begrip nie in ‘n bepaalde vorm gebring word nie. Hy is ‘n oneindige volheid van Lig en Krag, wat deur ‘n Liefdeswil bestuur en gebruik word. Die Lig is God, die Krag is God en die Liefdeswil is God. Die een is nie sonder die ander nie, al die Goddelike bevat hierdie Drie-Eenheid. Die drietal is ook die teken van volmaaktheid wanneer Liefde, Wysheid en Krag in ‘n deur God geskape wese aanwesig en wat daardeur tot Sy ewebeeld geword het. Dan is dit ‘n enkel wese, egter ook geen vorm nie, maar iets geesteliks wat vir sy bestaan geen vorm nodig het nie en wat alle vorme sou oopbreek as hy hom nie eers vergeestelik het nie en dat Hy Liefde, Wysheid en Krag in oorvloed sou kan bevat sonder om te vergaan. En sodanige vorm was die mens Jesus, wat deur God uitgekies was om Draer te wees van die hele volheid van Liefde, Wysheid en Krag, om vir die mense as ‘n Godheid, wat die mense vir hulself kon voorstel, te dien, sodat hulle kon glo in een Wese Wie Self die hoogste volmaaktheid is en wat tog met die onvolmaakte skepsels - die mense - in verbinding staan. Hierdie vorm was egter slegs aards en het in ‘n sekere sin maar net ten dienste gestaan van hulle wat met liggaamlike oë kon sien, want die gees het geen vorm nodig om deur ‘n geestelike wese gesien te word nie. Die voorstelling: Vader, Seun en Heilige Gees, as drie aparte wesens, al is dit met die toevoeging “Hulle is een”, is misleidend, omdat die mense dan gevaar loop om ‘n skeiding aan te bring, deurdat hulle elke persoon afsonderlik aanroep en daardeur die besef van drie persone in hulleself versterk, maar die korrekte opvatting, volgens die Waarheid, oor ‘n God verloor - tot Wie hulle hulself alleen moet wend in alle aardse en geestelike nood. Selfs die mens Jesus, wat op aarde geleef het as ‘n individuele persoon om God in alle volheid in Homself op te neem, het Een geword met Hom, wat Sy hemelvaart bewys, omdat Sy liggaam homself heeltemal vergeestelik het en al sy substansies hul by die ewige Godheid kon aansluit. Gevolglik bestaan daar nie meer twee geskeide Wesens wat volmaak was nie, maar was daar slegs Een Godheid, Die Liefde, Wysheid en Krag wat in hoogste volmaaktheid was. God die Vader, - God die Seun en Sy GEES, wat die hele oneindigheid vul en deur Wie alles tot verwesenliking kom wat Sy Wil beslis. Dit is die Wese van die ewige Godheid, wat deur hierdie begrippe: Vader, Seun en Heilige Gees gekenmerk word. Die Wysheid - “die Seun” het van “die Vader” – “die Liefde” uitgegaan - en die alles deurstromende Krag het tot uitvoering gebring wat die Vader en die Seun beslis het, of met andere woorde: God is Almagtig en bomate Wys en Liefdevol. Hierdie opvatting is begrypliker en los die probleem van die Drie-Enige Godheid op die eenvoudigste wyse op. En slegs mense wat geestelik blind is, sal hierdie eenvoudige oplossing nie kan begryp of aanvaar nie, want hulle is op ‘n dwaalspoor gelei deur geestelik blinde leiers wat onverlig is en wat hulle nie laat onderrig nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205