BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 261

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Hemel en hel 4488 Wie homself aan My gee, laat Ek ewiglik nie meer val nie. Maar wie volhard om weerstand te bied teen My, sal homself in groot gevaar bevind en sal die krag van My Liefde moet ontbeer en sal in sy oersubstansie verhard, wat 'n uitermate kwellende toestand sal wees wat Ek graag sal wil voorkom. Hierdie waarheid nou, wat nie vanaf die begin vir die mense geheim gehou is nie, het die begrip "hemel en hel" laat ontstaan, 'n geluksalige en 'n ongelukkige toestand, wat in die voorstelling van die mens ruimtelik begrens is, tot die werklike waarheid - die toestand - in die voorstelling deur die mense uiteindelik afgeneem het en alleen nog die plek bly bestaan het wat deur die fantasie in alle kleure afgeskilder is en daardeur is daar vir baie verkeerde gedagtes plek ingeruim, sodat die waarheid geheel misvorm geraak het en die mens nou nie meer weet wat hemel en hel eintlik beteken nie. Lewe en dood is hemel en hel. Vlytige, gelukkigmakende werke in die strelendste lig is lewe; kragteloosheid, onmag en diepste duisternis is dood. En elke toestand kan voortdurend hoër of laer word, toe- of afneem, totdat die hoogste doel bereik is, naamlik salige eenwording met My, óf die neerstort in die diepste dieptes, wat 'n eindelose ver verwydering van My is. Onvoorstelbaar is die geluksaligheid, onvoorstelbaar is die kwelling en die leed van die verdoemdes wat ewighede moet smag en geen krag meer het om hulleself te verlos nie. Hierdie siele moet julle aan dink. Verkeerd is die leer dat daar geen verlossing meer uit die hel bestaan nie, dat daardie siele vir ewig deur My verdoem is. Nie Ek het hulle verdoem nie, maar hulle het self die verdoemenis gekies. Nie Ek het hulle in die diepte gestort nie, maar hulle het self op die diepste afgrond afgestuur. Maar My Liefde sal niks vir ewig in hierdie verre verwydering laat nie en daarom bestaan daar ook 'n verlossing uit die hel, omdat Ek ook vir hierdie wesens gesterf het aan die kruis en hul skuld op My geneem het, omdat My Liefde groter is as My toorn, as My geregtigheid. Ook die hel sal haar laaste slagoffer moet loslaat. Dit wil sê: ook die mees vaste materie sal eens opgelos word en die gees daarin sal vry word met die doel op te klim na die lewe. Want die hel, soos wat julle mense vir julleself voorstel, bestaan nie as 'n ewige brandende vuurherd nie, dit is geen plek wat die verdoemdes bevat nie. Die hel is 'n toestand waarvan die kwellinge nie beskryf kan word nie, 'n toestand wat op aarde daarmee begin dat mense My nie erken nie, dus met My breek en sonder die krag van My Liefde bly. Hulle lewe dan wel nog die liggaamlike lewe sonder My en ervaar die kragtelose toestand wat die verwydering van My met hom meebring nog nie as kwelling nie, maar sodra die liggaamlike lewe ten einde geloop het, begin die kwellinge, naamlik die bewussyn om totaal geen krag meer te hê nie en tog te bestaan. In die begin is daar nog die moontlikheid om in die hiernamaals die weerstand op te gee, indien die siel gehoor skenk aan die advies van wetende wesens. Maar slegs selde word hierdie moontlikhede benut en die siel sink steeds dieper en die verwydering van My word steeds groter. Die kragteloosheid neem toe tot ’n finale verharding, tot die hernude kluistering in die mees vaste materie. Dan sal daar 'n eindelose lang ontwikkelingsperiode verbygegaan, sonder resultaat vir die vroeër in die materie gekluisterde en nou vrye gees, wat as mens uit eie aandrang daarna moet streef om vry van alle materiële kettings te word. Dat sy nou gefaal het, is haar vrye wil, want Ek het haar waarlik nie sonder direkte aanmanings en waarskuwings gelaat nie. Maar die hel het 'n veel groter aantrekkingskrag as die hemel en die mens streef met die grootste ywer tog weer na die materie wat die siel lankal oorwin het. En dit sal nou ook haar lot wees: Sy word weer die omhulsel van die gees wat by sy laaste wilsproef gefaal het. Die hel het haar poorte wyd oopgemaak en vrywillig gaan tallose siele deur hierdie poorte, die duisternis in. Die hel sal triomfeer. Dit wil sê: haar vors het getalsmatig baie sukses. Ek ontwring hom egter van al hierdie siele wat Ek weer invoeg in die nuwe skepping en Ek ontneem My teenstander alle mag oor hierdie wesens, deurdat Ek hom ook midde in die aarde kluister. Dit wil sê: die mees vaste omhulsel word aan hom as ketting gegee, wat hy nie kan verlaat alvorens hy nie weer deur die wil van die mense weer aan die mag kom nie, deurdat die mense weer materiële goedere sal begeer en hulself meer en meer van My sal verwyder. Dan sal hy weer om die siele stry en hierdie stryd sal toegelaat word, sodat die siele hulle kan bewys en kies vir My of vir hom, want sonder ’n regte besluit kan geen mens gered word nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205