BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 266

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

“Waar twee of drie in My Naam vergader is” 4507 Ek is met julle wanneer julle My Naam noem, solank as wat julle julleself met gedagtes besighou om My te bereik. Dan is Ek in julle midde. Glo dit en word bewus van My teenwoordigheid wanneer julle van My praat en stel vir julleself voor dat Ek aan elke hart klop en vra om binne gelaat te word en dat julle My nie moet verwerp as julle My guns wil bereik nie. Dat julle ontvanklik moet wees wanneer Ek met julle wil praat deur Woord of Skriftuur, deur gedagtes of My dienaars op aarde, wat aan julle My Woord bring. As julle My Woord aanvaar, aanvaar julle My in julle hart, as julle daaraan voldoen, gebruik julle Avondmaal met My, want dan sal julle ooreenkomstig My Wil leef, wat Ek aan julle deur My Woord, met liefde, sal openbaar en deur julle dade van liefde julleself met My sal verenig. Julle sal so ‘n innige verbintenis met My tot stand bring, dat julle My sal hoor wanneer Ek Woorde van liefde tot julle spreek en so voeding vir julle siele gee wanneer Ek aan julle die Brood van die Hemel, My Vlees en My Bloed gee, wanneer Ek na julle in die Woord kom. Laat My dikwels by julle bly, laat julle gedagte na My toe dwaal en voer dikwels geestelike gesprekke met My, sodat Ek altyd by julle aanwesig kan wees, want Ek het julle die belofte gegee: “Waar twee of drie saamkom in My Naam, daar is Ek in julle midde”. My teenwoordigheid is tot julle voordeel, want Ek deel altyd My gawes uit, omdat Ek julle, My lewende skeppings, liefhet en julle gelukkig wil maak. Die hoeveelheid genadegawes kan deur julleself bepaal word, julle sal vele kan ontvang, net soos wat julle My Liefde kan verwerp deur julle aandag na die wêreld te draai, deur julle geestelike gesprekke te onderbreek en op wêreldse belange te konsentreer. Ek laat julle doen soos julle wil en dwing julle nie om na My te luister nie, maar julle beroof julleself van baie rykdom. Ek kan julle slegs soveel gee as wat julle vrye wil aanvaar, Ek bied julle verseker My guns aan, maar Ek sal dit nie aan julle opdring nie, maar julle sal My teenwoordigheid verloor wanneer julle wegdraai van My af, want Ek wil begeer word, voordat Ek Myself gee. Nietemin gee Ek nie op nie, Ek sal telkens weer My boodskappers stuur om die weg vir My voor te berei en Ek sal hulle volg, indien julle bereid is om My te ontvang en so kan julle altyd van My genade gebruik maak; julle kan altyd My gas wees, deur aan My te dink en die wêreld te ignoreer. Ek kan waarlik vir julle beter dinge gee as wat die wêreld aan julle kan gee. Daarom, laat My nie vergeefs klop nie, maar luister na My stem en volg haar, laat julleself uitgenooi word om Avondmaal met My te neem en My gaste te wees, sodat Ek julle fisies en geestelik met voedsel en drank kan verfris. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205