BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 278

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Bestaan van God - Wêreldwysheid 4541 Die wêreldwyse vind dit dikwels moeilik om aan ‘n Godheid te glo, omdat sy verstand hom noodsaak om ander gevolgtrekkings te maak, deur kennis wat nie heeltemal met die waarheid ooreenstem nie. En reeds is dit ‘n verkeerde opvatting oor die vorming van die aarde wat lei tot verkeerde denke - en dan is dit moeilik om ‘n ewige Skepper te aanvaar; een Wese, wat vanweë Sy blyke van Mag, vir die mense wel duidelik herkenbaar sou moet wees, maar egter meestal nie deur hulle erken wil word nie. Die wetenskap probeer om alles te bewys - en waar dit nie moontlik is nie, gee hulle egter nie hul onvermoë toe nie, maar weier eenvoudig om te erken dat dit buite die omvang van hul navorsing lê. Dus gaan hulle uit van ‘n kunsmatige, verkeerde opvatting en uiteindelik word die weg na die ewige Godheid moeilik gevind, selfs as die wil daartoe aanwesig is. Elke wetenskaplike ondersoek sou moes begin het deur die bestaan van God duidelik te maak, wat weliswaar nie bewys kan word nie, maar wat wel met volle oortuiging geglo kan word. Dan sal elke ondersoek ook ‘n spoedige en suksesvolle verloop hê. Maar om egter eers tot die oortuigde geloof te kom, moet die mens allereers sy skerpsinnigheid aflê en hom aan die gevoel van sy hart oorgee, - hy moet alle wetenskap buite rekening laat en homself soos ‘n kind van binne af laat onderrig, d.w.s. as waarheid aanneem wat hy vir homself volgens sy gevoel voorstel of begeer, - hy sal in ‘n sekere sin met oop oë moet droom. Dan sal daar vir hom ‘n Godheid voor die gees staan wat alles lei en bestuur en deur Wie hy sy kennis ontvang. Die begeerte wat dan by ‘n mens die grootste sal wees, is en bly om ‘n sterk Mag bo homself te sien; slegs die wêreldse verstand probeer egter hierdie wens verdring, omdat hy wat die Godheid wil verdring, ook tot die verstand spreek. Hy kan egter nie tot die hart van die mens spreek nie en daarom probeer hy des te hewiger om die verstand van die mens te beïnvloed. God uiter Homself deur die hart, Sy teenstander deur die verstand, behalwe as die hart sterker is en so die verstand na haar kant toe trek. As laasgenoemde egter die geval is, dan is dit ook moontlik om met die verstand in te sien dat daar ‘n God is, dan sal hart en verstand saam strewe na die ewige Godheid, dan sal die wetenskap ook op ‘n ander fondament staan, dit sal tot ander gevolgtrekkings kom, wat dan verseker nie meer verkeerd sal wees nie. Want sodra ‘n ondersoek begin word met die geloof aan ‘n Godheid, sal dit nie sonder sukses wees nie en die waarheid sal benader kan word, ongeag op watter gebied dit aangewend word. Dan sal die wetenskap en die geloof nie meer teenstrydig teenoor mekaar staan nie, maar hulle sal mekaar aanvul. Want eers dan sal die wetenskap vry wees van dwaling, wanneer dit in harmonie sal wees met die geloof aan God as ‘n Almagtige, Wyse en Liefdevolle Wese wat bo alles staan wat was, is en sal bly tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205