BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 279

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Volg My na 4544 Volg My na en julle sal reeds op aarde die doel bereik wat vir julle van die begin af bepaal is. Julle moet moeite doen om ‘n lewe van liefde te lei wat julle baie naby sal bring aan die Een Wie die ewige Liefde Self is. As julle My lewe op aarde in gedagte sal hou en terwille van die daad van verlossing ‘n beroep op My doen om versterking van julle wil, sal julle dit ook maklik vind om in liefde te leef, want Ek sal julle help en julle gereeld voorsien van geleenthede om julle toe te laat om volgens julle wil van liefde te lewe, wanneer julle die drang daarna voel. My lewe op aarde was slegs ‘n praktiese toepassing van onselfsugtige naasteliefde. Die resultaat was die eenwording van die Vader, die Ewige Liefde, met My, sodat Ek Sy Krag en Mag, Sy Lig en Wysheid as My eie besit kon gebruik. Ek was deurdring met Sy Gees, met Sy Krag en met Sy Lig. So was alles vir My moontlik, aangesien God Self in My gewerk het. As ‘n menslike wese het Ek gewys dat dit nie onmoontlik is om deur die Goddelike gees gevul te wees nie, dat elke mens in staat is om die wonderwerke en tekens te kan doen wat Ek gedoen het, dat die mens homself so kan omvorm dat hy, as ’n beeld van God, alle krag kan gebruik en sodoende ook kan verwesenlik wat hy wil. Volg My. Alle krag van God is tot julle beskikking. Hy plaas geen beperking op julle nie. Hy gee sonder beperking en julle kan alles gebruik wat Hy julle wil gee, omdat Hy julle liefhet. Volg My, leef ‘n lewe van onselfsugtige naasteliefde en julle sal volmaak word en voortdurend die liefde en seën van God geniet. Ek spreek tot julle as mens, net soos wat Ek op die aarde gewandel het, Wie ook netso die Goddelike krag deur ‘n lewe van liefde moes bereik en wat ook die eenwording met die ewige Godheid slegs deur liefde verwesenlik het. Ek sal julle die weg wys wat julle moet gaan om die waarheid van My Woord te erken. Laat julleself op hierdie weg aangespoor word deur My, bied My geen weerstand nie, probeer om goedhartige dade te doen en julle krag sal vermeerder, julle wil om lief te hê, sal gestimuleer word, want die liefde self is krag en wanneer julle haar beoefen, sal wat julle ookal gee, as krag terugvloei na julle toe. Probeer dit en laat My Woord julle harte raak, laat julle deur My geroep word en volg My. Ek is die Stem in die wildernis van julle lewe. Alles om julle dreig om te verdroog as julle nie die dorre gebied met die Goddelike stroom van liefde benat nie, as julle nie alle goeie instinkte in julle deur liefde ontwikkel en die krag in julle verhoog nie. Laat My oproep nie ongehoor by julle verbygaan nie, neem kennis en onthou dat Ek niks onmoontlik van julle verwag nie, want Ek het as mens vir julle ‘n voorbeeld gestel van wat liefde en die menslike wil kan vermag. Volg My en julle sal welgeluksalig wees en bly vir alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205