BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 281

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Val van die engele - Sonde 4551 Dit sal ewig vir die mense ondeurgrondelik bly om te weet wat God daartoe beweeg het om te regeer en te werk soos wat Hy doen, omdat die menslike verstand nie kan verstaan watter beweegredes die basis vorm vir God se uitdrukking van Krag nie. Dit verstaan ook nie die verband nie, omdat dit slegs die gevolge kan sien en voel van wat in die oertyd in die geestelike ryk afgespeel het, in ’n wêreld waarvan alle sigbare skeppinge maar net swak afbeeldings is, waarvan daar nie eens vergelykenderwys gepraat kan word nie en wat slegs geskep is as gevolg van wat lank gelede in die Ryk van God se geskape geeste plaasgevind het. Hulle was die suiwerste uitstraling van Sy Krag, gevolglik was hulle ook magtig en sterk en hulle was hoogs volmaak. God se Wil om te skep was ook oorgedra op Sy skepsels, met die gevolg dat al Sy skeppende gedagtes ook in hulle tot uitdrukking gekom het. ’n Kreatiewe wil van ondenkbare omvang het dus hierdie wesens, wat nou sonder beperking aktief geword het, geïnspireer, m.a.w., nuwe skeppings, wat hulself oortref het, het tot stand gekom. Hierdie nuwe skeppings was egter steeds weer geïnspireerde wesens, ook van hoogste volmaaktheid en dus tot denke in staat, en met ’n vrye wil. Die eerste wese wat van God uitgegaan het, het alles oortref met lig en krag, omdat hy uit God Self ontplooi is en het saligheid gevind in die voortdurende benutting van sy onbegrensde krag. Sy skeppings het vermeerder en sy saligheid tot ongekende hoogtes, want God het geen beperkte grense vir hom gestel nie. God het hom egter op die proef gestel, omdat Hy wou gehad het dat die wese bewus sal word daarvan dat hy ’n draer is van die krag wat van God uitgaan. Die toets het daaruit bestaan dat die wese, Lucifer, God aan sy skepsels sou voorhou as die Een uit wie hulle ontstaan het, sodat ook hy kon voortgaan om altyd bewus te bly daarvan dat hy die krag van God ontvang wat hom in staat gestel het om skeppend werksaam te wees. Hy moes God dus erken as Skepper en Bron van krag en sy saligheid sou onbeperk gewees het tot in ewigheid. Hy was nie net getoets oor hierdie erkenning nie, maar daar was van hom verwag om uit vrye wil ’n besluit te neem wat bedoel was om hom te verhoog van ’n volmaakte geskape wese, na ’n volmaakte wese vanuit eie vrye wil, sodat hy nou sy mag en krag kon gebruik as ’n waarlik goddelike wese binne die Wil van God. En Hy faal. Hy wou nie die ontvanger van krag, maar self die kragbron wees, en die volheid van die krag wat hom ter beskikking gestaan het, ag hy as voldoende bewys daarvan. Hy het homself dus wilsmatig afgewend van God, ofskoon `n skeiding van Hom nie moontlik was nie, omdat hy sonder God nie meer sou kon bestaan nie. En omdat daar deur sy wil, met gebruik van die krag uit God, ontelbare wesens ontstaan het, voel hy homself as hul skepper, in die besit van enorme krag en mag, en so maak hy hom opsetlik los van God, uit sy drang na hoogmoed en heerssug. Daardeur word hy sondig en trek hy al sy skepsels met homself mee in die sonde, wie weliswaar nou self nog onskuldig was, maar heeltemal onder die invloed gestaan het van hom, wie aan hulle die lewe geskenk het. God gee nou aan hulle die selfbeskikkingsreg, hulle mag die lig aanskou, hulle het in hul volmaaktheid ook gesien van waar hulle uitgegaan het, hulle kon derhalwe ook by God woon en deel hê aan Sy heerlikheid, maar dit was maar slegs weinig wat hulle by Hom aangesluit het, wat dus vrywillig vir God gekies het en wat as Sy engele voortdurend om Hom is en vir Hom werksaam is in die geestelike ryk. Die meerderheid egter het hulleself vrylik aangesluit by hul verwekker, het uit eie beweging besluit om sy wil hulle wil te maak en beland sodoende in 'n toestand van geestelike duisternis. Hierdie besef was hulle ontneem, omdat die werking van die krag afneem, sodra die wese homself van God verwyder. Maar alles was en is krag uit God, wat ewig nie verlore kan gaan nie en moet daarom op 'n suksesvolle weg, wat deur God se wysheid bepaal is, na Hom toe terugkeer. En hierdie weg is die gang deur die aardse materiële skepping, wat God vir die doel van die terugvoering van die eens gevalle gees laat ontstaan het. Deur hierdie skepping gaan die gees in ’n gebonde wil, d.w.s. in die toestand van “jy moet”, die stadige ontwikkelingsgang opwaarts tot by die stadium waar die vrye wil aan hom teruggegee word en hy nog eenmaal voor die beslissing gestel word om self die mag te kies waaronder hy wil staan. Hierdie wese is belas met die sonde van die destydse opstand teen God, maar kan homself daarvan bevry met gebruikmaking van die krag uit God, wat hy eertyds verwerp het, maar hierdie krag moet hy self verwerf deur werke van liefde en in gebed bewustelik daarvoor vra vanaf God. Hy moet die vrye wil tydens die lewe op aarde op die korrekte wyse gebruik en moet homself weer tot God wend en Hom as Vader en Skepper van ewigheid erken. Dan sal hy weer binne-in die toestand van Lig tree, hy sal weer ’n ontvanger van krag word en sal dus weer werksaam kan wees volgens sy wil, wat nou ook God se wil is. Hy sal kan skep en formeer tot sy eie diepe geluk en daardeur vir ewig salig wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205