BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 287

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Vrees nie hom wat die liggaam, maar nie die siel kan dood nie 4566 Vrees nie hom wat julle aards kan skaad nie, maar veeleer hom wat soek om julle siele in die afgrond in te trek. Maar julle kan hom moedig weerstaan, as julle My aan julle sy roep, want dan sal hy niks teen julle kan uitrig nie. Dan het julle ‘n Skild waardeur julle onkwetsbaar is en julle siel sal dan teen elke gevaar beskerm wees. Maar die wêreld sal julle egter erg verdruk en haar maghebbers sal trag om julle te vernietig, omdat hulle sal optree teen elkeen wat aan My getrou is. Hulle wil My nie erken as hulle Heer nie en eis daarom alle mag en verering vir hulself op. Julle sal dus erg verdruk word, maar kan tog onbesorg en onbevrees die stryd tegemoetgaan, omdat Ek, as julle Leëraanvoerder, met julle ten stryde sal trek en vir julle sal veg, soos wat julle vir My en My Naam sal stry. Daarom sal die oorwinning ook julle s‘n wees. Streef daarna dat julle geloof steeds dieper en meer onwankelbaar word, dan sal alle vrees ook verdwyn vir hom wat slegs die liggaam kan doodmaak. Gee meer ag op die lewe van die siel, dan sal al die wêreldse, die verlokkinge en bedreiginge, julle heeltemal onberoerd laat en julle sal dan slegs volgens My wil leef. Wanneer die eise van die aardse maghebbers teen My Wil gerig sal wees, sal julle hulle herken as afgesante van Satan en julle sal alle vrees vir hulle verloor, want julle geloof sal julle die krag gee om te weerstaan. Julle sal dan geen vrees meer hê vir die wêreld en haar aanhangers nie, maar sal meer en meer vashou aan My, as die Een vir wie julle ontsag sal hê en Wie tegelykertyd deur julle bemin sal word. Wie egter swak in die geloof sal wees, sal angstig word en ook die aardse maatreëls met besorgdheid gadeslaan. By hom wat swak in die geloof is, is Ek nie altyd teenwoordig nie. Hy gee nog te veel aandag aan die wêreld, ofskoon hy dit nie begeer nie, maar hy bly nie onaangeraak daardeur nie, want sy beheers nog sy gedagtes en sy hou hom nog te veel weg van die geestelike strewe. Hy sal ook bevrees wees en sodoende deur die aardse geweld erg in die benoudheid gebring word. Ek wil hom egter van die vrees afhelp en sou hom graag wil toeroep: ‘Ek sal julle altyd tot Redder wees, as julle maar net heeltemal wil glo in My Liefde en My Mag.’ Ek vermag alles en Ek wil ook alles doen wat julle tot seën sal strek, glo dit en weet dat Ek steeds aan julle kant sal staan wanneer Satan se volgelinge julle bedreig en julle van My af wil wegrokkel. Wanneer julle bewus raak van My teenwoordigheid, dan sal alle angs verdwyn en sonder vrees sal julle die vyand die hoof bied. Deur die geloof in My sal julle sterk wees en julle sal dan geen vrees meer hê vir julle liggaamlike lewe nie, omdat julle weet dat daar geen dood bestaan vir hom wat in My glo nie, dat julle liggaam dus wel gedood kan word, maar nooit die siel nie en dat Ek egter ook julle liggaamlike lewe sal behoed solank julle uur nog nie aangebreek het nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205