BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 288

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ernstige vrae aan hulle wat onderrig en God se dienaars bestry 4567 Julle sal ter verantwoording geroep word indien julle My dienaars lastig val weens hulle geestelike werksaamheid, want van My het hulle die opdrag en as julle hulle bestry, val julle My aan. Hulle voer slegs die opdrag van hulle Heer uit, dus is hulle nie verantwoordelik vir dit waarvan julle hulle beskuldig nie, dat hulle julle die Waarheid in julle gesig vertel, wat julle nie wil hoor nie en waarvan julle nog veel minder sou wil hê dat dit aan julle medemens oorgebring word. Ek eis rekenskap oor die doen en denke van julle wat self as verkondigers van die Waarheid in die wêreld erken wil word en tog die suiwer Waarheid bestry wat van My uitgegaan het. Laat die Waarheid vir julle ‘n ernstige saak wees en probeer in die eerste plek self in besit te kom daarvan, dan eers het julle die reg om vir die Waarheid op te kom en draers van dwaallere te verhinder in hulle werksaamheid. As julle egter self onderrig moet word en probeer om die draers van die Waarheid uit te skakel, as julle hulle gaan vervolg en bestry, gaan julle wese teen My in en laai julle ‘n groot skuld op julleself, waarvoor Ek julle ter verantwoording sal roep. Let op, as julle te goeder trou handel, hoe dit daar in die wêreld lyk: Waar vind julle die Gees van Liefde? Waar vind julle innige verbondenheid met God, oortuigde geloof en ware naasteliefde? Waar vind julle die werksaamheid van die Gees, d.w.s. Wysheid en helder insig in geestelike sake? Hoe verklaar julle die groot gebeure vol leed in die wêreld vir julleself? Hoe los julle die groot raaisel van die skepping op? Wat weet julle van die Wese van God, van Sy ewige heilsplan? Wie anders as Ek Self kan julle die kennis daaroor verskaf deur My Gees? Waar sal julle ‘n werksaamheid van die Gees kan vasstel? Beantwoord vir julleself in alle erns hierdie vrae en ontken dan nie die verbinding tussen My en hulle wie julle daaroor opheldering kan gee nie. Neem met ‘n dankbare hart in ontvangs wat Ek julle aanbied vanuit die hoogte om julle tot insig te bring, en wanneer julle twyfel, ondersoek dan, maar verwerp nie sonder om te ondersoek nie, want waarlik sê Ek vir julle, Ek beskerm My dienaars en sal nie duld dat van Bo oorgebringde geestelike leringe kragteloos gemaak word nie, deurdat julle sal probeer om te verhinder dat dit aan julle medemens oorgebring word en julle hulle wat My Woord oorbring, sal bedreig en vervolg. Wat julle van hulle wil afneem, sal Ek hulle teruggee en duidelik sal julle My werksaamheid en My hulp herken. As julle My egter wil dien, as julle My Wil, wil vervul, wek dan eers julle gees tot lewe deur werke van liefde; dan eers het julle die reg om te oordeel en op te tree as regter oor hulle wat valse leerstellinge versprei of as valse profete optree. Dan eers sal julle weet hoe om die Waarheid van die dwaling te onderskei en ware dienaars vir My te wees op aarde, maar sal dan nooit meer diegene veroordeel wat julle nou as draers van die Waarheid tegemoet tree om My Wil aan julle bekend te maak nie. Onstuitbaar snel die tyd sy einde tegemoet, op hierdie aarde is daar een doel vir julle gestel en spoedig sal julle die tydstip bereik het, waar die moontlikheid om julle op aarde te ontwikkel, ten einde geloop het. Laat vir julle opheldering verskaf daaroor, leef nie gedagteloos van die een dag na die ander nie, daarop rekenende dat daar vir julle nog baie tyd oor is nie. Wees bewus van die groot verantwoording wat jy dra vir jou eie siel, asook vir die siele van julle medemens, as julle die tyd tot aan die einde goed wil benut en bedink dat elke dag die laaste is. Dan sal julle ywerig probeer om julle sielerypheid te vergroot, as julle die goeie wil volgens My Wil en dan sal julle nooit meer so kan dink en handel soos wat julle nou doen terwyl julle nog blind is in die gees, waar julle nie die Lig wil aanneem wat die duisternis van julle gees kan deurbreek nie. Neem My waarskuwing en vermaning ernstig op, sodat dit julle nie eendag bitter sal berou, wanneer dit te laat sal wees nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205