BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Dienare op aarde - Missie na die katastrofe 3709 Wat julle deur die innerlike stem verneem, verkondig dit hardop aan julle medemense wanneer die tyd aangebreek het. Want dit is julle taak wat julle moet vervul, dat julle dit vir die mense kan uitlê wanneer hulle die wêreldgebeure nie meer begryp nie. Wanneer deur My ingryping, dit vir hulle moeilik sal wees om te glo in ‘n Skepper van Hemel en aarde, aan ‘n liefdevolle Vader wat die lot van Sy kinders op aarde bestuur; gaan dan tot aksie oor en vertel hulle van My groot liefde. Ontstel hulle nie met ‘n God van toorn en wraak nie, want dit is nog geen straf nie, maar slegs opvoedingsmiddele wat Ek gebruik om die siele van die mense te red. Nóg het Ek die laaste oordeel nie uitgespreek nie. Ek laat egter geen middel onbeproef om nie die siele op die dag van die oordeel te moet veroordeel tot ‘n ewige lang verdoemenis nie. Probeer om dit vir die mense begryplik te maak dat ‘n verlossingstydperk afgeloop is en dat daar nog maar ‘n kort tydjie is voor die einde, dat die tyd veral goed benut moet word vir ‘n terugkeer na My toe. Maar die mense sal twyfel aan My Liefde en Almag as hulle die groot ellende sien wat deur die wil van die mense en uiteindelik deur My Wil oor die aarde sal kom. Wie nie sal vasstaan in die geloof nie en nie deur ‘n lewenswandel in liefde die goeie insig het nie, die sal gevaar loop om weg te val, d.w.s. My heeltemal op te gee indien daar geen opheldering vir hom gegee sal word nie. Maar die grootte van die ellende sal ook hulle harte open. Hulle sal na julle luister en julle woorde sal nie sonder om indruk te maak, wegsterf nie. Daarom moet hierdie tyd besonder benut word en julle moet daaroor praat so dikwels as wat daar geleentheid is en julle ‘n innerlike drang daartoe voel. Want daarom is dit My Gees wat julle aanspoor om vir My en My Ryk werksaam te wees. Hou hulle daarom die groot geestelike nood voor en maak hulle opmerksaam daarop dat daar maar ‘n kort tydjie nog vir hulle liggame gegee is, dat siele egter ewig lewe en dat die lot van hulle siele die vernaamste is. Vermaan hulle tot liefdadigheid en vermaan hulle om die eie nood nie so hoog te ag nie, maar meer belangstelling te toon vir die nood van die medemens. Laat hulle die groot seën en krag van naasteliefde sien. Toon aan hulle My voortdurende bereidwilligheid om te help en probeer om hulle geloof op te wek en te versterk. Julle hoef vir julleself geen sorge te maak wat om te sê nie. Ek sal julle die woorde in die mond gee wanneer julle vir My besig wil wees en nie onwillig is om die opdrag wat Ek julle gee deur My Woord, te vervul nie. Duideliker as ooit sal julle My stem in julle verneem, en vrees daarom geen mag wat teen julle is nie, want Ek wil dat julle vir My besig sal wees en weet om julle daarom ook te beskerm teen hulle, wat julle wil verhinder in die uitvoering van julle opdrag. Spreek onbesorg en laat geen klein twyfel in julle opkom of julle volgens My wil handel nie, want wanneer die tyd gekom het om vir My te werk, neem Ek van julle besit en sonder teenstand moet julle My volg, d.w.s. doen wat julle harte julle ingee om te doen. Julle sal dit duidelik in julle harte voel en self innerlik die grootste drang hê om met almal wat op julle weg kom, te praat. Julle sal hulle wys op die naderende einde, wat net so seker sal kom as My ingryping deur middel van die geweld van die natuur, net soos wat alles in vervulling sal gaan wat Ek verkondig het deur My gees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205