BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 292

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Hulle eet en drink, net soos voor die sondvloed. 4575 Net soos wat dit was in die tyd voor die sondvloed, so sal dit ook nou weer word, soos wat dit na die einde loop. ‘n Oorgrote lewenslus sal homself meester maak van die mense en die wêreld sal met alle aantrekkingskrag op hulle inwerk. Die mense sal hulself nie meer kan en wil beheers nie en die lewe sonder gewetensbesware in sondigheid geniet. Dit sal geen edele vreugde wees wat hulle begeer nie, veel eerder sal die sonde oral oorheers, die eieliefde sal alle naasteliefde verdring en daarom sal die mense sondig word, omdat hulle die naaste skade berokken om maar net te sorg dat die begeertes van hulle liggame vervul word. Die eiendom van die naaste sal nie geag word nie en dus sal daar gesondig word teen alle gebooie. In die toenemende lewensgenot sal die stem van die gewete verstik word en in volle teue sal geniet word van wat die wêreld bied. Die wêreld is egter die ryk van My teenstander en dus kan daar van die wêreld alleen maar iets slegs kom, dit kan vir die siel maar net ‘n gevaar beteken, want wat deur die liggaam gedoen word, moet die siel voor boet, sy moet betaal vir wat die liggaam verlang. Dus sal die mense skynbaar die geluk geniet, slegs hy wat tot Myne behoort, sal weet hoe laat dit is wanneer die mense hulself probeer bedwelm in die roes van genot. Dan is die einde baie naby, want Ek het dit al lankal vir julle aangekondig dat dit sal wees soos voor die sondvloed, dat hulle sal eet en drink, hulle trou en laat hulself in die huwelik uitgee en sal nie let op die vermaninge en waarskuwinge van bo nie. Dit sal moeilik wees om die Evangelie aan hierdie mense te predik, want waar hulle slegs oë het vir die aardse lewe en dit nastreef, ontbreek die begrip vir die geestelike lewe by elkeen en daarom lag hulle elke draer van die Waarheid uit, wat hulle probeer bekeer, en bespot hom. Midde in die vreugderoes sal die laaste oordeel egter kom. Dit sal verskriklik wees vir almal wat in die aardse wêreld hulle god sien, want hulle sal uit die hoogte neerstort, uit die vreugde in die grootste angs, hulle sal uit die hemel neerstort in die hel, want die wêreld met sy luste was hulle hemel, maar hulle sal vernietig word en die hardste gevangenskap sal die lot wees van diegene wat hulle vryheid op aarde verkeerd gebruik het, wat in sonde gelewe het en ook in sonde sal sterf. Behoed julle van die wêreld, want sy is ‘n groot gevaar vir julle. Sy bied julle nou nog wel baie begerenswaardighede, doen egter liewer afstand daarvan en strewe na die hemelse vreugde wat byderhand kom, en deurstaan ontbering, sodat julle dan in alle volheid die vreugde van die hemel sal kan geniet. Behoort nie tot diegene wat slegs vir hulself lief is nie en aan die liggaam alle genot wil verskaf nie. Kort is die vreugderoes, maar daarna kom ‘n verskriklike ontwaking, net soos wat dit aangekondig is in Woord en Geskrif. Die mensdom is egter in groot gevaar, want hulle is nou al verblind deur die bedrieglike lig van die wêreld wat nie ophou met sy eise nie, maar steeds hoër eise stel. Sy stuur met rasse skrede op die einde af, sy soek die lewe en sal die dood vind, sy soek die vreugde en gaan haar ondergang tegemoet. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205