BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 295

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Waarskuwing om die Goddelike Woord nie te verwerp nie - “Toets alles”. 4587 Waarlik, Ek sê vir julle, julle berokken julleself onmeetlike skade as julle nie aan My regstreekse, vanuit die hoogte gesproke Woord, aandag wil skenk nie, as julle julleself tevrede stel met die onderrig wat deur onkundige leiers aan julle gegee word, en wat julle eers sal besef wanneer julle My Woord uit die hoogte ter harte sal neem. Julle moet in die eerste plek na lig strewe, want tans verlig ‘n ware lig julle weg wat julle sal moet gaan om julle doel te bereik. In die duisternis rig julle jul skrede na waar julle ‘n lig sien opflits, maar dit is slegs ‘n bedrieglike lig wat julle van die ware weg aflei. Julle sal ‘n ware lig moet begeer, d.w.s. julle sal moet soek om tot ware insig te kom, om kennis te verkry wat ooreenstem met die Waarheid en daardeur ‘n ware beeld van My as die liefdevolste Vader en Skepper van ewigheid te kry, om dan onophoudelik na die eenwording met My, van Wie julle eens uitgegaan het, te strewe. Daarom sal julle in die Waarheid onderrig moet word. Maar die Waarheid kan egter slegs aan julle oorgebring word deur die Een Wie self die ewige Waarheid is, of van hulle wat die Waarheid direk van Hom Self ontvang het. Streef na hierdie enige Waarheid en wees nie tevrede met kennis wat nie die ewige Bron as oorsprong het nie. Ek kan hierdie aansporing nie nadruklik genoeg aan julle oordra om nie verby te gaan by My Liefde wanneer Sy Haarself aan julle openbaar en Sy julle die suiwerste Waarheid stuur nie. Toets alles en behou die beste. As ‘n gawe vir julle aangebied word as God se Woord, let dan op en oorweeg dit in julle hart, hoe julle julself daarteenoor moet opstel. Verwerp dit nie sonder ondersoek nie, besef eerder dat julle dalk ‘n groot genadegawe kan afwys en toets dus vervolgens wat vir julle aangebied word. Indien julle dit dan uit innerlike oortuiging kan afwys, dan sal julle geen skuld hê nie, maar ‘n ernstige ondersoek moet dit voorafgaan, omdat wie van goeie wil is en ‘n hart het wat tot liefde in staat is, die Stem van die Vader sal herken wat tot hom spreek. Julle word nou hier die kosbaarste genadegeskenk aangebied wat My Liefde vir julle gereed gehou het. Benut dit, laat die genade op julle inwerk, luister na My Woord en leef daarvolgens en julle sal baie spoedig insien dat dit die ewige Waarheid is wat van My Self af kom en julle waarlik van kennis sal voorsien, julle sal van die lig in julleself bewus word en duidelik die weg na My insien, julle sal met oortuiging kan glo en nou ook vir My kan opkom teen die wêreld, omdat julle geloof nou lewend geword het, wat egter slegs deur die suiwerste Waarheid tot stand gebring kan word. En daarom spoor Ek julle nogmaals aan: Verwerp nie My dienaars wanneer hulle My Woord vir julle aanbied nie. Ek Self besorg aan julle hierdie waardevolste genadegeskenk, die ewige Waarheid, omdat julle maar net deur die Waarheid geluksalig sal kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205