BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 296

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Werking van die Gees – Ondersoek - Bewys: redenaarsgawe – Waarheid – Dwaling - Boodskappers van God 4588 ‘n Groot struktuur sal aan die wankel gebring moet word, en hierdie onderneming sal deur julle aangepak moet word, waarvoor Ek Self aan julle die opdrag sal gee, sowel as die krag om hierdie taak te volbring. Dwaling het ingesluip in alle plekke waar verwag is dat Waarheid daar sou wees, waar mense glo dat hulle die Waarheid ken en nou word dit aan julle oorgelaat om hierdie dwaling te ontbloot, wat julle nie in staat sal wees om self te doen deur die gebruik van julle verstand alleen nie. Met My hulp sal julle dit egter kan doen, en daarom sal julle in My Naam leer wat Ek aan julle verkondig het deur die Gees. Elkeen van julle sal 'n poging moet aanwend om My Gees te laat spreek, ten einde in besit te kom van die suiwer Waarheid. En as dit nie bereik kan word nie, behoort julle aandag te gee aan wat My boodskappers aan julle openbaar, wat weer direk deur My opdrag gegee was deur die stem van die Gees. Elke draer van die Waarheid sal dieselfde geestelike kennis handhaaf, d.w.s. elke keer wanneer die Waarheid aan iemand oorgedra word, sal dit altyd dieselfde resultate oplewer, want die gees, wat in kontak is met die Vader-Gees van ewigheid, sal dieselfde verkondig aan almal. Dus moet die oorsprong van die verskillende resultate ondersoek word. Dit wat van My Gees afkomstig is, sal vir ewig die Waarheid bly, wat nooit sal verander nie, ongeag hoe en in watter vorm dit vir julle aangebied sal word. Die werking van My Gees waarborg julle die suiwerste Waarheid en dus moet julle slegs kyk wanneer My Gees aan die werk is en waar valse profete hulself uitgee as My dissipels en verteenwoordigers op aarde. En julle sal maklik kan bepaal of die geestelike inligting, wat beweer word om waar te wees, bewustelik of onbewustelik aanvaar was. Wanneer Ek My Gees uitstort, word geen proses vertoon vir nuuskierige toeskouers nie, want Ek benader julle mense nie so dat julle selfs in die geringste mate gedwing sal word om te glo nie. Niemand sal enigiets buitengewoon opmerk nie, tensy hy die gawe van vlot redenaarsvermoë as iets ongewoons sal sien, maar in daardie geval verwys Ek as volg na My Woord: “Kwel julle nie oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees." Dan sal julle alreeds 'n teken hê dat My Gees aan die werk is in die een wat dus goed spreek. As ander uitsonderlike tekens egter aangehaal word as bewyse, glo dan nie dat dit Ek is wat Myself op hierdie manier sal openbaar nie. Elke nou en dan sal julle dalk ook in staat wees om verskynsels waar te neem wat sal dui op My lewe op aarde, wanneer besondere toegewyde mense sodoende sal bydra tot die opwekking van hul medemens se swak geloof. Maar die werking van die gees verwys egter hoofsaaklik na die oordra van My Woord, want deur My Woord sal die mensdom in die Waarheid gelei word en omdat My Woord ook My Wil bekend maak, sal die vervulling daarvan weer die direkte werking van die gees tot gevolg hê. Die mensdom soek beslis die Waarheid en streef versigtig daarna, maar hulle neem nie die regte pad om dit te vind nie. Elke persoon dra egter die Waarheid in homself, elke persoon dra die geesvonk in homself, wat deel is van My en wat die suiwerste Waarheid kan oordra, indien die persoon innerlik sal kyk en luister na die uiting van die geesvonk, na die Woord, wat dus van My af kom, want die geestelike vonk is My deel vir ewig. Verstaan tog, julle mense, julle moet innerlik kyk en nie wag vir dit wat aan julle gebring word vanuit uiterlike bronne nie! Aangesien julle egter nie meer voldoen aan die voorwaardes wat nodig is vir die werking van die Gees nie, aangesien julle nie meer in staat is om My Woord in julle waar te neem nie, dus, aangesien julle nie meer na My toe kom nie, kom Ek na julle toe deur ’n boodskapper na julle toe te stuur wat die uiting van sy gees hoor, My Woord, en hy sal julle daaroor inlig. Nou sal dit inderdaad aan julle deurgegee word van buite, maar as 'n onmiskenbare geskenk van Bo, wat deur enigeen herken sal kan word, indien hy die moeite sal doen om dit ernstig te ondersoek, of homself toelaat om deur sy innerlike gees gelei te word, dus om nie weerstand te bied wanneer My Woord innerlik ’n beroep op hom doen nie. En elke ernstige Waarheid begerende persoon sal vind dat My Woord ’n indruk op hom sal maak, want My Liefdeskrag tree in werking in die een wat na My streef as die ewige Waarheid. Dus kom Ek hom Self tegemoet en trek hom nader aan My as Ek nie weerstand kry nie. Daarom, neem kennis van die werking van die Gees en aanvaar die boodskap van die een wat in 'n heeltemal bewustelike toestand, die innerlike stem van die Gees hoor, want julle sal hom kan glo, want hy is deur My, direk deur My Gees, geleer. Pasop vir die valse profete want hulle noem ook My Naam, maar het geen direkte verbinding met My nie, hulle dink dat hulle in staat is om hul medemens te leer, maar het self geen kennis nie. Pasop vir diegene wat hul kennis ontvang op 'n manier waar Ek nie Self kan werk nie, want magte van benede druk in sonder om verwerp te word deur die wil van die ontvanger, waar die mens sy wil opgee en sy wil vervolgens in beslag geneem word. In 'n bewustelike toestand mag hulle wel van goeie wil wees, maar hul gekose weg is nietemin verkeerd. Kom na My toe, maak kontak met My in die gees, luister innerlik en doen met julle hele hart 'n beroep op My vir die werking van My Gees en julle gebed sal toegestaan word, julle sal in absolute Waarheid direk deur My of deur My boodskappers geleer word. Maar julle sal egter altyd deur My Gees geleer word en in alle waarheid gelei word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205